Gesels saam op die WegSleep forum.

Gubu Dam Piekniek en Kamppeerterrein

Gesels saam op die WegSleep forum.
Ferdinand van Staden
Groentjie
Aangesluit: 23/01/2012
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth
Ek sleep 'n Bermac Camper met 'n 2007 Mitsubishi Outlander

Ek het vandag die kampplek "onttdek" nadat ek Wattle Chop kampeerterrien net buite Stutterheim in die Oos Kaap gaan bekyk het.

Soos ek al gesê het kamp ons al 17 jaar, en die gogga byt net erger. Ek kry sommer koors as ek minder as een keer per maand kan kamp.

Die Gubu dam is net af van die R352 as jy weswaarts ry vanaf Stutterheim in rigtin Keiskammhoek en word bestuur deur Amathole Forestry Co (OtyL Ltd.

Ek was vandag daar vir die eerste keer, maar praatr nou vas prentjiemooi in die bos reg langs die dam, met die bosbou plantasie aan die een kant die die natuurlikke woud aan die anderkant. Mooi skoon ablusie met iemand van Forestry wat dei donkie kom stook so teen 6uur vir die nodige warm water. Ek het 'n afgetrede paartjie met 'n tent en Nissan Quasquai (hoe spel mens nou weer die woord) stok siel alleen in die kampterrein aangetref. Die man, engelssprekend en afkonstig van Cintsa in die Oos-Kaap, sê dat hulle vir die week daar is en dat daar net mense gedurende die naweek is.

Dis nou wegbreek daai.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 12 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.