Forever resorts Plettenbergbaai
Nuwe forum onderwerpe
Baie lekkerrrrr !!!
Gelee teen die Keurboomsrivier met heelwat waterkant staanplekke.
Diens is goed en vriendelik.
Ablusie skoon, netjies en modern.
Die kampeerterrein is eintlik n "nature reserve" en ons het heelwat loeries gesien. Die naguiltjies was heelaand bedrywig en daar was ook n ander uil wat ek nie ken nie...
Daar was ook redelik plesierbote op die rivier en jy kan kano huur en self rondroei.
Net een aspek wat aandag kort is dat (veral) die "ouer" deel van die park dringend gras kort.
Daar was ook baie pensioenarisse wat daar kamp buite seisoen en die ou langs ons sal vir 4 maande daar staan so die plek het heeltyd beweging.
Pryse was relatief bekostigbaar - Het ons R175,00 per dag gekos (buite hoog seisoen). Daar is ook maand pakket tariewe buite seisoen wat blykbaar in die omgewing van R 1600,00 per maand is.
Ek sal die plek aanbeveel!


