dragon peaks mountain resort
Nuwe forum onderwerpe
so met die uitgaan van hierdie jaar wil ek net my vuil wasgoed vir oulaas op die draad hang en dan daarfvan vergeet.
ons het hierdie oord in die wegsleep boekie gesien. dit word as 'n 4 ster staanplek bemark en geadverteer. ek plaas hiermee fotos van die toestand van die badkamers in die oord. ek moet noem dat ek normaalweg nie hieroor sou gekla het nie, maar teen R175 per persoon per dag het ek rerig beter verwag. dit het my vir 4 grootmense en 2 kinders (hulle wou my volprys vir my dogter van 12 vra) R875 per dag gekos. die dreine in die vroue badkamers was konstant geblok en met sulke bruin water wou niemand bad nie. my moeder en skoonma was saam en hulle moes beide toe stort (my skoonma met 'n heupvervanging en al). al wat hier nodig was was 'n bietjie maintenance voor die besige seisoen, maar dit is duidelik dat hierdie oord net daarop uit is om geld te maak uit kampeerders.
die uitsigte was egter beeldskoon. die berge bly darem maar mooi. reen of te not..jpg)
.jpg)
ek moet noem dat meeste van hierdie skade, behalwe vir die daklek, teelwerk en bruin water, veroorsaak is deur kampeerders. die feit bly egter dat die ander items al 'n geruime tyd so blyk te wees. die seepbakkie in die een stort was gebreek. iemand het dit heeltemal uitgehaal en met wit grout die gat probeer toemaak. 'n metaal seepbakkie is toe bo hierdie ingesit. dit is toe ook gebreek. die skerp stuk wat oorgebly het word nou egter nie verwyder nie, met die gevolg dat jy jou 2step in die stort moet ken anders word jy in die sy gesteek soos Jesus. nie een van die gewone opal ligfittings het meer hulle skerms nie. toilet bakke is gebreek en op 'n baie growwe manier probeer herstel.
by atkv oorde waar die verblyf my 60% van hierdie tariewe sou kos is all geriewe 100%. hierdie tariewe is selfs 20% meer as mbizi.
van 'n vakansie program, wat hulle gese het hulle het, was daar nie veel sprake nie.
ons het die moeite gedoen om 'n paar oorde n die omgewing te besoek. almal se pryse was minder as dragon peaks. mountain sanctuary eco resort (4ster), drakensville, hlalanathi (lieflikke uitsigte vanaf voorste kampplekke) en nog so een of 2 kleiner oorde. almal se badkamergeriewe is aansienlik beter as dragon peaks syne. dit is egter nie net die badkamers wat tekort geskied het nie. my vrou wou cafe late (fancy koffie vir ons boere) by die restaurant bestel. die waiter deel ons egter mee dat hulle nie kan nie want hulle het nie meer van daai lang smal glasies nie (4ster???). die skinkbord waarop ons bedien word se 2 handvatsels is altwee gebreek. die dane wat die vloer skoonmaak was al tusse ons voete met 'n mop om die vloer skoon te maak terwyl ons by die tafel sit.
dan wil ek egter nie eers begin praat oor die staanplek wat eintlik 'n dam was nie. daar was nerens vir die water om af te loop nie. die drein onder die kraan was vir 5 dae geblok. dit is eers herstel naa ons dit vir die erde keer aangemeld het.
tussendeur het ek my ma en skoonma (wat albei vir die eerste keer in hulle lewe gekamp het) probeer verseker dat kamp eintlik lekker is.
probeer asb hierdie oord vermy. daar is beter oorder in die omgewing. dalk kam wegsleep hierdie oord weer besoek en terugvoer gee????
frans.
dankie vir die goeie wense. die beste vir jou ook vir 2012. ek beplan maar nou aan my volgende kamp die eerste naweek van feb en julie.
ek het nog geen terugvoer gekry op my e-mail wat ek vandag vir hulle gestuur het nie. ek dink dit is bietjie vinnig. ek wil egter ander kampers waarsku oor hierdie oord. maak nie saak wat hulle antwoord is nie, die feit is hulle mislei die publiek met 'n 4 ster rating 300 jaar terug bekom. die oord word huidiglik bestuur deur 2 susters. hulle broer het die helikopter vlieg besigheid vir die lugmag op dieselfde perseel.
Voorspoed vir 2012 vir julle almal.
Edward - lyk glad nie goed nie, ek sal maar wegbly daar.
Stel nie regtig belang in hul antwoord op jou skrywe nie - dit is te laat!!
Enige oord wat sy sout werd is sal nie dit tot so testand laat verswak nie, so enige verskoning of wat ook al wat hul nou gee beteken niks nie, julle vakansie was alreeds bederf, die ding van "gratis" verblyf aan bied beteken ook vir my niks nie - dit kan nie opmaak vir julle teleurstelling nie.
Nee wat kom ons vermy maar sulke plekke tot tyd en wyl hulle weer 'n reputasie van 'n ordentlike plek opgebou het!
Jammer dat jou 2011 op so 'n suur noot moes afsluit. Uit jou ervaring blyk dit dat alles net versleg het na ons besoek in 2008. My ondervinding het geleer dat dit die klein dingejies is wat 'n aanduiding is of dinge in 'n park goed of sleg gaan. Soos in my vorige trugvoer het ek op 'n paar gewys soos bv. die feit dat selfs bestuur hulle nie aan die spoedbeperking steur nie. Dit was ook vir ons duidelik dat bestuur nie regtig rond beweeg het om 'n ogie oor alles te gooi nie. Tydens ons besoek het ons in die oord rond gestap en oral was die tekens van verval daar. As jy wil weet of 'n boer 'n goeie boer is of nie, stap op sy werf rond.
Sterkte vir 2012 en mag julle net met vreugde en voorspoed kamp.
Armahe
armahe.
ja, die tekens was daar. ongelukkig was dit vir my te laat om te skuif. nou sal ek egter sorg dat niemand in daardie vervalle slagyster trap nie. ek het reeds vandag die persoon probeer kontak wat met die AA se gradering werk.
Prof. Neels is ook deel van die "AA" se gradering, stuur vir hom 'n e-pos of PM.
Jy kan ook die Tourism Grading Council kontak en 'n amptelike klagte le. Hulle moet dan die oord bel en/of besoek en terugvoering aan jou gee.
Flip
Goeie dag daar,
Ons was die Desember in die omgewing en ek en my vrou het deur die kampterein gestap om te kyk of ons dit in die toekoms sal wil besoek. Ek moet se dat ons dadelik die indruk gekry het dat die kampterrein eens op 'n tyd goed bestuur was, maar intussen baie agteruit gegaan het.
Die ablusie geriewe het swak geleik, baie staanplekke was net damme modder en tussen die staanplekke kon jy sien dat daar plek plek nie vir weke lank gras gesny is nie.
Daar was selfs een kol karavane wat reg langs vervalle asbes/blik huisies ingedruk was met geen uitsig behalwe wasgoed wat van stoepe af hang nie.
Ek kon nie my vinger presies daarop sit nie, maar ons het ook die gevoel gekry dat ons nie sommer in die aand buite sal wil rondloop daar nie.
Ek sou veel eerder Mountain Splendour net om die hoek besoek. Hulle het puik geriewe en die plek was goed onderhou.
Groete,
HS
dit is nou 4 weke later en nog geen terugvoer van die oord af nie. ek het wel telefonies met hulle bevestig dat die e-mail wel ontvang is en is 'n antwoord belowe. ek sien dat hulle in die nuwe 2012 caravan & outdoor boekie weereens hulle self as 'n 4ster bemark, alhoewel hulle teenoor my erken het dat hulle nie meer 'n gradering het nie. ek het brian jeffries wat die bemarking vir die natal streek hanteer geskakel en hy het belowe om na die saak te kyk.
Sover ek weet het hulle nie meer 'n stergradering nie. Hulle vier sterre was ook maar 'n klug.
Dankie Wit Plakker.
Ons was in April 2011 daar deur en toe het die plek maar plek-plek vervalle vertoon met hier en daar 'n poging van onderhoud en regstel. Die oord is al baie oud en soos jy tereg dit stel, dis oordbesoekers wat die skade aanrig. Daar is baie challets ook daar en die plek raak vrek besig oor vakansietye en langnaweke.
As mens nie so seur die swembad-attraksie soek nie, of jy's bereid om met jou kiddies so 2 km te stap, kamp eerder bo by Monk's Cowl, innie Nasionale park teen die helfte van die prys en swem in die bergstroom.




.jpg)






.jpg)
Edward, dagsê, dis nou 'n teleurstelling, vernaamlik as jy nog so baie moes betaal, en, die die twee "moeders" ook nog wou onthaal!!!! Het jy dit met die bestuur opgeneem? Indien wek, wag vir antwoord, en hoor wat hulle sê. Ek sou, afhangende van hul antwoord, selfde info deurstuur na Wegsleep vir plasing, en sommer ook vir C & O Life tydskrif. Jouinset bereik dan redelike groot lesertal, en as hulle dan hul sout werd is, sal hulle amptelik om verskonig vra en bes moontlik weer gratid verblyf aanbied, wanneer alles herstel is. (Ek hoop so in elk geval)
Weereens jammer om dit te verneem, en beste vir die nuwe jaar.
Altyd egte kampgroete.
Frans