Gesels saam op die WegSleep forum.

Bass Lake Lodge

Gesels saam op die WegSleep forum.
JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Hallo julle,

Was enige van julle al by hierdie oord net buite Pretoria?

Wil iewers naby Pretoria my wa gaan inwy - en dit lyk lekker daar!

Laat weet of julle sal aanbeveel.

Groete,

Johan

 Kamp is koning.....

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Hi Johan

Puik plek om jou wa in te wy. Was daar vir my wa se dak nat maak en dit was baie lekker. Die staan plekke is groot met groen gras en jou bure word so met +- 1 met se tuin van jou geskei. Die ablusie geriewe is 1st klas, baie neties skoon en groot. Soos ek uit geloop het het iemand in geloop om skoon te maak. Enigst probleem wat ek ondevind het was dat daar nie plek naby jou staan plek is om van diegrys water onslae te raak nie, en dit is die enigte. Dit is nog 'n nuwe kamp teryn so toe ons daar was was die swembad nog nie klaar gebou nie maar daar is een by die konverensie area.

Ek kan Bas Lake aanbeveel.

Groetnes

Jaques

Leon Verster
Ou hand
Aangesluit: 25/01/2011
Inskrywings: 232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Regal met 'n 2007 Isuzu KB300LX DC

Dankie vir die inligting Jaques. Het hoeka self daaraan gedink om daar te gaan draai.

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Dankie Jaques,

Dit lyk my of die laaste stuk grondpad is. Is die pad goed?

Ek nou nie lus om 'n nuwe wa in te wy op 'n slegte grondpad nie!

Dankie vir jou t'rugvoer,

Johan

 Kamp is koning.....

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Hi Johan

Ek hou ook nie van grond pad nie, vir al nie met my nuwe wa nie. Behalwe vir die "speed bumps" is die pad heel goed. Die hobbels in die pad is om die reen water weg te voer om die pad te beskerm, maar hulle is baie hoog. So dat jy hulle maar met 'n goeie hoek moet bekruip. Ek was nie versigtig genoeg met die eerste een nie to vang die agterste stedy, maar dit was al. Ek is toe regdeur en weer uit sonder issues, behalwe die stof.

Jaques

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Dankie Jaques...

 Kamp is koning.....

Swartetjies
Super sleper
Aangesluit: 05/02/2010
Inskrywings: 301
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wonderboom Suid
Ek sleep 'n CI Carevette4, 83 model met 'n GWM Steed 2.8CD

Was die naweek daar en dit was baie indrukwekkend. Alhoewel die oord nog in sy baba skoene is kan ek dit aan beveel, daar is nie veel te doen op die stadium nie aangesien die swembad nog in aanbou is vir die kampers as ook die kroeg en die restaurant. Daar is wel n nood winkel en n pragtige dam om of te gaan lyne nat maak of net rustig te wees.

Persoonlik dink ek dit gaan binnekort een van die kamp plekke wees naby aan Pta.

 

 

Groete

Johan Swart  (Die Swartetjies)

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Dankie Johan!

Het die grondpad gepla?

Johan

 Kamp is koning.....

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 1129
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

Klink goed dankie vir die terug voer Johan,Julle manne daar naby moet ons laat weet as die swem bad en goed klaar is asseblief.

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Ek maak so Kaas Kop! Wink

Beplan 'n naweek daar in September - en sal laat weet hoe die ontwikkelinge vorder...

Johan

 Kamp is koning.....

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 759
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Dag almal,

Ons was nou met die langnaweek hier gewees.  Mens kan sien die kamp is nog kraakvars nuut en met die tyd kan dit een van die bestes word rondom Pta. 

Ek was net nie lus vir die stuk grond pad nie, vir al nie met my nuwe wa nie.  Soos hierbo genoem, is die pad seker nie so sleg nie, behalwe vir die "speed bumps".  Die eerste paar is baie hoog.  Ek het die eerste een ook nie reg benader nie en die agterste plaatjie op die steady hak toe vas en breek af.  Ek het die res van die grondpad baie stadig gevat en soos JC gese het is ek is toe regdeur en weer uit sonder issues.  Vat die pad maar stadig.

Die ablusies is regtig puik en vir 'n ou met so pikante lyf soos myne is die storte en aantrek area baie ruim.  Die staanplekke is ook groot en in die somer gaan daai gras mooi wees.  Hier is 'n paar fotos....

Een van die ablusie blokke

 

Die mans badkamer lyk so met 2 storte weerskante.  Die toilette is apart.

Die ruim stort area

Groetnis

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 1129
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

Gerrit

Dankie vir die fodies dit lyk lekker daar,sal hom een van die dae probeer.

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

Bass Lake Exclu...
Nuweling
Aangesluit: 15/08/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Big G

Dankie vir jou besoek hier by Bass Lake Exclusive Camping, asook vir jou foto’s en insette.

Ek sal plan maak met die “Speed bumps”.

Groete en geniet jou nuwe wa.

Leon

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Hallo Gerrit,

BAIE dankie vir jou moeite - nou kan ons almal sien hoe lyk dit daar!

Waardeer die terugvoer - ek gaan beslis in September daar kuier (as ons gespaar bly).

Johan

 Kamp is koning.....

Ewie
Ou hand
Aangesluit: 23/02/2010
Inskrywings: 151
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp

Een van my Vriende het die naweeek by Bass lake lodge gedraai om te kyk hoe lyk dit daar.Hy se dit lyk of hulle aan die pad gewerk het.As enige wegsleep mater daar gaan kamp sal ek dit waardeer as ons so n foto van die speedbumps kan kry.

Groete

Henry en Marlee...
Nuweling
Aangesluit: 24/03/2010
Inskrywings: 11
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sandton

Hierdie is loshande die beste oord waarby ons nog ooit gekamp het! Die ou stukkie grondpad is werklik nie erg nie, 'n mens moet dit maar net stadig aanpak. Die diens is voortreflik (by watter ander oord kry elke lid van die gesin 'n gratis sappie terwyl jy uitpak?), die ablusies ongelooflik en die stilte salig! Nommer een op ons kamplys, en so naby aan Pretoria....Dankie aan die bestuur vir die goeie kampervaring.

Murray
Nuweling
Aangesluit: 04/10/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Goeie dag

Enige nuus oor die swembad wat in aanbou is.  Gaan dit verhit word?  Ons het kleintjies wat nog nie kans sien vir die koue water nie...

Andersins klink dit na 'n welkome bestemming.

Groete

Murray

Bass Lake Exclu...
Nuweling
Aangesluit: 15/08/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Goeie dag

Ons nuwe swembaddens is klaar maar is ongelukkig nog nie verhit nie. Dit raak nou lekker warm hier en ons sal eers die verhitting doen as dit weer kouer word.

Groete

Melene

Bass Lake Exclusive Camping.

Boosfontein
Nuweling
Aangesluit: 11/10/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Swing, nie Bosfontein toe nie! :-)

Kan mens bass hengel hier?

 

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Ja jy kan.

Boosfontein
Nuweling
Aangesluit: 11/10/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Swing, nie Bosfontein toe nie! :-)

LMGA... Ek sien jy se "jy kan" nie jy gaan nie.. ou visserman dilemma Smile

 

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Ja jy is reg.

Ek het nikd gevang nie, maar daar was 'n paar manne en kind wat hulle uit getrek het. Ek is maar net by die water vir die "outing".

Jaques

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Was toe die afgelope naweek daar (eerste keer)(27-29 Jan 2012).

Een woord: PUIK.  Nog nooit by 'n plek met beter badkamergeriewe gekamp nie. Engela en haar span is eenvoudig fantasties.

Hulle sien ons gou weer!

Johan

 Kamp is koning.....

Theunis Venter
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 16/11/2011
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 20?? Jurgens Penta met 'n 20?? Jeep Grand Cherokee Overland V6

Hi Johan,

Wat was die tariewe vir 'n naweek, ek het op hulle website gegaan en niks gesien nie. Laat weet asb.

Groete

Theuns

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

R325 per nag (kon gister bly tot 16h00, niks van daardie 11h00 op 'n Sondag uit wees nie!).

Johan

 Kamp is koning.....

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 15 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.