Gesels saam op die WegSleep forum.

ATKV lidmaatskap

Gesels saam op die WegSleep forum.
Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Ek sien altyd die mense praat van jy moet lid word en dan kry jy soveel afslag ens. Wat ek oor wonder is hoeveel afslag kry jy nou werklik. Vir my lyk hulle pryse maar redelik duur in jou spitstye, in vergelyking met ander plekke. Hoeveel is die afslag en maak dit 'n groot verskil aan die prys?

Dan ook hoe gereeld moet jy nou by hulle kamp vir hierdie punte sisteme om vir jou iets te beteken.

Ek moet se een van my lekkerste kampe was by Drakensville. Maar dit was ook op 'n R300 vir 5dae midweek special. So dan is alles mos lekker. Maar watter ander van hulle oorde is uitstaande. Ek bedoel nou beter as ander gewone oorde waar jy seker vir goedkoper kan kamp. Was al by Buffelspoort so paar keer, dit was ok, maar ek sal nou nie heeldag daar gaan kamp nie. Natalia het ek die anderdag 'n draai gemaak toe ek by die see was, not my cup of tee. Of sa ek eerder se ek dink daar is heelwat oorde in daai omgewing wat meer in my smaak val.

So wat is die aantrekkingskrag van ATKV? As jy nou lid is, voel jy dan nie gedwonge om alle kampe by hulle te bespreek vir die punte sisteem. Is dit nie maar net nog 'n gimmick om met jou kop en geld te smokkel nie.

kamp 

 

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Ek stem saam jou Rabobi - ek dink ook daai is net 'n goeie manier om 'n versekerde passiewe inkomste elke maand te verseker. Ek is my self 'n lid (laagste vlak) en dink ek kry 20% afslag. Teen R600 per jaar se premies moet ek gereeld daar kamp om die voordeel daaruit te trek. Ek stel ook nie belang in hulle ander offeringe nie.

Verder dink ek ook dat die grootste voordeel is dat jou lidmaatskap jou toelaat om in hoogseisoen te kan vakansie hou. Dit is natuurlik nadat jy moet aansoek doen om by ATKV oorde oor Desember te kamp. Ek praat onder korreksie, maar weet van ten minste drie van hulle oorde wat jy moet aansoek doen by. Ek weet nie of jy by almal moet aansoek doen vir Desember nie.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 487
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

 Wat ek verstaan is dat deel van die lidmaatskap geld aangewend word om dagbesoekers, wat nie lede is nie, toegang te weier. Dit alleen maak lidmaatskap amper die moeite werd.

Ongelukkig se my somme ek besoek ATKV oorde te min om die lidmaatskap te regverdig.

 

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Spiderman, 

 

Ek is nog net een jaar n lid en dit werk vir my. Laas jaar het ons n lekker dagbesoek by Buffelspoort gehad teen R35.00 per persoon.

 

Ons het ook by ATKV Eiland gekamp vir n week. Met my 20% afslag, het ek reeds my ledegeld vir die jaar betaal.

 

Ons gaan paastyd weer Buffelspoort toe, en my besparing oor die 5 dae is R495.00, dus my ledegeld vir 2012 is gedek. 

 

Nie eers te praat van my besparing by ATKV Natalie vir Des 2012 nie. Dit is nou indien ek plek kry aangesien die oord so populer is.

 

Des 2011 het hulle ook vir my n resepte boek gestuur as deel van die pakket. 

 

Ek kan dit definitief aanbeveel as jy een keer in n jaar van n ATKV oord gebruik maak vir meer as 5 dae.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ons is ook lid en het so paar jaar terug die somme gedoen.  KZN enige oord  vir 3 weke ion Februarie en dit vergelyk met wat ek betaal by Hartenbos, wel ek spaar beslis en die voordeel is daar voel ek veilig sonder 6' draad om my.

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

Gyfie wrote:
Verder dink ek ook dat die grootste voordeel is dat jou lidmaatskap jou toelaat om in hoogseisoen te kan vakansie hou. 

Afgesien van die afslag is die ander "salespitch"vir lidmaatskap dat jy voorkeur behandeling kry vir plek in Desember. Wel, my ervaring met die it ander en ook die rede hoekom ek nie meer lid is nie. Ek was vir jare lid  (STA028) tot ek een jaar by Klein Kariba wou bespreek vir Desember. Bel Januarie en word gese besprekings maak eers Maart oop. Bel Maart en word vertel hulle is reeds vol vir Desember want ek moes in Februarie bespreek het. Het sommer daar en dan lidmaatskap gekanseleer.

Nou het ek die keuse om te bespreek waar ek wil en nie bekommerd te wees om by ATKV oorde te bespreek om my jaargelde terug te kry nie. Die afslag lyk aanloklik, maar dan moet jy by hulle oorde besoek. Ek reken hulle oorde is nog steeds van die beste en sal hulle steeds ondersteun, soos ek wel in Julie gaan doen. Maar lidmaatskap sal nie my besluite oorheers nie.

 Groete

Martin

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 759
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Ek is nie 'n lid nie.  Ek het nou Desember vir 18 nagte by Die Eiland gekamp vir R326 per nag vir 4 persone - gladnie sleg vir spitstyd nie?  Vir die prys kry jy ook 'n vakansie program waar hulle oud en jonk elke dag besig hou.  Ek oorweeg juis weer om die Desember daar te bespreek want dis vir my goeie waarde vir geld.

Groetnis

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

My vrou koop heeldag kos by Woolworths ten duurste en dan wys sy my hoeveel afslag kry jy. Dit hier "save R20" daar "Save R15", altyd natuurlik met 'n ROOI sticker gemerk dat jou breingolwe saamstem dat jy spaar, maar as jy dit vergelyk met ander plekke se pryse dan betaal jy steeds heelwat duurder selfs saam met jou afslag.

kamp 

 

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 759
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Spiderman,

Terwyl jy nou van spaar praat.....ek spaar baie vir ons gesin met die koop van bier.  Dit werk mos duurder uit per bier as jy net 6 biere koop vs as jy 12 biere koop?  Ek is weer slim.....ek koop bier per kas (24) wat bv R160 p/kas kos.  Sou ek nou 6 biere koop en 'n paar dae later weer 6 biere ens, dan gaan 24 biere my +- R200 kos!! Dis 'n besparing van R40 p/kas.  Nou, (en my vrou sukkel om dit te verstaan) hoe meer ek dus koop hoe meer geld spaar ek vir die gesin?  

Mag die voorspoed jou verveel......

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Big G wrote:

Spiderman,

Terwyl jy nou van spaar praat.....ek spaar baie vir ons gesin met die koop van bier.  Dit werk mos duurder uit per bier as jy net 6 biere koop vs as jy 12 biere koop?  Ek is weer slim.....ek koop bier per kas (24) wat bv R160 p/kas kos.  Sou ek nou 6 biere koop en 'n paar dae later weer 6 biere ens, dan gaan 24 biere my +- R200 kos!! Dis 'n besparing van R40 p/kas.  Nou, (en my vrou sukkel om dit te verstaan) hoe meer ek dus koop hoe meer geld spaar ek vir die gesin?  

Give that man a Bells!!

Hakuna Matata !!

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Big G, as jy n Lid was met jou Minimum 20% afslag sou jy Des by ATKV Eiland R1173.60 bespaar het !!!!

 

Dit is meer as twee jaar se lede geld net daar.

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 361
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

Ek verstaan regtig nie die draad nie.  As lid van die ATKV beteken dit nie ek mag NET DAAR gaan kampnie.  EK kan mos maar kamp waar ek wil.  As ek wel besluit om by een van die ATKV se oorde te gaan kamp, dan kry ek afslag.  EK het uitgevind vir paasnawwek by 3 oorde en die ATKV was die goedkoopste.  So die +-R60 wat ek elke maand aan ledegeld betaal maak ek deur en deur op met die afslag as ek net een langnawwek gaan kamp.

"n ander ding van die oorde is dat hulle almal kinder vriendfelik is en dis nogals belangrik vir my - miskien nie vir iemand anders nie.  Vat bv Natalia; hulle laat glad nie kinders toe om strand toe te gaan sonder dat daar 'n volwassenes saam is nie.  Daar is ook elke langnaweek en vakansie 'n program wat ietsie vir almal het.

In elk geval.  Die ATKV gaan oor meer as net kamp.  Daai lidmaatskap betaal ook vir die bevordering van die Afrikaanse kultuur soos ATKV redenaars, debat en tienertoneel.  Ek het baie baat by daai programme gevind toe ek nog op skool was en dis van my beste herhinneringe.

My 10c

Groete

Johan

DAVID KAMP
Ou hand
Aangesluit: 03/04/2011
Inskrywings: 201
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

 Jy bespaar beslis om lid te wees!

Ek is nou al 'n hele aantal jare 'n lid en kwalifiseer tans vir 25% afslag op die tarriewe. Ek kery ook geen spesiale behandeling en moet ook maar vroegtydig bespreek.

Die oorde bied almal waarde vir geld. My Desember afslag maak op vir 3 jaar se lede geld so ek wen beslis.

Big G - stuur nou al jou versoek na die Eiland vir Desember

Groetnis

 Die lewe is lekker...

Stan
Groentjie
Aangesluit: 08/05/2011
Inskrywings: 27
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg

Goeie naand

Ek was lid vir 23 jaar kon nooit plek by een van hulle oorde kry in Desember nie, veral nie Hartenbos nie.

Dink maar dis n geldmaak storie die lidmaatskap.

Stan

Gerhard Prins
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 134
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset-Wes
Ek sleep 'n Jurgens Explorer 2 met 'n Toyota Hi-Lux 3D4D D/K

Huidiglik is ek ook een van daai ouens wat lidmaatskap betaal maar nie regtig die voordeel daarvan kan geniet nie.Aangesien ek werk tot die 31ste Des kry ek baie moeilik inteendeel glad nie plek in die ATKV oorde voor ongeveer die 3de 4de Jan nie,so ek moet eers by 'n ander plek kamp tot my plek in die ATKV oord oop gaan.Ten minste ervaar ek dan vir daai week tot 10 dae die afslagvoordeel.

Ek betaal tans die lidmaatskap meer uit lojaliteit teenoor die organisasie as enige iets anders.Bygesê Hartenbos kry so 5700 aansoeke vir Desember waarvan hulle 1500 kan akkomodeer,letwel aansoeke nie mense nie,dit is 10keer soveel.

Voorlopig sal ek maar nog betaal,maar tyd sal leer hoe lank dit nog sal aanhou.

groete


Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 16 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.