Yzerfontein-woonwapark | Strandland

Besoeker

Yzerfontein-woonwapark | Strandland
Draai op die bultjie by die dorp se verwelkomingsbord regs in Parkstraat na die kampeerterrein.

Nommer sewe
Nuweling
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Worcester

Iemand wat nog daar was se kommentaar?

Manie Louw

YZERFONTEIN WOONWAPARK;  Ek was verlede Febr./Maart  daar aan die Weskus, en het die Yzerftn. Park uitstekend gevind. Beheerde toegang.Goeie ligging.By die strand,by die dorp. Koeltebome.Skoon ablusies...ens.....Sal weer en weer gaan. Groete Manie Louw.Nylstroom.    [Gaan volgende week Kaap toe tot einde April.]

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Ek kan Manie se kommentaar sekondeer.  Dit is weliswaar 'n munisipale kampeerterrein, maar ongetwyfeld een van die beter munisipale parke.  Gras is nie volop nie, maar die plotte is lekker afgebaken met bome wat skadu bied asook beskerming teen die Weskus se winde wat maar soms kan lol.  Die ablusies is relatief oud, maar netjies versorg.  En op 'n laaaang strand waar jy kilometers ver kan gaan stap.  Net die water is leeukoud.

Nommer sewe
Nuweling
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Worcester

Dankie vir die kommentaar, julle twee. Laat my beter voel om te gaan kamp waar ek nog nie was nie. So amper-amper het ons groep by 'n plek (Tabakbaai) gaan kamp wat waarskynlik in 'n nagmerrie sou ontaard vir sommige van ons!

Manie, klink of jy 'n lekker tyd gaan hê hier in die Kaap - geniet dit! Wens ek kan sommer net vir twee maand by 'n plek gaan uitspan.....

Lekker kamp!

deonhitchcock
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/04/2010
Inskrywings: 97
Gebruiker van lyn af.
Plek: Saldanha

Sien asseblief my kommentaar onder Tabakbaai.

Weskusgroete.

 

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Sommer net so 'n idee van Yzerfontein se staanplekke.  Lekker afgeskerm teen die wind.

 

Phillip Meyer
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Giggel Geel Boswa met 'n Nissan Pathfinder 2.5

Ons was die naweek daar vir die 2de keer. Het op nr 15 en 16(teen see, agter duin) gestaan. Alhoewel die wind die Saterdag lekker bedrywig was op die strand net was ons goed beskut. Wat 'n plesier. Slegs 'n lekker briesie om dinge lekker koel te hou. My staanplek was heelnaweek meestal onder skaduwee.

Die kragpunte is goed gelee, Geboude braais(rug teen rug tussen staanplekke) krane so elke 4 plotte. Asdrom en braai is Saterdag skoongemaak.

Staanplekke is meestal sonder gras en redelik sanderig. Vat maar jou lang penne saam. Daar is ook baie vasmaakplek aan die bome rondom jou. Die staanplekke naaste aan die hek(90 tot 95 het gras maar geen skadu nie. Die beste staanplekke lyk vir my na die nr's 1 tot 6 , 11 tot 17 wat beskutting en skadu betref. As ek na die middelste ry blokke kyk dan is hulle so gedraai dat die skadu nie help vir 'n groot deel van die dag nie.

Ablusie is oud maar skoon en alles werk reg. Stort groot genoeg met goeie druk en 'n bankie binne die storthokkie wat nie nat word nie.

Dit het R230 per staanplek vir die naweek gekos(tot en met 6 persone bo 5 jaar oud). Ons het lekker gebly. So uur se ry op 'n pad wat maklik sleep en ons is eers 3:30 daar weg sonder dat dit 'n probleem is.

Miss Daisy
Groentjie
Aangesluit: 29/03/2010
Inskrywings: 25
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Dit is my eerste dag terug by die werk na vier weke by Yzerfontein.  Ons was op staanplek 62 vir die hele tydperk.  Wat kan ek se?  Yzerfontein is definitief die moeite werd!!!!!!!

Die ablusies was altyd skoon (behalwe die een Saterdagaand wat 'n jong meisiekind haar te veel aan Bacchus oorgegee het).   Primitief miskien ja, maar ek het herhaaldelik die skoonmaker gesien wat op haar kniee die storte met Handy Andy geskrop het.  Wat my natuurlik ondergekry het is dat die mense nie agter hulle-self kan skoon maak nie.  Ai mense, doen julle dit so by die huis ook?

Die asdromme en braaie is elke dag sommer vroegoggend al skoongemaak.  Daar is ook baddens en wasmasjiene beskikbaar by die groter ablusieblok.

In die vier weke het ons net een dag mis gehad (maar was nogtans warm) en drie dae erge wind.  Maar soos wat Phillip gese het, daar is genoeg bome om te help met die tou vasmakery.

Die buiteseisoen tarief is huidiglik R115 per nag vir 4 persone en 2 motorvoertuie.

Die strand is pragtig en vroegoggend en laatmiddag 'n plesier om daar te gaan loop en die locals met hulle honde dop te hou - elke shape en size was verteenwoordig en dan praat ek nie eens van die honde nie!  Ons het ons gate uit geniet met beide.

Ek sal beslis Yzerfontein aanbeveel, veral staanplek 64 - omtrent heeldag in die skaduwee!

Groete, Petra

It takes a woman to know the far side of everywhere

H O Eksteen
Nuweling
Aangesluit: 05/10/2010
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kaapstad

Hi Almal ,

Ons het in die verlede al heerlik gekamp in Yzerfontein ,maar het laas week by n ander kamper gehoor daar is baie diefstal nou en jy moet jou goedjies maar wegpak in die aand.

Sal iemand wat onlangs daar gekamp het vir ons kan laat weet wat die stand van sake is !

Baie dankie.

 

Phillip Meyer
Ou hand
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Durbanville
Ek sleep 'n Giggel Geel Boswa met 'n Nissan Pathfinder 2.5

Hi HO ,

ek sien ook maar die manne begin geluide maak oor sekuriteit daar by Yzerfontein. Sien die volgende draad daaroor en ander dinge  :http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/terugvoer-oor-kampplekke/wes-kaap/swak-diens-en-diefstal?page=1#comment-212203

Ons self was al 2 keer daar en albei kere baie lekker gebly en geen probleme ondervind nie. Feb 2011 was die laaste keer. So dis nou amper 'n jaar terug so baie dinge kan intussen al gebeur het.

 

Botha
Nuweling
Aangesluit: 03/10/2010
Inskrywings: 6
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bellville

Hallo, ek wil graag yzerfontein gaan uitprobeer, maar wil graag weet van iemand wat vir my dalk kan se watter nommer plot ek moet vat wat lekker gerieflik sal wees vir klein kinders wat baie sal speel by die speel park? En natuurlik ook nie te ver van die ablusieblokke af is nie.

GerMar2
Nuweling
Aangesluit: 16/06/2011
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Loevenstein

Ek weet nie of jy in die tussen tyd al by Yzerfontein gaan kamp nie, maar ek dink jy kan by plekke 2, 3 of 4 staan wat oorkant die speelpark is en ook die ablusieblok volgens die kaart van hulle wat ek het. Ons het nog altyd baie lekker daar gekamp.

Geniet dit as julle daar kom!

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 616
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Ons was die afgelope naweek weer by Yzerfontein nadat daar die afgelope jaar baie negatiewe dinge was oor sekuriteit ens. Ons het dit baie geniet. Ons was daar vir 3 nagte en die kampterrein was so 80% vol. Die kinders het die hele park deur gebaljaar en fiets gery. Ons het geen probleme gehad of gehoor van enige negatiewe gevalle nie.

Ek sal deesdae veel eerder Yzerfontein toe gaan as Leentjiesklip. Ons laaste 2 naweke by Leentjiesklip het elke keer gepaard gegaan met mense wat verskriklik baie raas en musiek uit motors uit speel. Vuil taal was aan die orde van die dag.

Hierdie is bloot my opinie, of was ons maar net ongelukkig?

 

Lekker kamp

Aubrey

<

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 Dagsê forumvriende

Ek het so pas terug gekeer na 'n maandlange lekker vakansie. Ek het vir 'n week op Yzerfontein gekamp en dit was weereens baie lekker, lekker stil van Maandag tot Vrydag en oor die naweek sommer 'n hele kamp vol mense. Ek kan met sekerheid sê dat dit baie veilig is om daar te kamp, ons was by tye vir die hele oggend weg van die kamp af en daar was nooit 'n probleem nie en so ook oor die naweek toe die kamp vol mense was, niemand het ooit aan enige iets by ons kamp of karavaan gepeuter nie. Die ablusie geriewe is ook mooi uit geteel en is heeltyd mooi skoon gehou en daar was nooit 'n tekort aan warm water nie. 

Ja die bestuur is 'n ander storie, maar soos ek op 'n vorige inset oor Yzerfontein gesê het daar is maniere om met hulle te werk te gaan, hulle is miskien in beheer van die karavaanpark, maar hulle het ook maar base aan wie hulle moet verslag lewer. 

Ek kan Yzerfontein karavaanpark sterk aanbeveel vir enige iemand wat lekker wil gaan kamp aan die Weskus.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

Johann Bredell
Nuweling
Aangesluit: 03/05/2012
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl

Was pas die afgelope naweek daar.  Geen probleem met sekuriteit nie.  Het hierdie keer staanplek 64 probeer.  Van almal hou ek die meeste van 13.   Sal nog baie keer teruggaan ,

AanhegselGrootte
Yzerfontein_27_Apr_2012_uitleg.pdf 74.34 KB
IMG_0046.JPG 168.49 KB

Ek sleep 'n 1970 Gannet, ja jy het reg gelees,

met 'n 1996 2.8 TDi Pajero

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 17 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.