VLOEDBOS BUITE CALEDON
Nuwe forum onderwerpe
Ons was die naweek by Vloedbos anderkant Caledon. Dit is 'n redelike nuwe kampterrrein, maar baie nice. Daar is 46 staanplekke, die meeste het reeds krag en die paar wat nog nie het nie sal binnekort krag kry. Koeltebome is nog baie klein. Die ablusies is splinternuut met ongeveer 4 tot 5 toilette en 4 storte vir dames. Die mans se nuwe badkamer is byna voltooi. Net die wasbakke moet nog ingesit word. Wasgeriewe is ook nuut en netjies. Die helfte van die staanplekke het geboude braai plekke, die ander nie. Jy kan jou eie braai saamneem indien moontlik. Daar is 'n verhitte onderdak swembad, wandelpaaie, trampolien, swaaie ens. In die toekoms sal daar ook 'n put-put baan, lapa met plasma tv en nog baie meer wees. Vanaf Kaapstad op N2 ongeveer 145 km. Gaan deur Caledon op die Bredasdorp pad. Ongeveer 27km anderkant Caledon draai links in die rigting van Riviersonderent. So 1.5 km verder draai links na Vloedbos. Dit is 'n grondpad van 3 km. Die pad is nie te sleg nie, 'n mens moet maar net stadig ry. Ek sleep met 'n gewone sedan en ek ry nie sommer enige grondpaaie nie.
Ja die mans toilette is voltooi en baie netjies. Al die staanplekke het nou krag en die Put-put baan is voltooi.
Hulle het begin aan die onderdak Lapa en hoop om hom reg te hê vir Desember.
Die eienaar, Wessel du Toit is baie entoesiasties en doen regtig deeglike werk.
Dit lyk my baie lekker, is dit net ek, of herinner dit bietjie aan van die Drakensbergse oorde? (Sonder die berg...)
Wat ook lekker is van die plek is dat mens kan gaan stap oor die koppies. Toe ons daar was het mense ook 'n 4 x 4 roete daar gery oor die koppe wat nogal lekker gelyk het. 'n Paar km van die kamp is daar ook 'n opgaar dam met 'n paar visse in. Langs die dam is 'n groot huis wat oorspronklik VLOEDBOS gedoop is. Ek dink daar is slaapplek vir 10 mense
Groete
Aubrey
Probeer weer vir fotos:
Was die naweek weer daar. Fantasties! Hulle geriewe baie netjies en skoon. Terrein is baie mooi en met die nuwe saal en swem area werk dit baie goed. Vir Wessel en sy gesin se dankie. Julle slaan die kamp spyker op sy kop.
Ek kan net beaam wat Christo gese het. Wessel en Lani het ons soos familie laat voel vanaf begin tot einde en daar was nooit enige tekorte nie. Die geriewe is puik, warmwater was deurentyd beskikbaar en daar deurlopend iemand van die bestuur beskikbaar.
Die oord is gerieflik met baie vir oud en jonk en die 4x4 roete kan deur voertuie met 'n ewenaarslot baas geraak word. My Isuzu het dit reggekry sonder sukkel.
Kontak hulle gerus vir 'n wegbreek naweek op 0833 591505
Ek stem saam met die ander en die beste van alles is die winkeltjie wat alles en nog wat - selfs YS in die warm somers dae vir die versnapperinge het... Roomys en sakgeld is nou eers klaar vir so paar dae maar Vloedbos sien my weer ! Thanks Lani, Wessel en gesin ! Dis puik !
Hi daar, ons het mos die Wegsleep saamtrek daarso gemis maar was die afgelope paasnaweek vir 4 dae daar gaan afpak.
Almal wat saam was stem saam die abblusie is nog die beste wat ons die afgelope 2 jaar gesien het. Die ander goed soos die swembaddens,putt putt ens is ook nice to have.
Ons het net een kritiek opgetel. Dis moontlik heel ongegrond maar ons het die sogenaamde reels met betrekking tot die hoeveelheid mense per staanplek en hulle definisie van 'n gesin baie verwarrend gevind. My vrou het met ons bespreking voluit betaal vir twee staanplekke met 6 persone elk. Die groep was opgemaak uit onderskeidelik per staanplek (3 grootmense,3 kinders,1 baba) en (4 grootmense,2 kinders,2 baba's) . Waar die verwarring blyk in te gekom het is dat ons bestaan het uit 4 families met 4 motors. So volgens hulle definisie moes ons dus betaal vir 'n addisionele staanplek alhoewel ons net 2 gebruik het. Dit het amper tot onaangenaamheid met Wessel afgegee toe hy van die groep nie wou inlaat met hulle aankoms nie.
Ek voel hy moet dalk na 'n ander stelsel kyk om sy pryse op te maak.Sy huidige stelsel kan dalk vir ander ook verwarrend wees. Van die meer algemene stelsels is mos om 'n standard prys te he vir die eerste 4 persone plus dan 'n verdere fooi vir enige addisionele persone(gesin of nie). Langs ons het 'n enkel vrou met 'n dome tentjie alleen gestaan en sy moes die volle bedrag alleen betaal omdat sy die 5de persoon was en nie deel van haar vriende langs haar se gesin was nie. Dis bietjie vergesog. En aan die ander kant van ons was 'n vreeslike groot groep met 13 voertuie op 4 plotte(Hulle het darem 'n spaar plot gehad wat hulle nie gebruik het nie want dit was aan die ander kant). Wessel wou ons laat verstaan dat hy ons nie gaan toelaat nie totdat ek die groep langsaan uitgewys het. Toe het hy sy storie verander en gese hulle het ekstra betaal.
Ek wil ook net noem dat ek geensins dink ons het te veel betaal nie. Die prys wat ons betaal het was geregverdig. Dis net die manier hoe dinge uiteengesit is en gehanteer is wat 'n bietjie van 'n smakie los in die mond. Hy het ons laat voel ons probeer cheap wees om so veel moontlik mense in te druk. Die pryslys se duidelik maksimum 6 mense per plot. Daar word wel in die eerste blokkie na 'n gesin verwys.
Vir die wat belangstel, ek het 'n hele paar foto's van Vloedbos geneem, en geplaas in Donkerkamer. Kliek die skakel hierbo.
Jong, as ek jou aantal mense tel en die aantal voertuie sal dit vir my as n oord eienaar ook eienaardig voorkom. Laat dit maar vir ons almal n les wees om die goed met bespreking uit te klaar om daai wrangsmakie te vermy.
Die maksimum van 6 persone is duidelik uiteengesit as per gesin. D.w.s. Ma, Pa en 4 kinders. Dit sal onregverdig wees teenoor enige oordeienaar om 2 gesinne op een staanplek te akkommodeer. Indien meer as een gesin 'n staanplek wil gebruik behoort hulle dus vir 2 gesinne te betaal, want die kostes gaan nie oor die gebruik van die staanplek alleen nie, maar oor die gebruik van al die beskikbare fasiliteite.
Indien meer as die toegelate persone 'n staanplek wil beset, bv 2 gesinne van 3 elk, betaal dan die ekstra fooi per kop of hoe ook al bepaal en geniet jou kuier by die spesifieke oord.
Indien meer as die toegelate persone 'n staanplek wil beset, bv 2 gesinne van 3 elk, betaal dan die ekstra fooi per kop of hoe ook al bepaal en geniet jou kuier by die spesifieke oord.
Dit dan ook wat ons gedoen het.
En ek kan net weer se dat ek dink nie die prys wat ons betaal het vir die naweek(selfs nadat ons inbetaal het nie) was enigsins te veel nie. Inteendeel die fasiliteite is rerig goeie waarde vir geld. Dit was maar net die verwarrende uiteensetting van die reels. My vrou het seker maar nie ordentlik gelees nie.
Ek persoonlik sal beslis weer soontoe gaan in die toekoms.
Groete almal
Dit is 'n baie lekker kampplek sal weer gaan indien die swembad toegekamp is, nie baie veilig as jou kind nie kan swem of te klein is.(Ek vermoed die wet bepaal dat die swembad toegekamp moet wees!?) Geriewe is puik en daar is genoeg om te doen vir klein en groot.
Groete
Nicky(HAAI)
Hallo Julle, Vloedbos het nou 'n kouerwaterswembad en die saal is klaar gebou, ons wys tans grootskerm rugby in die Saal, Wessel beplan 'n waterwurm en hoop om dit klaar te kry voor Desember, die van julle wat nie weet wat dit is nie (super tube) - ons het 'n splinternuwe webblad www.vloedbos.co.za gaan kyk gerus daarna, ons pryse is tans R180-00 per nag per gesin van 4 (maksimum 6 mense in 'n gesin, en maksimum 4 grootmense (bv studente wat deel is van die gesin, ouma en oupa ens) - mense meer as 4 betaal ekstra... en ouens as julle nou kom kamp en julle is 'n ma, pa met 5 kinders (daar is nog sulke geseende mense) dan gaan ek nie onredelik wees nie, dit maak mos sin, en dan is ek helemal bereid om mense te akommodeer.. die probleem kom in wanneer mense 'n klomp grootmense op 1 staanplek probeer indruk om kostes te bespaar... dit werk nie, en daarom het ons strenger geraak!! Ian het dit baie mooi uiteengesit, dankie Ian "broer" ;-) as daar enige iets is waarmee julle nie gelukkig is nie, kom praat asb met my en Wessel daaroor, ons wil na almal se raad luister en beoog om ons plek vir almal heerlik te maak om te kom kamp!! baie dankie vir almal wat ons tot dusver ondersteun het, julle is great!! Ek en Wessel waardeer julle baie, sonder julle sou ons dit nooit kon gedoen het nie!!
Groete
Lani
Hallo Lani
Is die swembad voor die saal nog steeds nie omhein nie ? Indien nie, beplan julle om dit wel te doen en indien wel, wanneer ?
Len
Hallo Len,
op die oomblik het ons nie planne om dit te omhein nie, miskien in die toekoms.... wat pla, praat eerlik jong?
groete
Lani
Julle plek s juis so lekker vir die kinders, hulle kan rondhardloop ens sonder om seer te kry.
Dis maar vir die kleiner kinders wat mense bang is. Jy kan nie 24/7 jou oog op hulle hou nie, veral as die groter kinders dan so lekker rondhardloop. Ek dink die vrese is maar dat 'n kleinjie kan inval wanneer iemand nie kyk nie.
Toe ons daar was het die groot mense maar so saamsaam die kleintjies dopgehou as hulle daardie kant toe gaan. Maar selfs die mees verantwoordelikste ouers se aandag kan vir 'n oomblik op 'n ander plek wees.
Phillip, dit is baie waar, en sal dit vir my en Wessel verskriklik wees as 'n kind by ons moet verdrink... ek sal dit beslis met Wessel bespreek...
Groete
Lani
Lani
Voor ek jou vraag (#17) kon beantwoord, het Philip dit reeds gedoen (#18).
Het julle al intussen iets hieromtrent gedoen of besluit om iets te doen ?
Len
"Lekkerkampplekke" het Vloedbos besoek en beveel dit beslis aan vir enige persoon oud en jonk.www.lekkerkampplekke.co.za
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- chris dupreez
- sakkie mynhardt
- Eddie Rabie
- Eddie Laing
- Airbus
- BenA
- thysvt
- Corné Wagemaker
- Kobus Snyman
- Roelof Colyn
- Petje
- Wildeboer
- NicoPietersen
- Franss
- Gypsey King
- RSS
- Lord Farquart
- Kobus K
















Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k
Tussen die fotos wat ek hier sien en die op die webwerf lyk dinge nogal heel skaflik. Daar is nou 'n warm en koue swembad.