Aldam-Oord | Damma lekker
Nuwe forum onderwerpe
Aldam-Oord | Damma lekker
Die woord voëlkyk is effens misleidend. Die “kyk” is maar ’n klein deel van die hele oefening.
Dankie vir die artikel oor Aldam! Ons was in Desember 2009 daar, en was aangenaam verras. Ons het 'n week daar gestaan, en sal enige tyd weer gaa! Die enigste haakplek die week was Vrydag, toe die locals van Welkom, Virginia en omstreke daar begin kamp het. Hulle het verskriklik geraas, en het so 'n baie stil week (Ons was 4 kampeerders in die hele woonwapark) geruineer. Ek weet almal is geregtig om te kamp, ek sal maar net volgende keer huis-toe gaan voor die skares kom!
Ons het al 'n paar maal by Aldam gekamp. Dit is werklik 'n rustige oord waar jy heerlik kan ontspan en rus. Ons kleinkinders gaan gewoonlik saam (4 vanhulle!) en daar is genoeg vir hulle om te doen. Oupa rus dan maar min! Groete
Ons was die afgelope naweek weer bietjie Aldam toe en het dit baie geniet. Die park was stampvol en ek moet erken dat ons geen probleme gehad het nie. Daar was geen probleme met geraasmakers nie en die oordbestuur sowel as sekuriteit was baie sigbaar om probleme wat dalk mag ontstaan sommer vinnig uit te sorteer. Die lekker van dié oord is natuurlik dat geen dagbesoekers toegelaat word nie.
As daar dan nou wel iets is waaroor gekla kan word is dit dat die wembaddens (beide die groot swembad sowel as die Supertube s'n) nie skoon was nie en dat daar gerus meer moeite gedoen kan word om die swembaddens skoon te kry en te hou. MAAR, ek hou ook in gedagte dat dit ontsettend baie gereën het in die voorafgaande week en dat dit dus baie moeilik was om die swembaddens skoon te hou agv die weer. Om julle 'n idee te gee van hoeveeldit gereën het, Allemanskraaldam het laas in Mei 1997 oorgeloop en die dam se vlak was verlede Maandag (13 Desember) nog op 60%. Die dam het egter Vrydag middag begin oorloop en het gister middag toe ons daar weg is steeds oorgeloop.
Dit was 'n baie lekker naweek en ons gaan beslis binnekort weer terug soontoe. Tariewe is billik en ditt is amper goedkoper vir ons om die 165km soontoe te sleep as om by Maselspoort wat maar 35km van my huis af is te gaan staan aangesien Maselspoort se tariewe eenvoudig onbetaalbaar duur geraak het.
Het so pas weer vir 8 dae by Aldam gekamp. Beslis 'n verbetering sedert ons laaste kamp in Sept. Die ablusieblokke is redelik netjies. Alhoewel daar van tyd tot tyd toesig was kan dit verbeter aangesien daar genoeg skoonmakers is maar hulle sit meeste van die tyd buite die ablusieblokke en niks doen nie. Daar is egter 'n groot probleem wat die water betref. Dit is van tyd tot tyd bruin en mens kan dit beslis nie drink nie en ook nie klere daarmee was nie. Ons het dieselfde probleem ervaar met ons kampe in Maart en September. Die water in die "super tube" is ook bruin soos die rivier water. Ook was die swembad nie skoon nie. Die personeel wat in die kamp rondry is baie vriendelik en verneem aanmekaar of alles reg is. Die oord het die potensiaal om te ontwikkel tot 'n top oord maar dan sal na die waterprobleem gekyk moet word. Groete.






<
Ons het 'n troue hier bygewoon, en in een vd huisies gebly. Dit was 'n heerlike oord.
Ek was net nie opgeklits met die besprekingskantoor nie. Hulle het ons skoon in die verkeerde oord ingeboek (blykbaar deel van 'n groep, maar as jy skakel, dan besef jy nie jy is by 'n inbelsentrum nie). gelukkig kon hul nog vir ons 'n plekkie maak maar ons moes ekstra betaal vir hulle fout, sonder dat ons vergoed is.