Willows Port Elizabeth

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

Hier is nou vir jou 'n lekke plek as jy naby P.E wil kampeer buite seisoen met kinders. (Desembers is die plek glo bietjie woelig) Daar is heelwat om kinders besig te hou soos supertube, speletjieskamer, movie aande vir kinders en gety swembad, mini golf ens. Die kamppersoneel is by vriendelik en hulpvaardig. (Ek kamp so 3 weke gelede daar toe my hout so teen 8 uur die aand opraak. My vrou sê toe vir kampbestuurder ons soek hout, so 'n uur daarna kom lewer hy persoonlik 'n sakkie hout by ons kamp af. Dis nou diens. Dit was ook nie die eerste keer dat hul uit hul pad gegaan het om ons te help nie)

Al nadele van oord is dat die strand rots is en die ablusiegeriewe nie van die beste is nie.

Onthou ook altyd - maak nie saak waar jy in die Kaap kamp nie, as die wind waai dan waai hy vir jou.

Carel Erasmus
Ou hand
Aangesluit: 06/01/2010
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith

Hi Ryno

Willows is n lekker kamp ons het jare gelede ook in die Baai gebly en baie daar gekamp en ook by Sea Weeu maar Willows was die plek, ek onthou een jaar het ons in n park daar naby die Red windmill gestaan toe was Danie  van Despatch ook daar jy onthou die rugby speler mos wie sal hom ooit vergeet. Julle manne wat so naby die see bly is baie gelukig wens ek nou ek kon trugtrek see toe.

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

Hi Carel

Die ou Red Windmill bestaan al jare nie meer nie, nog net die naam. Ek weet nie wanneer laas jy op Wllows gekamp het nie. Die plek het vir jare agteruit gegaan deur die misbruik van dagkampers. Die afgelope 2 jaar of so het die kampbestuur die ongewenste elemente uitgeskakel (geen meer dagkampers) en die oord ook baie opgegradeer.

Daar dan maar niks so lekker as om langs die see te staan nie.

Danief
Nuweling
Aangesluit: 06/04/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Ja ek stem saam, Willows is goed opgradeer en baie beter om te kamp as 'n paar jaar gelede.  Onggelukkig moet 'n mens altyd iets daarvoor  inboet.  Die kampoppassers is soos in die ou weermag.  Jy mag omtrent niks doen nie.  Ons het een aan bietjie musiek gemaak met drie kitare en is vroeg gewaarsku dat ons nie mag raas nie.

2009 se oujaarsaand was die kamp teen 11:00 al so stil dat mens nie kon glo die is oujaar nie.  Die bietjie musiek wat gespeel het is baie gou stilgemaak en teen 12:30 was daar omtrent nie meer 'n siel te sien nie.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 18 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.