Wildekus; Hoe veilig, paaie, kampplekke en is dit die moeite werd?

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

Aan almal op die forum - Is daar enige iemand anders wat oor die Wildekus en sy aantreklikhede wil gesels. 'n Toer Junie/Julie word beplan en ons sal graag wil hoor van vriende wat 'n toer onlangs gedoen het.

Groetnis

Ryno T
Ou hand
Aangesluit: 03/02/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Uitenhage
Ek sleep 'n soek nog met 'n Caddy Maxi Life

HI Skallie

Wil self graag self die Wildekus besoek, maar het dieselfde vrae as jy. Wag maar saam met jou op antwoorde

 

 

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

More Ryno - Jammer vir my laat antwoord maar is nou eers weer tuis. Dit wil voorkom asof nie baie vriende die Wildekus besoek nie. Wanneer is jou plan om te gaan?

Ek is intussen maar besig om intensief navraag te doen oor al die moontlikhede. My plan sluit nou in dat ek eers vanaf Tugelamond direk na PE sal gaan, met 5 oornag plekke tussenin. Op my pad terug wil ek dan die Wildekus besoek. Presies waar weet ek nog nie.

Ek sal jou op hoogte hou van wat ek ookal uitvind soos die tyd loop.

Hanz Zwiegers
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/04/2010
Inskrywings: 146
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Wat wil julle weet...dis my voorstoep en my hart se punt.

'n Foto word gemaak en nie geneem nie.

J.J.</<

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

Dag se aan al die vriende met spesifieke verwysing na Ryno T en Hans Zwiegers - Ek hoop en vertrou dat julle almal 'n rustige en vreugdevolle Kersfees geniet het en dat  2012 vir julle almal alles sal inhou wat mooi is en dat almal 'n stappie nader(of al daar sal wees) aan die drome.

Ek wens ook almal goeie  gesondheid toe.

Ryno ek weet nie hoever jy gekom het met jou beplanning vir die wildekustoer nie? Myne het plat geval maar dis maar soos die lewe is!

As Hans nog beskikbaar is wil ek weer vir hom en ook andere wat 'n inset kan lewer, vir 'n bietjie raad vra.

Ons beplan nou Feb 12 'n toer na Mosselbaai en dan daar vandaan 'n klompie ritte langs die kus af en om Kaapstad. Op pad wil ons dan soveel ons kan, en wat moontlik is, van die Wildekus sien.

Ek kom Umtata om en wil dan van daar af die WK ingaan. Graag wil ek dus weet of ek teen die kus af kan beweeg in plaas daarvan om elke keer na die N2 terug te keer. Watter plekke sou julle beskou as 'n "moet" om te besoek. Die plan is om nooit meer as 2 dae op dieselfde plek te staan nie tensy dit absoluut noodsaaklik is om besienswaardighede te besoek.

Net agtergrond oor my voertuig: Die Isuzu wat ek gebruik om die Sprite te sleep het ek omskep in 'n volwaardige kampvoertuig met al die geriewe wat ons nodig het. Ek  sleep dus nie karavaan maar ongelukkig het ek ook nie "diff lock" en moet dus op normale aandrywing staat maak.

Almal se spoedige raad sal waardeer word.

Groetnis

Skallie

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

 Voorspoed vir 2012 Skallie.

Ons het 'n week gelede teruggekeer van nog so 'n kort besoekie aan die Transkei.

Plekke wat die moeite werd is om te besoek suid van Mthatha is Coffee Bay, Hole in the Wall en Dwesa. Natuurlik is die rit na hierdie plekke toe 'n ervaring op sy eie.

Tot my verbasing is die pad na Coffee Bay nou oor geteer en/of goed gelap wat die trip met 'n uur verkort. Daar is baie kampplekke en verblyf en buite seisoen hoef jy nie te bespreek nie.

Daar is nie 'n pad teen die see nie wat beteken dat jy elke keer binneland toe moet ry en dan weer see toe. Die probleem sonder 'n GPS is al die muispaaie wat net so sleg soos die ander is. Ek moes nou weer my 4x4 laestrek gebruik om teen 'n verspoelde modderbult uit te kom en dit was op hulle "amptelike" aangewysde pad na Hole in the Wall. Dit het gereen.

Dit bring ons by die reenseisoen...somer. Die slaggate word al dieper en die spoelslote al erger en Febr. is lankal reentyd. As jy egter op die hoofroetes bly...Mthatha Coffee Bay en weer terug na Viedgeville en dan na Dutywa en vandaar weer Dwesa toe behoort jou bakkie dit te maak. Wees egter versigtig vir die grondpad Elliotdale oor deur die Colly Wobbles...dis 'n volle dagrit met baie muispaadjies. Moenie verdwaal nie !!

Onthou die paaie is vol beeste en bokke en reis na sononder is 'n defnitiewe no no. Vat maar 'n hele sak sweeeets saam en gee vir die kindertjies langs die pad...hul glimlagte sal jou altyd bybly. Oppas net dat hulle nie iets uit die bakkie gryp nie.

Jy kan ook Morgan Bay en Cintsa East besoek...laasgenoemde is 'n pragtige plek.

In die noorde...Pondoland...is Port st Johns en Mboity pragtig.

Die mense is oor die algemeen vriendelik en sal help met padaanwysings as hulle jou verstaan.

 

 


Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

JJ - Baie dankie vir jou goeie wense en ook sommer baie dankie vir jou inligting. Dit is puik en ek kan dit met vrug gebruik. Ons sal beslis die plekke wat jy aanbeveel gaan besoek.

Ek sal graag nog 'n paar vrae wil vra sodra ek hierdie goed oordink en my beplanning aangepas het. Aangesien ons ook in die Kaap 'n draai wil maak en almal reken dat Februarie 'n goeie maand vir die Kaap is, is ons feitlik verplig om dan sommer ook by die WK aan te gaan. Is Feb nog 'n goeie(baie) reen maand daar? Hoe lyk die windsterkte? Aangesien ons net 2 uittrek dakke het sal 'n mens dan goed voorsiening moet maak vir stormbande?

Ek sien dat die pad vanaf Mthatha(ongenommer) by Mqanduli by die R349 vanaf Viedgesville aansluit. Watter is die beste vertrekpunt; Mthatha of Viedgesville?

Is daar op hierdie roete besienswaardighede wat die moeite en risiko werd is om voor af te draai?

Hoe lyk sekuriteit by die genoemde plekke. Dit en oornag kostes is 'n groot prioriteit!!

Groetnis

 

J.J.
Boffin
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2057
Gebruiker van lyn af.

 Ons ry elke keer die Viedgeville pad...ken nie die een vanaf Mthatha nie. Oppas, dit kan dalk BAIE sleg wees.

Sekuriteit by Coffee Bay se kampplekke trust ek nie meer nie. Die veiligste kampplek is binne die Hole in the Wall hotel se gronde maar die ablusies is oud en dalk nie aanvaarbaar vir vrouens nie. Daar is privaat kampplekke teen die pad tussen Coffe Bay en Hole i t Wall. Moenie  5ster fasiliteite verwag nie.

Februarie behoort nie sommer storms op te lewer nie.

Sekuriteit is in hierdie wêreld seker maar altyd 'n probleem as daar vrouens by is. Ons ry/stap in daai wêreld nooit sonder 'n skokstok, pepergas en of vuurwapen nie. Ek praat jou nie bang nie maar die toeriste bedryf smoor deesdae probleme om nie toeriste af te skrik nie. M.d.g. dat mens nie meer alles hoor nie. Seisoentyd is daar baie toeriste en die plekke vol maar as jy alleen is....liewer bang jan as dooie jan. Miskien is ek net oor versigtig.

As 'n jong man aanbied om jou bakkie op te pas moet jy die aanbod aanvaar...niks sal dan wegraak nie. Kom net voor die tyd ooreen met die prys.

 

 

 


Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

Ja nou het ons regtig baie dinge om oor te dink. Ons is ook al gevorderd in jare en het op hierdie stadium nie plek vir nog probleme wat kon vermy gewees het nie. Ek sal maar liewer aan die oor versigtige kant wees veral omdat ons buite seisoen daar sal wees en aanvaar dat daar dan redelik min mense sal wees.

In elk geval baie dankie vir jou terugvoer, ons gesels weer.

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1928
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

JJ hoe lyk dit by cremorne in Port st johns. Is die sekerheid daar ookmn probleem? Kan mens veilig soontoe gaan en af gaan strant toe?

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Ski,

Sekuriteit by Cremorne Estate is goed. Enige ding kan egter gebeur, maar het nog net goeie tye daar gehad. Die karavaan staanplek, is in my opinie ,die beste in die Wildekus. (Kei-Rivier tot by Wild Coast Sun) Af gaan strand toe van Cremorne is nie so maklik nie. Jy moet ry na 'n strand toe. Probeer Agate Terrace. Daar is af en toe lewens redders, maar het my bedenkinge oor hulle vermoens om 'n lewe te red. Jy het seker al gelees oor die haai-aanvalle by Second Beach, maar haaie is orals. Ek sal dit egter nie waag om daar met my branderplank te ry nie. Visvang is heerlik in die Mzimvubu Rivier en by Poenskop. Dit is 'n moet om die pad na Poenskop te ry en ook om die landingsveld te besoek bo-op die berg

Groete

Herman

Hakuna Matata !!

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1928
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Dankie Herman. Die vraag is gaan my vrou hulle redelik veilig wees as hulle alleen op die strand is?

 

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Ski, moeilike vraag. Ek sal hulle daar alleen los oor besige tye, dws gedurende vakansie tye. Daar is dan gewoonlik 'n hele paar mense op die strand. Ander tye sal ek dit egter nie doen nie want die strande is maar redelik stil en dis net locals op die strande en die lewensredder is ook afwesig.

Hakuna Matata !!

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1928
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Dankie vir die inligting. Dan glo ek ons sal daar gaan kamp des. Net laaste vraag kan ek met n gewoone 4x2 bakkie regkom daar

 

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

frikkie123
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.

Hi

Ons was verlede jaar July by Mpande.Dit is so 20 km anderkant Port st Johns,en dan 17 km grond pad na die kus toe.Ons het geen probleme gehad nie,moet se ons was n paar mense gewees.Sluit maar alles in die aande toe.Ons het ook gebruik gemaak van die "Gillies" Dis van die local mense wat jy huur om te help.Moet ook nie jou voertuig alleen los as jy strand toe gaan nie.Los maar een van die Gillies by die voertuig om hom op te pas.Ons het 3 Gillies gehuur vir die 10 dae wat ons daar was.Hulle vra R10 rand per dag en doen alles wat jy vra van sonop tot son onder.Ons het hulle R20 gegee per dag en baie klere en skoene.Jy kan nie glo hoe bly hulle was vir die "baie" geld wat ons hulle gee nie.

Hulle ken ook die area baie goed en vat jou na plekke wat ons nie eers geweet het bestaan nie.Ons het nie 4x4 voertuie gehad nie en hulle se jou waar jy kan gaan en waar nie

Ek heg n paar fotos aan

uitsig van ons stoep af

 

tidel poel waar ons geskuba het,Mens kan nie glo hoeveel mooi vis is in die 1.5m water nie!

Ongerepte natuur.Die wit gebou is die local skool

 

 

frikkie123
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.

Hierdie is by "ship wreck" geneem,genoem omrede dele van n skip wat jare terug hier uitgespel het

Ship wreck

Mpande Rivier mond

Die duikers het ook elke oggend hulle vangste kom verkoop teen "baie" bilike pryse

Vars oester nou net uitgehaal !!

Het self ook n vissie probeer vang

Ons het die local shebeen ook darem ondersteun

Hierdie was ons gillies gewees(helpers) besig om aas voorteberei vir die volgende oggend se visvang

 

Hierdie was n onvergeetlike vakansie en ek beveel dit aan vir almal wat kans sien.Wat dit nog lekker maak is die naaste winkel is 1 uur se ry ver,so alles moet saam gevat word.As jy lus het vir brood moet daar maar gebak word

 

Groete

 

frikkie123
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.

Wou nog byvoeg,Ons het deur flagstaff en lusikisiki gery en was maar moeilik,Weet nie wat was die meeste in die pad nie.Honde,beeste bokke,lokal mense of motors wat oor die hele hoof pad geparkeer was nie. Sien onder

 

Die res van die pad was baie mooi deur die berge

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1928
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Dit lyk baie lekker ek glo ons gaan bespreek vir des. Ek gaan ook my duck saamvat om te gaan visvang op die rivier mee

 

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Ski wrote:

Dankie vir die inligting. Dan glo ek ons sal daar gaan kamp des. Net laaste vraag kan ek met n gewoone 4x2 bakkie regkom daar

 

Ja, ek het nog nie tot op hede my 4x4 hier gebruik  nie. Ek sit op die oomblik by Cremorne en die wereld lyk pragtig. Die Umzimvubu loop kant aan wal en hier is net so 'n paar(4) karavane. Sal foto plaas more van hulle.

Groete

Hakuna Matata !!

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1928
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Dit Klink Lekker het vandag my staanplek bespreek vir des. Is daar staanplekke met koelte? Is dit die mooite werd om die boot af te sleep soon toe. Die kamp oorstroom nie maklik nie?

 

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 748
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 Nico, jy moet nie vir my wegjaag nie!!!!  Ek kom ook nog agterna.

 

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Nico

Toe ek nog my boot gehad het, het ek dit baie geniet om op die rivier te vang. Jy kan dan ry tot by die mond en daar sit en vang op die boot. Soos die rivier egter nou vloei, kan mens glad nie daarop ry nie. Die staanplekke wat koelte het is nr 5, 4 soos ek kan onthou. Baie staanplekke het egter nie koelte nie. Laasjaar het die rivier sy walle oorstroom, maar groot dele van die kamp was nie onder water nie.

Hakuna Matata !!

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

So lyk 'n paar van die staanplekke sonder koelte'

 

Staanplek nr 5

Toe ek nog die boot gehad het

 

Dit is Cremorne Estate van die vliegveld af geneem.

Hakuna Matata !!

Toermoer
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 748
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

 Bosgees, bedoel jy dat die rivier nou te sterk vloei?  Bring die rivier baie drywende materiaal af as dit sterk vloei?

Kan mens 'n spesifieke staanplek bespreek, of is dit "vat wat daar is"?

Jan

 

 

 

Bosgees
Ou hand
Aangesluit: 12/04/2011
Inskrywings: 154
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie
Ek sleep 'n Echo Namib met 'n Toyota Hilux

Jan, die rivier vloei heeltemal te sterk vir enige ou plesierrit wat jy wil doen. Visvang is ook nie moontlik nie, so om jou boot op die rivier te vat is logies gewys die verkeerde ding. Daar kom nie vreeslik baie drywende materiaal af nie, so nou en dan 'n stomp of iets. As die rivier normaal vloei, druk die see op inkomende gety seewater die rivier op wat visvang 'n fees maak. Dit is naby die mond in 'n draai. Het nog nooit in-seisoen bespreek nie, so ons het net gevat waar ons wil.

Hakuna Matata !!

Anton Styger
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 29/03/2011
Inskrywings: 62
Gebruiker van lyn af.
Plek: Burgersdorp Oos Kaap
Ek sleep 'n 1996 Jurgens Palma met 'n 2005 Isuzu KB 300 LX D/K

Ons het nou in Januarie vir 2 weke by Gonubie gestaan. Die plek het nogal agteruitgegaan die laaste jare, maar hulle is besig met 'n opgradering. So, ons hoop dit gaan verbeter. Ons het Hanz se raad gevolg en een oggend vroeg die N2 gevat, by Viedgesville weggedraai Koffiebaai toe (die eerste stuk pad is baie mooi, nuut oorgeteer, maar dan is dit slaggate tot by Koffiebaai) en van Koffiebaai af, met 'n baie lelike grondpad langs die kus, Hole in the Wall toe. (hierdie pad is regtig baie sleg). Van Hole in the Wall af, is ons met die grondpad terug, tot waar dit weer by die teerpad aansluit, op pad Viedgesville toe. Vir iemand wat nog nie daar was nie, kan 'n mens nie regtig beskryf hoe mooi dit daar is nie, 'n mens moet dit self sien en beleef! Die lelike pad het ons die volgende dag al vergeet, maar die mooi sal vir altyd bly.

Groete

Anton

Anton Styger
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 29/03/2011
Inskrywings: 62
Gebruiker van lyn af.
Plek: Burgersdorp Oos Kaap
Ek sleep 'n 1996 Jurgens Palma met 'n 2005 Isuzu KB 300 LX D/K

'n Paar fotos

AanhegselGrootte
Die_kookpot_e.jpg 154.25 KB
Hole_in_the_wall_e.jpg 134.72 KB
Wildekus_e.jpg 118.14 KB
Gonubie_strand_vol_riete_e.jpg 140.68 KB

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 20 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.