Vakansie begin sommer sleg!
Nuwe forum onderwerpe
En so begin ons vakansie sommer so op 'n slegte noot! Die beplanning is om vir 4 weke by Jeffreys Baai Karavaanpark te staan en dan aan te beweeg Weskus toe met Vloedbos ook op die spyskaart.
Dinge het sommer verkeerd geloop met ons aankoms. Die park is onder nuwe bestuur en dinge is chaoties! My staanplek waar ek op staan vir die afgelope 7 jaar en wat ek 'n jaar terug bespreek het, het mense op wat vir die naweek daar kom staan het en ek moes maar elders gaan staan! Ek is ook nie die enigste een nie, al die ou kampers wat ek hier raakloop het dieselfde probleem, hulle staanplekke is ook nie meer beskikbaar nie. Dan is hier ook mense wat sommer so oor drie staanplekke kamp en volgens die bestuur is dit ook sommer nou toelaatbaar!
Dit is ook nog OK maar toe ek by die ablusie blok instap en vind dat daar nie warm water is nie en ook nie was vir die afgelope drie maande nie, toe laat dit 'n man se bloed bietjie kook.
So, voornemende kampers by J Baai, wees gewaarsku, dit is nie meer dieselfde plek waaroor ons so mal was nie!
Groete
Hallo Ian,
Ek weet nie waar ons moet begin vuurmaak nie, dit behoort aan die Munisipaliteit so jy kan seker verstaan waaroor dit gaan!
Groete
Middag,
Dit verklaar nou alles, die feit dat dit aan die Mislikepaliteit behoort, ek hoop net dat hulle maar hulle sokkies gaan optrek anders is dit net nog `n kamp plek wat tot niet sal gaan.




Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k
Ag nee Piet! Is dit dan die roete wat alle oorde gaan volg! Ek hoop jy kan vuur gemaak kry onder die bestuur of grootbase, want sulke ruggraatloosheid kan nie geduld word nie.
Ek hoop en vertrou die res van die vakansie gaan beter verloop.