Terug voer : Medolino karavaan park
Nuwe forum onderwerpe
Ons was Desember vir die eerste keer by Medolino te Port Alfred ; verblyf en kamp is puik. Alhoewel ons n nare ervaring (eintlik my buurman) gehad het op die tweede aand. Ek word so teen 02h00 die oggend wakker van n gil ; my buurman se vrou - iemand staan so wraggies binne in hul karavaan (swarte) . Die persoon spaander toe, buurman se hardloop skoene en verskeie kledingstukke was toe gesteel. Dit het plaasgevind ten spyte van n wag wat in kamp diens doen. Dit was n nare ondervinding , die bestuur het toe nog n tweede wag aangestel
Die vakansie daar was fantasties en ons sal weer terugkeer, net jammer oor die inbreker (ons het gedink dat ons veilig in die oos kaap sou wees. Dus moet ons maar op ons hoede wees tydens kampering, dit lyk my jy moet maar orals op jou hoede wees.
Ons het so n paar jaar gelede af Kaap toe gery vanaf Pretoria , ons het eerste nag by Gariep dam oorgeslaap en van daar na Stilbaai gegaan waar ons toe gekamp het, ons is oorspronklik van die Wes Kaap dus kan ek wel die volgende kampeer plekke aanbeveel. In Wes Kaap - Imhoff in Kommetjie (baie mooi) ; Noorhoek (by chapmanspeak) ; Millers punt (baie mooi) daar is twee kampe naby millers punt - dit is verby Simon stad op pad na kaap punt). Daar is natuurlik ook verskeie ander kamp plekke bv by die Strand / ou Skip - Blou berg / selfs teen die wes kus op - Veldrif / Strandfontein ens maar dit is n entjie se ry
Hello Chris1. Ek lees nou toevallig jou kommentaar oor Medolino en besef toe dat ons op presies dieselfde tyd daar gekamp het laas Desember. Ons het so skuins oorkant julle gekamp waar die wit Pajero gestaan het. Die inbreker het in die buurman oorkant ons se karavaan goed gesteel. Verder stem ek heelhartig saam. Dit is 'n fantastiese park en ou Deric, die eienaar doen werklik moeite om mens te laat welkom voel. Ons sal beslis weer daar gaan kamp en beveel die park ten sterkste aan. Net jammer die inwoners van Port Alfred kan nie maatreels in plek plaas om die oosstrand skoon te hou van doggiepoo nie. Ek het die strand sommer maar doggiepoobeach gedoop. Ons het baie lekker daar vakansie gehou. Groete daar.




.jpg)
Ek en vrou beplan 'n toer in Wes Kaap,en dan terug deur die Transkei na Gauteng.Is daar mede kampers wat al die roete gedoen het,en enige voorstelle?
Groetnis