Stormsriviermond
Nuwe forum onderwerpe
Einde Maart / begin April 2009. 7 nagte @ R1 981 (2 volwassenes en 3 kinders), plus nog SANPARKS koste of 'n Wild card. So goedkoop is dit nie.
55km van Plettenbergbaai af, seker die naaste groot plek. Of 100km van Humansdorp.
Maar dis lieflik, ons het gevra vir 'n see uitsig staanplek, en een op die rotse gekry, maar ek dink AL die staanplekke het see uitsig, daar is seker so 3 rye op die meeste. So jy behoort altyd seeuitsig te he.
Nie veel vir die kinders nie, nie 'n parkie nie maar wel 'n swembad en maar beperkte see swemplek, eintlik net daar by die restaurant is bietjie sand, anders in die poele tussen die rotse. Lekker staproetes wat ons baie geniet het.
Restaurant is goed, en die winkeltjie het meeste wat jy nodig het. Sal weer gaan net omdat dit so mooi is.
Enigste nadeel is dat die staanplekke so bietjie aan die knap kant is, ons moes maar spook op die karavaan en tent op 'n staanplek in te pas, en dan staan jy hom vol.
Hi Mike, Stormsriviermond is sekerlik een van die mooiste plekke in SA!
Dankie vir jou bydrae
Hein
Hierdie vakansie 2 nagte hier oor gestaan, en wat 'n fees was dit nie. Uitstekende plek, pragtig en uitstekende en skoon geriewe, baie beter as sommige 5 ster oorde. Ja goed, die weer is onvoorspelbaar en ons was gelukkig met relatief min wind en goeie weer.
Ons gaan nou die 30/31 Jan 2010 en die 1ste Feb 2010 daar staan op ons toer na die Oos-Kaap, kan nie wag nie.
Philip
Ons het nou hier gestaan vir 6 nagte vanaf 3 tot 9 Januarie 2010. Dit was regtig fantasties en die moeite werd. Dit is seker een van die mooiste kampe teen die see in SA. Daar is ook baie om te doen veral die baie mooi staproetes. Die ablusies is baie netjies met skoon handoeke en warm water. Hier is ook nie 'n water skaarste nie.
Ek sal dit defnitief aanbeveel en ons sal dit beslis weer besoek. Neem maar stormtoue saam vir ingeval. As die wind hier waai dan speel hy nie. Ons het darem ten minste 4 baie lekker dae beleef.
Hier is ook baie om te doen in die omgewing, 50km van Plet, Monkeyland, Birds of Eden en Elephant Sanctuary is alles in die omgewing asook Bloukrans wat bekend is vir Bungee Jumping. Nature's Valley, Forever Resorts Plet en Keurbooms Lagoon is alles in die omgewing
Groete
Aubrey
Sentrale besprekings ken nooit spesifieke staanplek toe nie. Maak net seker jy skakel die reservaat self so 'n week voor jou aankoms om spesifieke staanplek te versoek. Hule ken gewoonlik nie 1 toe gedurende die piek tye nie, maar as jy so 4 moontlikes gee kry jy gewoonlik 1 van hulle.
Hi ek het plek gekry vanaf die 12-26 desember by stormsrivier ek soek nog plek vanaf die 27 des- 2 jan of op stormsrivier of op n plek daarnaby kan enige iemand my help asseblief.
Hier is 'n paar fotos geneem nou toe ons in Feb/Maart 2010 daar was. Dit is baie, baie mooi en vreeslik lekker.
Groete
Philip
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| 100_1700.JPG | 151.52 KB |
| 100_1701.JPG | 128.06 KB |
| 100_1721.JPG | 170.52 KB |
| 100_1727.JPG | 191.24 KB |
| 100_1728.JPG | 219.65 KB |
| 100_1729.JPG | 193.11 KB |
| 100_1759.JPG | 101.45 KB |
Hi Gideon
Forever Resorts Plettenbergbaai is so 60km verder. Ek kamp gereeld daar en heelwat mense vat die pad na kersfees. Dit is een van die beste oorde in die omgewing. Hulle is gewoonlik vol bespreek Desembers maar almal dag nooit op nie. Daar is gewoonlik plek as jy op die laaste nippertjie bel.
Dankie sal kyk daar ek het darem lyk my plek gekry by Harkeville
Het iemand enige foto's van die tentstaanplekke by stormsriviermond
Het iemand enige foto's van die tentstaanplekke by stormsriviermond
So 'n paar fotos van Stormsrivier kampeer area.
Groete
Philip
Probleem,......................................................................... foto's laai nie op nie.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| resized_100_1699.jpg | 95.71 KB |
| resized_100_1701.jpg | 108.67 KB |
| resized_100_1700.jpg | 130.48 KB |
Dankie vir die fotos ek soek graag hoe dit lyk by die tent staanplekke sonder uitsig met krag dit is waar ek plek gekry het.




.jpg)






jy is reg Alten,
Ek weet die Caravette 4 het net blou lyne foor/agter met Caravette 4 bo aan sypanele, met gypsy voor en agter.
Maar seker nie saak hoe dit gelyk het nie...eks net frustreerd omdat die ou wat my belowe het om te maak, my nou nie wil help nie.
Groete, dankie vir die update
---------------------------------------------------------
Groete
Romeo Pretorius
WWW.ALLOUTDOORS.CO.ZA