Gesels saam op die WegSleep forum.
Pine Lodge Resort - Port Elizabeth
Nuwe forum onderwerpe
Gesels saam op die WegSleep forum.
Woens, 28/04/2010 - 05:38
Hallo Almal
Ek en my gesin het die naweek by Pine Lodge Resort in Port Elizabeth gekamp en ek moet se dit is n baie lekker plek.Hulle toilet en stort geriewe is baie netjies en daar is ook n Restaurant en Pub op die perseel, so as jy voel jy wil so bietjie rugby kyk en kuier is dit n gesellige plekkie om te wees. Daar is ook n swembad, trampoline en tennis bane wat jou kinders kan besig hou.
Die pryse is bekostigbaar. Dit kos vir n gesin van 4, R205 per dag. Pensionare R170.
Die plekkie is net so buite kant PE agter die Universiteit en is naby aan die winkels as jy dalk iets vergeet het.
Groete
Wie's aanlyn
Daar is tans 0 gebruikers en 22 gaste aanlyn.


