Oos-Londen & Omgewing

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Die Ooskaap is die stiefkind van ons kuslyn en ís ek bly daaroor!  Hierdie streek van kontraste skuil lank reeds onder die radar van onverantwoordelike ontwikkeling en is daarom nog grootliks ongerep.  Graag deel ek so ietsie met Wegslepers aangesien my ma my nog geleer het dit is mooi om te deel.

Onthou net:  Hierdie wêreld is laid-back, tipies surfer mentaliteit.  Eetplekke lyk soos ouma se kombuis, diens is stadig, etes bekostigbaar en dit is maklik om geselsies aan te knoop, maar oefen vooraf maar liefs jou Brits, hier hoor jy nie sommer die soetste taal nie.

Indien jy jou egter oorgee aan die ritme van die see en nie kla oor sand tussen die tone, gemaklik voel in 'n paar dae oue gekreukelde kortbroek, sal jy hier ontspan soos min ander plekke.

My gusteling oord is Yellow Sands.  As woelwater is ek hier nooit verveeld.  Jou opsies is visvang van die rotse af of in die riviermond.  Het jy iets wat op water dryf kan jy rivier op en is daar lekker diep kuile waar kabeljou voer.  As jy ander ouens groet as "Dude" is jy tegelyk by een van die lekkerste branderplankry plekke in die omgewing.

Die ablusie fasiliteite is redelik goed met warm water en word netjies gehou.  Daar is baie staanplek en indien jy nie oor Kersvakansie hier kamp nie, kan jy kies en keur met sommige wat uitkyk oor die riviermond.  Baie bome en struike beskerm jou teen die wind tensy jy dom genoeg is om op die hoogste en oopste staanplek tent te maak staan.

Ongelukkig ervaar die Ooskaap erge droogte, so die water is brak maar daar is 'n plekkie wat jy drinkwater kan tap.  Buite seisoen smokkel ons ma se klein brakkie in en niemand kla nie.

Vir eers genoeg.  Dalkies skryf ek vorentoe oor nog 'n paar plekkies.

Dirk

AanhegselGrootte
Yellow_Sands.jpg31.84 KB
Sands01.JPG27.75 KB
Sands02.JPG38.81 KB

Dirk

Aanhegsels

AanhegselGrootte
Yellow_Sands.jpg31.84 KB
Sands01.JPG27.75 KB
Sands02.JPG38.81 KB
Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Hi Dirk

Ek vertrek Sondag hier uit die Kaap op 'n moerse lekker toer na Karoo Nasionale park, Kruger Wildtuin, Addo, Bergkwagga Nasionale Park en Kamdebo Nas. Park by Graaff-Reinet.  Met die terugkomslag maak ek eers 'n draai by Ramsgate aan die KZN se suidkus en kom dan op die N2 verby Oos-Londen voor ons Addo aandurf.  Ek het juis op die "Verblyf-forum" raad gevra vir oornag aanbeveling vir Oos-Londen en Stoffel het my oortuig om weg te bly van Gonubie Woonwapark en eerder by Yellow Sands te gaan kamp. Jy het nou pas bevestig dis die ding om te doen.  Dankie !

Len

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Len,

Gonubie karavaan park is nie sleg nie en gewild oor Desember.  Buite seisoen het ouens al daar skade gely.  Dit val veral in die smaak van gesinne vanweë die veilige strand en rivier en is naby winkels vir die tannies met die kaarte.

Yellow Sands is geleë op 'n privaat plaas en baie veilig.  Neem net kennis dat daar 'n stukkie grondpad is wat mens maar stadig moet aandurf.

Ander opsies sonder kommentaar:  Glen Eden, Glen Muir en Areena.

Lekker toer!

Dirk

Dirk

Carel Erasmus
Ou hand
Aangesluit: 06/01/2010
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith

Hi Dirk

Dis lekker om van n Ooslondoner te hoor dit is n lekket plep en om te kamp ook. Ons het jare gelede ook daar gebly  op die Wes-Bank  en ons het lekker gebly  My oorlede pa het op die spoorwee gewerk en was baie verplaas  die hele Oos-Kaap deur. Ons het eintlik lanklaas daar gekamp het al in Yellow Sands en Areena ook gekamp maar dit was n tydjie al. Ons beplan om weer daar te kamp ek moet eers ons nuwe Rig klaarmaak

Groete   Is daai groot vliegtuig nog daar langs die rivier. Die ding kom mos uit die Siskei uit. 

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Carel,

Nee die vliegtuig is verskuif na net buite Keimond op 'n plaas.

Jy sal OL nie meer erken met al die uitbreidings nie.  Gonubie het al van sy vakansiedorpie atmosfeer verloor.

Groete,

Dirk

Dirk

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Afgelope naweek gaan kamp by 'n plekkie naby my agterstoep wat ek glad nie geken het nie, naamlik Rondezvous Karavaan Park by Cintsa Wes (ook bekend as Cintsa Bay.

Ervaring:  Die kwaai wind die hele naweek lank het my objektiwiteit dalk beïnvloed, maar oor die algemeen is hierdie 'n plek wat baie mense van sal hou.  Vir die tannies is die goeie nuus dat hierdie park sodanig ingerig is dat elke staanplek sy eie privaat ablusie fasiliteit het.  Hulle is wel in groepies van vier of ses in een struktuur, maar jy het jou eie sleutel en hoef nie ver te loop in die nag nie.

Die terrein is baie droog, soos die streek vir jare nog nooit was nie, so die wind en sand kombinasie was bietjie lastig.  Egter baie boomryk en beskut so die wind het meer ingemeng met die visvang as wat die die kampeer self negatief geraak het.

Die kamp is ook klein en daar is maar 25 staanplekke.  Daar is egter geen see uitsig want dit is op die agterkant van 'n hoë duin.  Oor die duin stap jy met hout trappe af na die see onder.  Bejaardes met mank knieë sal dit dalk nie maak of wil maak nie.  Reg onder die kamp is wonderlike viswater in riwwe en skeure waar die blouvis (bronze bream noem hul dit elders) kuier, kabeljou in die skemer kom jag en selfs 'n verlore elf gehak kan word.

Stapafstand is Cinsta Wes restaurant waar jy kaalvoet in kortbroek en t-hemp kan gaan bier teug en redelik lank wag vir 'n goedkoop middagete terwyl geselsies kan aanknoop met moeë stappers wat die voete laat rus vir die laaste skof van die Strandloper voerslaanpad vanaf Kei Mond na Gonubie.

Indien jy hier wil kom uitspan, bespreek maar redelik lank voor die tyd.

Kamera het die gees gegee, so hierdie keer ongelukkig geen kiekies van die plek nie.

Dirk

Dirk

Diederik
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 83
Gebruiker van lyn af.

Goeie dag aan almal

Ons is ou Oos-Londonders het groot geword in Vincent skool begin en klaar gemaak op Grens. Gereeld gekamp by Rondezvous as ook Palm Springs. Is treveor nog die plaas eienaar by Rondezvous? Is nou so 11jaar weg uit Oos-Londen het ook gereeld Kei Mond toe gegaan toe die grondpad nog n nagmerrie was, het in n huisie gebly wat op die Kei revier gekyk het so teen die berg op het behoort aan die Taylors.

Kamp Groete

Diederik Strachan

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Hi Diederik,

Ek is maar 'n skaam outjie en vra nie te veel vrae nie, so ek weet nie wie die eienaar is nie.

Jy weet seker, maar die pad na Kei Mond is nou heerlik geteer en 'n plesier om te ry vanaf OL.  Ek selwers was op Grens van tweede skooljaar tot die ou standerd agt (1970).

Groete,

Dirk

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Ek verlang na 'n strand daar in Oos-Londen toe ek nog jonk was.

Ek was in die jare (ek dink) 1968 saam met ons bure daar iewers vir vakansie, maar moet nie vra watter oord was dit nie en is nogal nuuskierig. Die oord het daardie tyd so lekker groen gras gehad en bome voor jy by die strand kon uitkom. Eintlik was die strand maar meer van 'n inham met 'n koppie of berg aan die regterkant, met vlak water in die begin en wat jy ver kon inloop wat die water nie koud was nie. Maar met al die jare het alles natuurlik verander en sal seker nie meer so lekker stil plekkie wees nie, as die oord nog bestaan.

Ek kaap nou die draad maar ek moes dit meedeel, omrede dit my eerste kamp was.

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Diederik
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 83
Gebruiker van lyn af.

Ja ek mis ook Oos-Londen maar het geskuif om my werk te behou, nou sit ek in Roodepoort Johannesburg al vir jare. Ek het so tussen die lynne gehoor hulle het die pad geteer dis seker nou n groot plesier om daar te ry. Ryno my koppie dink maar ek was maar agt jaar oud toe jy jou eerste kamp hou so die kans dat ek op die plek se naam sal afkom is skraal. Die lewe loop darem groot draaie met ons.

Kamp Groete

Diederik

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Ryno,

As ek moet raai, klink dit vir my na Nahoon kampterrein.  Ek weet nie hoe oud was jy daardie dae want kleintyd lyk heuwels en duine dalk na berge.  Natuurlik skuif sandbanke baie vinnig so die beskrywing van die vlak waterjies help ook nie veel nie.  'n Paar jaar gelede kon jy ook enige plek in OL te enige tyd van die jaar opsoek en die gras was groen.  'n Nader moontlikheid sou ook Glen Eden wees.

Ek dink die beste is dat jy weer in die wêreld 'n draai kom gooi en self die plek soek en ons dan laat weet.  Dan sê ons: "O ja, natuurlik" of dalkies: "Swak beskrywing broer."

Groetnis

Dirk

Machiel
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 577
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n 2005 Gypsey Regal Blue Series met 'n 2010 Isuzu Kb 300 Lx D/K

Hallo almal

Daar was vroeër jare toe ek nog in die laerskool was 'n baie lekker kampplek in daardie omgewing (Noord van Gonubie) genaamd Rainbow Valley. Ons het wonderlike vakansies daar deurgebring, maar heelaas bestaan die plek nie meer nie en as ek dit reg verstaan moes dit plek maak vir ontwikkeling.

As ek reg onthou was daar 'n Glengariff hotel daar naby, waar daar oor naweke en veral oujaar danse gehou is vir die grootmense en ons kinders het ons besig gehou op die rotse en met buite speel.

Wonderlike dae gewees daardie....

Groete Machiel

Cheetahs vir altyd

<

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Machiel,

Rainbow Valley het 'n paar jaar gelede nog bestaan maar ek vermoed jy is reg dat dit nou weg is.  Dit was egter aan die ander kant van Gonubie geleë (Wes) verby die renbaan.  Daardie area het egter baie versleg en gevaarlik geword.  Ek onthou daar was so 'n hangbrug waarmee jy oor die waters see se kant toe moes loop.

Die (ander) plek waaraan jy dink is moontlik Glen Eden, want net oorkant die rivier (meer 'n stroompie) is Glengariff en sy Hotel waar die ou mense geskoffel het.

Wonderlik met hoeveel heimwee mens vakansies as kind onthou.  As grootmens is dit maar net nie heeltemal dieselfde nie.  Tog is daar darem tye wat mens nog steeds jou kinderlik kan verwonder aan volheid van die skepping.  Dit tref my net hoe ek al minder in die see kom terwyl een van die maniere wat ek die naaste aan die natuur voel juis is wanneer 'n groot golf mens in diep water optel en jy met groot spoed in sy holte draaie begin gooi.

Dink ek gaan stof sommer nou my Boogie board en branderplank af!

Groetnis,

Dirk

Footloose
Boffin
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 1281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Toyota Fortuner 3.0 D.4D

Een ding wat ek van daai wereld kan seg ... strande is honderd keer beter as Durban s'n!!!

Ons het 'n tyddeel naby Hiberdene en as mens so ent op die strand gaan stap kom jy maar met lekker VUIL voete by die huis aan ... die familie het ook 'n plekkie by Seavale, so 40 km suid van Oos-Londen ... lekkerste strand wat ek nog beleef het ... wanneer jy DAAR op die strand gaan stap is jou voete spierwit as jy terugkom!!!

OU Chinese gesegde

ALWAYS SPEAK TRUTH, EASY TO REMEMBER AFTERWARDS!!!

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

Inderdaad!  Ek ruil Ooskaap strande nie vir Durbs nie!

Dirk

Lenda
Nuweling
Aangesluit: 16/10/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ladybrand

 Kan iemand my dalk sê hoe is dit by Palm Springs?  Wil Desember gaan kamp met kinders van 4, 5 en 7 jaar.  

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

 Persoonlik nooit daar gekamp nie.  Dit is hele enitjie buite Oos-Londen  in rigting PE.  Persoonlik verkies ek die oorde na die Ooste, soos Yellow Sands, Arendsnes, Cefani, Gonubie. Ek dink nie die see of rivier is baie veilig vir klein kinders nie en daar sal moontlik nie lewensredders wees nie.  Vir jou kroos sou Gonubie baie meer ideaal wees want die lagoon daar is 'n fees vir kinders en selfs die see maak gewoonlik 'n vlak sloep met laagwater waar die kinders ure op hul pense le en baai.  Gonubie is natuurlik baie besig maar jy is by alles. Yellow Sands is baie gewild en ek twyfel of jy nog plek daar sal kry, maar dit geld waarskynlik vir die ander plekke ook.  Onthou net, hoe later mens nog plek kan kry, hoe minder gewild is die oord.

Kidds Beach, waar Palm Springs is, is 'n oulike klein dorpie, maar die see is meer vir visvang as swem, veral as jy onervare is.  Afhangende van jul behoefte, dink ek tog julle sal lekker bly daar.  Onthou net dat die groot winkels ongeveer 'n entjie se ry is.  Die strande is ongerep en jy kan kilometers stap sonder om veel mense te sien.

Verder Oos is Morgan Baai baie gewild.

Hoop jy kom reg

Dirk

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

 Lenda, sien ook kommentaar #6 hierbo van Diederik.

Dirk

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 66
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Lenda

Oorweeg asb ook PSA net buite Gonubie. Veilig omhein met beheerde hekke. Speelpark vir jong kinders, swembad, tafeltennis,pool.

Vir die ma's, selfs wasmasjiene en tuimeldroers. 7 kilometer tot by winkels en mall by gonubie

Mens kamp agter 'n sandduin, sien nie die see nie, maar winde waai ook nie tente stukkend nie. Deel strand met Bonzabaai, met lewensredders.

Genoeg gesê, ek kamp al daar van 1997 af, want dit bied waarde vir geld

Wessel Strydom.

 

 

Strandloper
Groentjie
Aangesluit: 19/08/2010
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Sprite StrataD met 'n Kia Sportage

 Lenda,

Wessel se wenk is heel goed.  Moet net nie skrik as julle daar kom en dit is 'n hele entjie baie slegte grondpad, vlak langs Plakkerkamp verby, so eerste indrukke is nie altyd positief nie.  Die kamp is cool en baie mense keer elke jaar terug soontoe.  Persoonlik hou ek nie van die afstand na die see nie en as mens baie winkels toe wil ry, sal die grondpad my bietjie lam maak.  Baie streng Afrikaners wat die oord bestuur, so rus en vrede is so te se gewaarborg. Natuurlik ook baie stiller as Gonubie.

Wessels, hoop jy geniet dit weer die jaar.  Ek sit nou in Witbank van alle plekke en verlang verskriklik na die natuurskoon van Oos-Londen.  Sal maar nog nege jaar moet wag vir aftrede en dan terug na my husie by die see (as die huurders dit nie intussen afbreek nie).

Lekker kamp

Dirk

Lenda
Nuweling
Aangesluit: 16/10/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ladybrand

 Baie dankie Strandloper en Wessel vir goeie raad.  Hoop daar is erens kansellasie vir ons.

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 66
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Lenda

Kontak gerus vir Roy en Louise by VSA, hulle epos is psa.resort@mweb.co.za

Telefoon 0437321022

Sê net vir hulle indien julle 'n groot woonwa het. Hulle moet weet, anders kan die staanplek dalk beknop wees. Die meeste staanplekke is 3 kante met bome en struike toe, gee nogal privaatheid.

Hoop julle kom reg, die Oos Kaap is nog "goedkoop" om vakansie te hou. Selfs slaghuise en winkelpryse is laer.

 

Wessel

 

 

Lenda
Nuweling
Aangesluit: 16/10/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ladybrand

Wessel, 

Het plek bespreek by PSA.  Kan nie wag vir vakansie nie! Baie dankie vir jou hulp.

Lenda

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 66
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Lenda

Jy moet tog laat weet hoe julle PSA ervaar het. Ek hoop julle sal geniet, ek moes ongelukkig vanjaar oorslaan.

Groete

Wessel

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Het iemand dalk enige verwysing/terugvoer/kommentaar/fotos oor Morgansbaai?

Die vuil voete van die noordelike strande, Footloose, is die Titanium in die seesand wat aan jou voete vasklou. Die meer suidelike strande het nie Titanium in die seesand nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Bloukabeljou
Nuweling
Aangesluit: 16/12/2011
Inskrywings: 12
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gonubie

Morgensbaai is nie sleg nie. Daar is twee kamp parke. Een in die dorp teen die riviermonding en dan een by Double Mouth net buite die dorp. Ons gaan redelik gereeld Double Mouth toe.

Wie's aanlyn

Daar is tans 17 gebruikers en 112 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Eddie Rabie
  • Eddie Laing
  • Airbus
  • BenA
  • thysvt
  • Corné Wagemaker
  • Kobus Snyman
  • Roelof Colyn
  • Petje
  • Wildeboer
  • NicoPietersen
  • Franss
  • Gypsey King
  • sakkie mynhardt
  • RSS
  • Lord Farquart
  • Kobus K

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.