Morganbaai-karavaanpark

Besoeker

Morganbaai-karavaanpark
Toe ons die motorwoonwa se neus by ons staanplek wil indraai, is die vorige kampeerders nog daar. ’n Mens kan eintlik nie kwaad wees nie, want jy verstaan gou hoekom mense traag is om huis toe te gaan.

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

Besoeker - Dit klink of die plek die plek van plekke is.  Wil jy nie asb 'n bietjie meer uitbrei en vertel van die plek nie. Ons beplan 'n besoek Junie/Julie hierdie jaar. Ons bly vir 2 maande by Tugela Mond aan die Noordkus en wil gedurende daardie tydperk die Wilde Kus 'n besoek bring. Ons is twee bejaarde(ag tog!) mense en stel veral belang in toegang roetes en sekuriteit by die kampplek. Pryse vir 'n "Camper Bakkie" tuisgebou sal ook handig wees.

Ek is ongelukkig net elke tweede week tuis en sal dus nie op 'n spoedige anrwoord kan reageer nie.

Groete en lekker kampeer!

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 24 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.