Koffiebaai-kampterrein | Diep in die bos

Besoeker

Koffiebaai-kampterrein | Diep in die bos
“Is hier enige warm water?”

Skallie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 68
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Sprite Swift 1984 aangepas met 'n Isuzu KB 250

Besoeker - Jy is wragtig 'n man/dame van min woorde. Is dit moontlik om 'n bietjie uit te brei, ook oor Dwesa. 'n Man wat so bevoorreg is om daar te kan rondry moet tog 'n bietjie meer te kan vertel.

Skallie

Hanz Zwiegers
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/04/2010
Inskrywings: 146
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Jammer ek is so laat...nee daars net koue water...maar dis pragtig onder die bome. Net oorkant die rivier by Bomvu waar jy kan dagga zolle koop, draai, maak en rook is daar warm water. As jy nie hiervan hou nie gaan kamp sommer binne die Hole in the Wall hotel se gronde...dis nice en stil...en soms is daar warm water...maar daar is nie dagga nie.Smile

Die Transkei is een van die beste vakansie plekke naas die Drakensberge en Kenia/ Zambia.

'n Foto word gemaak en nie geneem nie.

J.J.</<

cwa
Nuweling
Aangesluit: 28/07/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marble Hall

Ons was Junie 2010 by Koffiebaai en het by Bomvu gekamp.Daar gekom was dit dit maar n redelike teleurstelling.Om die kamp was dit maar redelik slordig en vuil.Toe ons bespreek het,het ons n staanplek met krag bespreek.Daar sou ook warmwater wees.Nie een van die twee was daar nie.Die warmwater was nie n probleem nie maar ons yskas vol vleis was.Die eienaar het toe n koord gegee wat omtrent 50m lank was en dit was ook die afstand na die naaste kragpunt.Aangesien die kamp eintlik vir back packers is ,was die staanplekke maar klein en ek moes op drie staan.Die laaste drie dae was daar darm warmwater.Ons het die vakansie nog steeds baie ganiet.

 

CHRISTIAAN

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 25 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.