Green Fountain vs Medolino in Port Alfred

Vetseun
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 539
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria (Waverley)

Hallo Julle,

Ons was nog nooit in die Oos-Kaap met vakansie nie en ek wil graag weet wat julle ondervinding met Green Fountain & Medolino in Port Alfred was....

Daar is plek by albei vir hierdie Desember en ek kan nie besluit tussen die twee oorde nie.

Enige aanbevelings???

 'n Man se karakter word gemeet aan hoe hy mense behandel wat hy nie nodig het nie.

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

More,
Ek kan regtig eerder Greenfountain aanbeveel. Ons was 2 jaar terug daar en moet se dat dit een van aons lekkerste verblyfwe was. Jy't jou eie pvt badkamer met dik groen gras en dan natuurlik is Tony & Cindy die beste gasheer & dame gewees wat 'n mens voor kan vra. Ek sal nie 2 keer dink nie.

Bobbejaan
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 383
Gebruiker van lyn af.

Stem saam met Nonna, was ook daar 2 jaar terug en was net 'n plesier, nou wel bietjie uit die dorp uit maar dit is geen probleem nie. Wie wil nou in die dorp staan?

Groete (Ook aan Tony en Cindy)

neels vrmk
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2010
Inskrywings: 60
Gebruiker van lyn af.
Plek: uitenhage

vetseun

      ek stem saam green fountain is n mooi park ek het ook voorheen daar gekamp al probleem 

      die kamp is 6km vanaf die dorp en see  Medolino is n 5 ster park en 5 min vanaf die see 

     groete

         Neels 

 

 

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5715
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Hello julle.

Ons het verlede Desember vir 17 dae by Medolina gekamp en ook Green Fountain besoek. Daar is 'n kaasfabriek, of so iets. Hy is aan die regterkant van die R72 gelee en nie ver van die pad af nie. Ek moet seg dat Medolino 'n baie stil en rustige kamp is ten spyte daarvan dat dit in die dorp is. Dis 'n vierster kamp en word baie goed bestuur en onderhou deur ou Deric en sy personeel. Die admosfeer was vir my net anders hier as by Green Fountain. Dit het ook vir ons na 'n lekker park gelyk met goeie geriewe, maar te naby aan die grootpad en te ver van die see, alhoewel daar naby heelwat lekker kleiner strandjies is om te besoek. Vanaf Medolino kan jy werklik strand toe loop(800m). In die straat net bokant die kamp, 150m vanaf die kamp se ingang is 'n klein winkelsentrumpie wat allerhande lekker goed verkoop en goeie etes verskaf. Die middedorp is ong. 1.5 km van die kamp af. Die ablusiegeriewe is regtig van hoogstaande gehalte en altyd skoon. Ek moet seg dat daar nou wrintiewaar geen irritasie in daai kamp was terwyl ons daar was nie. As ek weer Port Alfred toe gaan, sal dit beslis weer Medolino wees.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1609
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Abie

Hierdie is 'n moeilike een. Ek het al by beide gekamp en beide het goeie punte. Dis amper so moeilik as om Lee jeans teenoor Levi's te kies!

Plus by Medolino was naby die dorp, strand ens. Goeie sekuriteit (alhoewel ek onlangs gelees het dat daar wel 'n insident was - ek glo in seisoen sal dit dalk anders wees), uiters skoon gemeenskaplike ablusies, ...

Plus by Green Fountain was Tony en Cindy, 4 staanplekke om 'n ablusie 'pod', jou eie badkamer, groot staanplekke, goeie sekuriteit .... plus daar is 'n kaas fabriek op die plaas sowel as 'n restaurant. Daar is ander strande naby GF, maar nie juis in loop afstand nie (behalwe as jy baie van ver loop hou)

Vir julle manne in GP, is 6km uit die stad niks nie.

Groete

NS! As ek moet kies, dan sal ek GF kies ...

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

voete
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 45
Gebruiker van lyn af.
Plek: Krugersdorp

Hi

Ons gaan in Desember vir die 3 de keer by GF vakanise hou.AL wat ek kan se dis fantasties daar.Dis seker van die grootste staanplekke,en jou eie geriewe is n plus.Cindy en Tony is regtig goeie gasheer en dame en baie "hands on".

Elke keer het ons en die kinders dit baie geniet.Die klein strandjies is nie te ver nie en die kids geniet dit baie veral Klein Monde.

Lekker dag en jy kan met n geruste hart weet as jy GF toe gaan gaan jy dit geniet.O ja en daai vars brood wat mens daar koop by die plaas winkel is die beste.Oeee hoe lus is en nou vir n sny met lekker JAM.

 

Groete Andre

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 23 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.