Cape St Francis Resort

Jacques PE
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 221
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

Ons het die naweek daar gaan kamp.  Ek sal nie gou weer daar n draai maak nie, meestal as gevolg van die volgende redes:

1. Die ablusie blokke laat veel te wense oor

2. Dit is n baie lawaaierige kamp plek omdat die kamp plekke omring is deur dubbel vedieping huise.  As jy stilte wl ervaar is dit nie die plek nie

3. Honde word toegelaat maar die reel dat alle diere op n leiband moet wees word glad nie ge-enforce nie.  Ek het myself amper be..k toe dieselfde hond die derde keer sy been teen my splinternuwe Penta se tent lig

Die staan plekke is baie klein en ongelyk, soveel so dat dit omtrend n uur se gespook was om die Penta weer uit die staan plek te kry.

4. En dan is daar nog die "bar" ook wat voorkom of die die ,local kuier gat is en oop vir die publiek is - wat net nog bydrae tot die lawaai tot laat in die aand.

 

2010 Jurgens Penta met Ford 3.0 XLT

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1609
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Hi Jacques

Nadat ek vanaf Pta getrek het hierna toe, was dit ook een van my eerste kamp plekke wat ek besoek het. Sedertdien (2002) was ek ook nooit terug nie. Benewens die klein staanplekke is daai nou paaitjies ook nie goed nie. Wat my die joos in gemaak het was dat die kroeg/ resturant gedeelte by die ontvangs uitgehuur was vir 'n funksie die aand. Die swembad naas die plek was toe ook 'out of bounds' vir die kampeerders. Toe die kinders nog wou swem, is hulle meegedeel dat na 17:00 mag hulle nie meer swem nie, behalwe as hulle deel is van die funksie. Die volgende dag was dit dieselfde met die tennisbane. Almal vir die dag geboek deur die manne van die funksie ....

Jammer om te hoor dat julle uitspanning meer stress veroorsaak het.

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 24 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.