wawielpark
Nuwe forum onderwerpe
Baie lekker plek vir die kinders - baie aktiwiteite om hulle mee besig te hou.
Pasop vir April paasnaweek - hulle vra vir 5 dae alhoewel jy net 4 dae gaan staan (vir ons werkendes wat weer Dinsdag moet inval).
Toe ek hulle vra "ma hoe nou Gehasie', kry ek so ewe "maar almal vat maar 'n ekstra dag". 
Hi Edward, pasop maar vir daai top 19 kampplekke in Wegsleep #19. Was in Mrt Kareekloof (Suikerbosrand) toe aangesien dit so hoogs aanbeveel word.....wat 'n aaklige plek. (Dis ook onder die top 19 volgens Wegsleep) Dit was mooi en dit is dit, swembaddens vuil, asblikke, toilette en braais word nie skoongemaak, supertube geen toesig en sny al wat 'n kind is ens ens. Ek kan nog lank aanhou glo my! Ek het juis 'n brief geskryf vir Wegsleep en gevra wie het besluit hierdie plekke hoort op die top 19 / top 20 aangesien Kareekloof by my nie eens twee sterre sou kry nie. Se maar net....
Ons was nou vir die afgelope langnaweek daar gewees en moet se Wawielpark sien ons weer. Dit was regtig baie sonders met die mens gemaakte see vir die kinders , warm swembad en natuurlik die klom water slides. Die dieretuin gedeelte met die leeus , tiere , kamele en elande was 'n wenner vir die kinders, maar die beste was die takbokke daar.
My kinders reken dis omdat ons nie in Desembers daar kamp nie, dis hoekom kersvader nie die regte geskenke bring nie want sy bokke wy daar ------------so kersvader is seker net by wawielpark
'n plek om aan te dink
Is daar enige iemand wat dalk fotos geneem het van die plek. Ek het op klerksdorp groot geword en het nie n idee waar die oord eers is nie . Asb laai fotos dat ons biki kan sien. Webwerwe se fotos is altyd net van die mooiste kante af geneem en wys nie hoe dit werklik lyk nie.
Wawielpark was 'n baie oulike plek! Behalwe vir die ablusie geriewe wat bietjie oud was en nie baie skoon nie, is daar baie vir die kinders om te doen. die staanplekke heel voor wat uitkyk op die rivier is asemrowend! Die see swembad se golfies klein, maar die kids geniet hul gate uit. Die roomys winkel verkoop wafels, banana split, pannekoek en allerhande roomys, dit voel soos 'n klein Milky Lane, net met lekkerder kos! Die winkel se kos is baie lekker en die plek is nie te groot nie, jy kan maklik 'n ogie oor die kids hou. Die bestuur het ook blykbaar nog baie planne - 'n plek om dop te hou!
Enige iemand onlangs by Wawielpark gekamp?
Heleen,
ons was daar na die winter 2011. Hulle was besig met die onderdak warmwater swembad, sportsbar en nuwe ontvangs geboue. Dit het baie mooi gelyk, is seker nou al klaar. Die staan plekke reg langs die rivier is maar baie ongelyk en klein, maar die ander staanplekke is lekker groot op paving. Die amblusies is oud maar gerieflik, ek hoop hulle sal na die ander verbeterings aandag aan die amblusies gee. Algeheel 'n lekker oord.
Dankie Zimpie. Sal bietjie gaan kyk.
Het so 2 jaar gelede in Desember daar gekamp (by familie in Potch gekuier) en die dag besoekers was bietjie lastig, het sommer tussen die karevane, waar ookal hulle 'n gaatjie gekry het, kom afpak.
Het nou die dag weer gekeyk na hulle tariewe want on sal seker weer Desember gaan kuier. Ek was geskok om te sien hulle wil in seisoen R 460.00 per nag hê!!
Dit is belaglike tariewe vir daardie oord.
Gaan kyk na Suikerbos Natuuroord uit op die Scandinavia brug pad.
http://www.suikerbos.co.za/default.aspx
Wegsleep gaan kamp leke jaar met die Aardklop fees daar.
Anton
Ek dink dit hang af hoe groot is die staanplekke en of deelname aan aktiwiteite binne die oord by die prys ingesluit is en of addisioneel daarvoor betaal moet word. Weet iemand dalk?
Hi Heleen
Ons was so 2 jaar terug Desember daar gewees. As ek reg kon onthou moes ons net vir die Supertube betaal - die ander aktiwiteite was ingesluit by prys. Maar as ek jou raad kan gee bly baie vêr weg van Staanplek A10 af - ons het versuip - al die kamp se stormwater het deur ons tent en karavaan geloop. Die grasstaanplekke was ook soos modderpoele. Ongelukkig toe ons ook daar was het hulle nooit die nagemaakte see en supertube saam laat hardloop nie. Die supertube was ook omtrent glad nie aan nie - daar is nie by die tye gehou wat gegee is nie wat beteken het dat ek met 'n paar dikbek kinders gesit het! Die ablusieblokke word ook oorgeneem deur dagbesoekers wat met busse en taxi's afgelaai word! Maar ek moet meld dit was 2 jaar terug - dinge het dalk intussen verander!!
Anton....dankie vir "Suikerbos" se skakel.![]()









Ek sleep'n 2001 Gypsey Regal met 'n 2012 Ford Ranger 2.2 DC 4X4

.jpg)
Hi
Dit is vreeslik lekker daar, maar ek hoor hulle het bietjie skade gekry met die vloede. Ek is nie seker van die karavaanpark nie, maar daar is sekere woonstelle wat oorspoel was en wat alles nuwe meubels moet inkry. Ons was September laas jaar daar en het 'n fees gehad.