Verblyf (Mooivallei Game Lodge)
Nuwe forum onderwerpe
Hi
Ek asl dit waardeur as julle hierdie berig kan plaas. Ek was onlangs by Mooivallei Game Lodge wat gelee is op die pad tussen Rustenburg en Swartruggens. Die gasvryheid van die eienaar Dirk Basson het my asem weggeslaan. Niks was vir hom n probleem nie. Die wild op die wilds plaas is relatief mak en jy kan tot naby kom om foto,s te neem. Daar is ook gemoeg wild om jou lank besig te hou. Die wildrit was ook fantasties en die skemer kelkie baie welkom.
Die plaas is baie veilig en jy kan lekker rondstap. Die verblyf is uit die boonste rakke. Elke chalet het sy eie braai area vir die aand wat jy net rustig wil sit en ontspan. Daar is ook n Lapa waar jy kan ontbyt eet en rugby op die groot skerm kyk. Die Lapa is die bymekaarkom plêk na n lekker warm dag in die bosveld. Die twee swembaddens is baie welkom na die hitte. Daar is ook n jacuzi vir die wat in die aand n bietjie wil ontspan.
Hier kan n mens nog sien en voel dat die eienaar self betrokke is by die daaglikse bestuur van die kamp. Niks is moeite nie. Ek sal defineitief weer daar gaan ontspan.
Net 40km vanaf Rustenburg en 90km vanaf Sun City is hierdie n baie lekker alternatief as die gastehuise en hotelle. Ek wat van die kaap (Paarl) afkom was hierdie die idiale vakansie plêk. Die koste van die verblyf sal almal verras. Doen asb. navrae. Daar is verskillende pakkette.
Lekker in die bosveld.
Baie dankie aan Mooivallei Game Lodge se werkers en n spesiale dank aan Dirk Basson. Dit is lekker om te sien as iemand trots is op sy plaas.
Derick Murray
Paarl




.jpg)

.jpg)


Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Kan mens hier kamp Derick?
Kan niks van die aard hier sien as dit hulle werf is nie?
http://www.mooivalleigamelodge.co.za
Groete,
Jacques