Thaba Morula | Nuwe intrekkers
Nuwe forum onderwerpe
Thaba Morula | Nuwe intrekkers
Die oord is spiksplinternuut en sal volgens die eienaars uiteindelik 80 staanplekke hê. Tans is van die ablusieblokke egter nog in aanbou, wees dus meer geduldig met die groeipyne.
Hi Andre
Ons gaan 5-8 April soontoe, my kind het 'n rugbykamp by Nyati in daardie tyd. Sal laat weet.
Groete
Julle kan maar gerus Thaba Morula toe gaan, was al twee keer daar, laaste keer saam met Bosveld Stereo, lekker gras en skoon ablusie geriewe
Ben, ek stem heeltemal met jou saam. Ons was daar en sal beslis weer teruggaan. Die kampplekke is skoon en netjies, gras is mooi, kort en groen en sonder enige duwweltjies. Die ablusie geriewe word 'n paar maal op 'n dag skoongemaak.
Dit is bietjie raserig as daar 'n groep kinders by die avontuurkamp is, maar dit pla nie regtig nie. Hulle is meestal in die dag op die sportvelde. Die kinders gebruik nie dieselfde swembad as die kampeerders nie, wat help dat jy nie 'n toeloop by die swembad het nie.
Die swembad en omliggende area is skoon en netjies, en die lekkerste is die water wat die afgelope ruk ook warm gemaak word. Die water is nie soos by 'n warmbron te warm nie, die koue is net uit. Baie lekker.
Die winkeltjie het 'n verskeidenheid goedere, teen billike pryse, die kinders kan meer roomys koop want hulle word nie uitgebuit soos by party oorde nie.
Die sekuriteit is baie goed, die plek is elektries omhein en die hekke sluit om 20h00, jy kan egter met die veiligheidswag reël as jy later inkom of voor oopmaaktyd wil uit. 'n Lekker plek vir enkel mammas wat hou van kamp.
Daar is mense wat bekommerd was oor die pad wat in so toestand is, ek verstaan die pad tussen Brits en Thaba Morula is nog BAIE sleg met BAIE pot holes. Ons het egter van Kuduskop se kant af gekom, daar is 'n paar potholes, maar nie te ernstig nie.
Thaba Morula sal ons weer sien.
Thaba Morula is beslis 'n moet, definitief 'n juweel, jy kan maar op hou soek vir 'n kampplek.
Dis hy die!
Het die naweek van 28 Januarie 2012 saam met KSA Magalies daar gekamp. Dit was great daar is niks om oor te kla nie. Die oord is baie skoon en die personeel baie vriendelik. Oor die pad tussen Brits en Thabazimbie praat ons nie veel nie. Gaan kamp gerus daar...




Is daar enige iemand wat kan terugvoer gee oor Thaba Morula? Met die "Search" opsie kon ek nie eintlik veel wys raak nie - behalwe dat die pad ongelooflik sleg is tussen Brits en Thabazimbi. Die pad kan vermy word, alhoewel dit sekerlik 'n hele paar kilo's se ry ekstra gaan kos, maar indien die die oord dit regverdig kan 'n mens dit maar doen.
Andre Fourie
Centurion