KleinParadys - Brits

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Ek weet nie waar om te begin nie maar die plekke is waarlik 'n paradys.

Die oomblik as jy by die hek indraai besef jy hoekom sy naam KleinParadys is. Alles is lower groen, die gras, die bome en meeste van die bome is in hulle bloeisel gewaad om nie eers van die Jakarandas te praat nie, prentjie mooi.

Die gras regdeur die park was gesny en kon mens nogsteeds amper enkel diep op die groen gras loop, nodeloos om te se, ek het die hele naweek sonder skoene klaar gekom. Die damme en hulle omgewing was pragtig skoon en so ook die ablusies baie netjies en silwerskoon enige tyd van die dag of nag.... die bestes wat ek nog by 'n kamp gekry het .

Die kersie op die koek was vir ons die "Tuin van Eden" en dit is werklik so, daardie naam pas hom soos 'n handskoen... as ek 'n digter was kon ek 'n pragtige gedig oor die tuin skryf, maar vir my as kampeerder was dit asemrowend.... en was ek vir die tydjie wat ons in die tuin was baie naby aan my Skepper. Ek wonder net hoeveel tyd en liefde in daardie tuin ingegaan het.

Die afgelope naweek was een van ons kamp hoogte punte en seker een van die kampe wat ons nog baie gaan sien in die toekoms.

'n Groot dankie aan die bestuur van KleinParadys dat julle vir ons so 'n lekker rustige naweek kon gee en ook vir al julle harde werk om die kamp 'n voorbeeld vir enige ander karavaan "park" in ons land te kan maak.

Groetnis en julle sien ons gou weer.

Danie & Issie

 

 

Rienie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 378
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA

Danie en Issie, Kan dit beaam was ook die naweek daar en dit was baie aangenaam.  Wat lekker is en dit vir die Kinders ook is die putt putt baan wat nuut is en dit is ingesluit by die tarief.  Hulle vertrou die mense so dat hulle nie eers 'n soort van deposito vir die stokkie vra nie.  Die baan is rêrig baie oulik beplan. Tot rof soos op 'n golfbaan en plekke waar jy jou balletjie heelmoontlik in die water kan slaan.

 

Chris M
Super sleper
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 424
Gebruiker van lyn af.
Plek: montana park, pretoria
Ek sleep 'n 2008 Sprite Splash met 'n 2001 Colt dubbelkajuit 4x4

My plek is vir Desember ook reeds weer bespreek by Klein Paradys. Baie lekker plek om te kamp.

***********************

Groete

Chris Müller

Ilse
Groentjie
Aangesluit: 13/02/2010
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg

Ek wil graag ook kommentaar lewer oor Klein Paradys en dit is ongelukkig NIE positief NIE. Dit het begin by die vrou wat die besprekings doen met sarkastiese antwoorde op al ons vrae?? Ons het ondervind dat die bestuur maar bot was toe ons daar aankom en ons het drie keer gevra of daar iemand is wat ons kan help om die tent van die karavaan op te slaan, teen betaling natuurlik, aangesien dit net ek en my man en 3 klein kindertjies (een baba) was.  Dit was vir my moeilik om my man te help met die opslaan en kleintjie en hul antwoord was: Nee, hier help jy jouself, ons doen nie dit nie! Klaar 'n slegte begin vir 'n vakansie.

Nie een keer was daar aan ons meegedeel dat ons ons eie lewensreddens baadjies moes saambring vir die trapbootjie en roeibootjies nie.  Ek weier dat my seuntjie van 6 jaar en dogtertjie van 4 sonder dit om die dam rondroei.  Die kinders is onverantwoordelik, absoluut niemand het baadjies aan nie en stamp mekaar met die bootjies aanhoudend totdat hulle omval.  Ek hoor 'n volwasse man is laas jaar oorlede, die bootjie het omgeval en hy het verdrink??? Dis baie gevaarlik, ek dink die lewensreddens baadjies behoort verpligtend te wees. 

Die treinspoor is so 10 meter agter die privaat staanplekke.  (Aaklig!) Met 'n trein wat twee keer 'n aand daar verbykom en die lawaai maak jou myle ver al wakker.  Daar is ook 'n plantasie net bo die oord waar 'n aaklige reuk vandaan kom, seker van die kompos, maar dis iets verskrikliks!! Die 2 swembaddens is bitter klein, daar is net een "trampoline", die vrou wat in die winkeltjie werk is ongeskik.  En dan, iets wat ons opgetel het, die hele oord se bordjies is negatief: Moenie met jou fiets by swembad ry nie, Moenie met jou nat swemklere in winkel nie, Geen visvang na tien, geen dit en geen dat.  Wat van: Dankie dat U nie met nat klere in winkel kom nie of Dankie dat U nie rommel strooi nie? Ek stem saam, alles is mooi en groen, maar die vakansie atmosfeer is ook nie daar nie en vir iemand wat kinders het, is daar beslis bittermin vir hulle om te doen.  Ek was baie teleurgesteld in die oord. 

Groete Ilse

 

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

 Ilse, nou maak jy my wonder. Ek het nou net my bespreking gemaak vir die laaste naweek die maand. Ek het juis gewonder oor die foro op hulle webwerf van die bootjies waar niemand veiligheidsbaadjies aanhet nie. Ek kan seker saamvat, maar dit is bietjie onverantwoordelik om dit nie daar te verskaf, of ten minste te huur aan te bied nie.

 Groete

Martin

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Uhmm alles is verniet by Klein Paradys. Die bote les orals reg rondom die dam. Hoe dink jy gaan reddingbaadjies gesteel word as dit uitgedeel word? As jy bang is, vat maar jou eie saam.

Die treinspoor is eintlik groot vermaak vir die kinders, hulle toet sommer so in die dag vir die kinders wat waai. As hy so af en toe deur die nag verby gaan, is dit ook nou nie doodsake nie. Jy kamp mos.

Lord Fartquard moenie worry nie, as jy kinders het, gaan hulle dit baie geniet en elke keer weer wil terug gaan. Daar is ook nou nog 'n swembad en warm swembad by gebou.

kamp 

 

HennieBo
Super sleper
Aangesluit: 29/11/2011
Inskrywings: 334
Gebruiker van lyn af.
Plek: Wilropark

Lord Farquart wrote:

 Ilse, nou maak jy my wonder. Ek het nou net my bespreking gemaak vir die laaste naweek die maand. Ek het juis gewonder oor die foro op hulle webwerf van die bootjies waar niemand veiligheidsbaadjies aanhet nie. Ek kan seker saamvat, maar dit is bietjie onverantwoordelik om dit nie daar te verskaf, of ten minste te huur aan te bied nie.

Ek was al self daar 'n paar keer en het dit nog altyd geniet.

Hennie Botha

2009 Isuzu KB 300 DTEQ

2007 Sprite Swing

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Lord Fartquard, Ilse was amper 'n jaar gelede daar .... en intussen is dit soos die spinnekop mannetjie se... daar is nog 'n swembad en bring maar jou eie reddingsbaadjies saam want ek belowe jou die kinders geniet hulle self gate uit op die water... maar onthou net een ding die onus rus steeds op jou as ouer om seker te maak dat hulle wel veilig speel.....

Julle sal weer terug gaan dit bewlowe ek jou vra maar enige van die forumiete wat einde verlede jaar die kamp daar bygewoon het.

Groetnis

Danie & Issie

 

 

Chris M
Super sleper
Aangesluit: 17/02/2010
Inskrywings: 424
Gebruiker van lyn af.
Plek: montana park, pretoria
Ek sleep 'n 2008 Sprite Splash met 'n 2001 Colt dubbelkajuit 4x4

Spiderman is reg. Daar is soveel wat die oord gratis bied dat julle sal ook saamstem dat om reddingsbaadjies saam te vat is die moeite werd.

Ons was weer daar van 28/12 tot 2/1 en het dit soos altyd veskriklik geniet. Oujaarsdag het hulle die lekkerste boeresports en pret aangebied.

Die twee ekstra swembaddens is ook 'n goeie toevoeging.

***********************

Groete

Chris Müller

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 361
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

Kan Iemand my assbelief se of die privaat (luukse) straanplekke die moeite werd is?  Ek is daar bespreek vir Februarie en wil weet of ek moet opgradeer. Ek is net nie seker of die ekstra geld die moeite werd is nie.

Groete

Johan

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

Super Dan wrote:

Lord Fart

 

 Groete

Martin

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 399
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dis awesome en jy het 'n pragtige uitsig oor die dam

Die staanplekke is baie groot en nie so beknop soos die res nie. Jy sal nie oor buurman se toue val nie (dis nooit goed om oor die tou te trap nie, he he he)

Ek kan ook van die staanplek die kinders rustig op die kanos dophou in plaas daarvan om die staanplek te verlaat

Dis beslis ook altyd my eerste keuse

 

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Lord Farquart... my apologie vir die glipsie met die finger......

Groetnis

Danie & Issie

 

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ja, so het elke ou sy storie.

As jy nou klaar afgehaal was dat niemand jou kan help opslaan nie, vra ek hoe positief was jou eie houding?  Ek en my vrou slaan self ons tente op en af - dis regtig nie so erg nie. KP se personeel kom help jou wel om jou wa op sy plek te maak staan - gratis!

Nee wat, ons het al 3 keer hier gekamp en elke keer was dit tops. Mens kan verstaan dat hulle reels moet toepas en daarom die bordjies reg oor die oord. Mens kry maar narre wat kyk watter amok hulle kan veroorsaak. As jou kinders nie kan swem nie, moet hulle maar wegbly van die dam en bootjies.

JM, ek verkies die nie-privaat ablusie staanplekke, veral omdat mens lekker naby die swembad areas is.

 

Groete,
Jacques

 


 

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

JacquesR wrote:
As jou kinders nie kan swem nie, moet hulle maar wegbly van die dam en bootjies.

Groete,
Jacques

Ek weet nie of dit wet is nie, maar dit is definitief common sense om altyd n PFD te dra as jy op water is, of jy kan swem of nie. Ongelukke gebeur, so "rather safe than sorry". As jy jou kinder wil toelaat om sonder PFDs op die water te gaan, is dit jou prerogatief. Moenie vir een oomblik dink dat, in die tyd wat dit jou vat om uit jou stoel te kom, water toe te hardloop en die 4m in die water te kom om by jou kind uit te kom is genoeg om te verhoed dat die kind verdrink. Dit geld nie net vir kinders nie, maar ook volwassenes.

 

My kinders kan swem, maar dit is geen verskoning vir my om n onverantwoordelikke ouer te wees nie. 

 

 Groete

Martin

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Martin,

Ek moedig nie ontverantwoordelikheid aan nie en as dit jou rustiger maak, "by all means" laat hulle reddingsbaadjies dra.

Maar hoeveel van ons het as kinders in plaasdamme alleen gaan swem sonder baadjies en sonder ouers wat weet.

Veiligheid beslis eerste. Geen twyfel. En "commin sense" verseker.

Moet mens dan in die swembad ook met 'n reddingsbaadjie gaan swem? Of in die see?

Waar lê die grense?

 

Groete,
Jacques

 


 

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

Ek het dit alles en nog meer gedoen, maar as ek dink hoe vinnig dinge kon draai, kry ek hoendervleis. 

 Groete

Martin

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

 Wat n wonderlikke naweek. Genoeg informasie bymekaar gekry om volgende keer nog lekkerder te kamp. En ja, ons sal weer gaan. Soos my 14 jarige doghter gese het "Öp n skaal van 1-10, is KP n 20". 

Ek sal volgende keer net probeer om nie een van die skadunet stands te kry nie. Ietsie laer af of selfs teen die dam sal doen. Reg agter die skadunet stands is die geplaveide pad na die oord, vir die wat nie weet nie. Wel, Frikkie met sy V6 Toyota (Jy kan maar enige maak hier insit ) wil mos kky wat die maksimum spoed in elke rat is op die kort stukkie pad. So n gejaag het ek lanklaas gesien/hoor. Sondag met oppak tyd toe raak ek bekommerd vir die arme persoon wat met sy karavaan probeer uitkom soos een knaap aangejaag kom na die hek toe. So, dis nie iets in die oord self wat my gegrief het nie, net die manier wat sommige mense die pad buite die oord gebruik. As iemand n foutjie maak teen daai spoed, sal n paar karavane/tente in die slag bly.

Wel, daar is nou nie eintlik iets om oor te kla nie, net komplimente. Die oord is skoon, netjies , met meer bome en gras as wat enigiemand ooit voor kan hoop. Vrydag met aankoms was die oord al vol, so ons kon nie veel daarvan sien nie, maar Sondag teen 16:00 was die meeste mense weg en kon  ons die oord in sy volle glorie sien. Wat n pragtige plek. Rerig mooi en boomryk. Die feit dat alle aktiviteite gratis is is ook n bonus. Die grootste pluspunt is dat GEEN musiek toegelaat word nie, so niemand kan die reel oor volume verdraai nie. Daar was wel een klein meisie wat op n plastiek skoeter verby ons staanplek gery het middagete se kant.

 

Die kinders het hulself rerig geniet in die swembaddens, dam(sonder PFDs) op hul fietse en in die tuin. Hulle het ook lekker maats gemaak daar. Ek self het darem my eerste Forumiet ontmoet (hallo Mark) en ook sy varkie in werking gesien. 

 Groete

Martin

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Hi Martin en ander. Ek kan oor niks met Martin verskil nie. Was ook my eerste keer daar. Ons het op no2 reg by die dam gestaan en het heerlik gekamp. Dit was 'n fees met alles wat skoon, netjies en baie goed onderhou word. Ons was al Vrydag oggend 07:50am daar, en het werklik die ekstra volle dag geniet en ten volle benut. Het ook eers weer skuins voor 4 Sondag gery, wat seker die laatste is wat ek nog by 'n oord gery het. Sal enige tyd weer daar gaan kamp.

Groete.

Mark.

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5715
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

So 'n bietjie advies vir Ilse.

Die mense pas 'n goeie beginsel toe om nie hulp beskikbaar te maak nie. Mens moet jou maar self help.......................of vinnig pelle maak met jou bure, wat, ek dink te gretig sal wees om gou te help opslaan.

Dit is soos kampopslaan nog altyd gewerk het.

Onthou net dat Julle ook soos Spydie moet maak met die kanoe's. As jy een begin gebruik het en hy bevind hom die volgende keer aan die anderkant van die dam, as jy hom weer soek, loop tog asseblief om en gaan haal hom. Moenie my Tieners opdrag gee om hom te gaan haal nie.

 

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Ek moet ook net hier se. Ja ek gebruik soms hulp om op te slaan as daar beskikbaar is. Nie veel keer nie, maar het al as die grond bv baie hard is of die tannie vir klein spinnekop besig hou.

Maar dit is nie vir my baie belangrik nie en ek kan net dink wat se probleme kan dit vir oorde afgee. Se nou die oord het werkers wat help en iets breek of skeer? Wie word dan verantwoordelik gehou? Wie word verantwoordelik gehou as iemand dalk rassistiese aanmerkings maak teenoor 'n werker wat help opslaan. As iets weg raak kan die kampers dalk die hulp blameer.

Soos gese soms is dit lekker as daar so gerief is, maar ek kan verstaan as eienaars dit nie wil toelaat nie.

kamp 

 

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

Heeltemal vergeet van die kommentaar.

Ilse wrote:

Ek wil graag ook kommentaar lewer oor Klein Paradys en dit is ongelukkig NIE positief NIE. Dit het begin by die vrou wat die besprekings doen met sarkastiese antwoorde op al ons vrae?? Ons het ondervind dat die bestuur maar bot was toe ons daar aankom en ons het drie keer gevra of daar iemand is wat ons kan help om die tent van die karavaan op te slaan, teen betaling natuurlik, aangesien dit net ek en my man en 3 klein kindertjies (een baba) was.  Dit was vir my moeilik om my man te help met die opslaan en kleintjie en hul antwoord was: Nee, hier help jy jouself, ons doen nie dit nie! Klaar 'n slegte begin vir 'n vakansie.

Het almal baie professioneel en aangenaam gevind

Ilse wrote:
Die treinspoor is so 10 meter agter die privaat staanplekke.  (Aaklig!) Met 'n trein wat twee keer 'n aand daar verbykom en die lawaai maak jou myle ver al wakker.  

Trien het stiptelik 17:00 op Vrydag en Saterdag verby gekom. Geen steurnis vir ons gewees nie. Weet nie hoe voel die lukkse kampers daaroor nie.

Ilse wrote:
.  Daar is ook 'n plantasie net bo die oord waar 'n aaklige reuk vandaan kom, seker van die kompos, maar dis iets verskrikliks!! 

Ja, die reuk was elke nou en dan daar. Daar is n werkende plaas agter die oord, so dis seker te wagte. Alhoewel die reuk opmerklik teen die pad en swembad was, het dit my nie gepla nie. Seker omdat ek op n plaasskool was.

Ilse wrote:
Die 2 swembaddens is bitter klein, daar is net een "trampoline", 

Ek het 4 swembaddens en 2 wipmatte getel. Genoeg en glad nie te klein nie. Met n vol oord was daar altyd plek. Nogals lekker om so naby n vou te moet staan wat nie jou eie is nie.

Ilse wrote:
die vrou wat in die winkeltjie werk is ongeskik.  

Die Snoepies maak wel 17:00 toe. Ek het navraag gedoen daaroor en is meegedeel dat hulle ook moet huistoe gaan. Hulle is skoliere. Almal was wel vriendelik. Wil nie vinger wys nie, maar baie keer is die persoon oorkant jou se gisigsuitdrukking n spieelbeeld van joune. Ek is maar n norserigge knol, so as ek sien iemand is nors wat ek mee praat, dan forseer ek myself om te glimlag. Werk soos n bom.

 Groete

Martin

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Martin,

 

Ek hou van jou terugvoer. Die Klein Paradys Wegsleep saamtrek daar was n reuse sukses.  Met n vol oord, was die geriewe nooit kort nie!

 

Watch this space. Ek dink ek gaan die weer n saamtrek by die oord reel. 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Lord Farquart wrote:

Ek sal volgende keer net probeer om nie een van die skadunet stands te kry nie. Ietsie laer af of selfs teen die dam sal doen.

Jip, ek self nie mal oor die skadunet stands nie, maar die res vd oord is pragtig.

 


 

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Net so paar fodies van Klein Paradys en ons wedervaringe.

 

AanhegselGrootte
Klein_Paradys_001.JPG 163.1 KB
Klein_Paradys_002.JPG 134.55 KB
Klein_Paradys_014.JPG 131.73 KB
Klein_Paradys_021.JPG 117.53 KB
Klein_Paradys_027.JPG 161.62 KB
Klein_Paradys_030.JPG 115.01 KB

Groete.

Mark.

 

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 361
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

Dagse Almal,

 

Het gister teruggekeer van 'n WONDERLIKE naweek by Klein Paradys.  Dit is voorwaar 'n TOP klas oord (en die geselskap was nogals goed ook - Dankie Brolloks en Bittergal).

Die kinders het heerlik gespeel en al die fasiliteite behoorlik beproef.  Die dam en rots swembad het natuurlik die meeste aftrek by die kids gekry.  Ek was myself baie impressed met die put-put baan ook. 

Net so 2 klein puntjies:

Die staanplekke is redelik klein en met BAIE bome wat dit nogals moeilik maak om jou wa te skuif, gelyk te kry en op te slaan.

Die asblikke was vir die heel naweek glad nie leeg gemaak nie wat veroorsaak het dat daar teen Sondag oggend NIKS meer plek was nie en die vullus begin opstapel het.

Soos ek se, klein goedjies.

Klein Paradys sien my defnintief weer.

Groete

Johan

Jeanne
Groentjie
Aangesluit: 06/02/2012
Inskrywings: 47
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston

Hi julle.

Beplan miskien om 'n lang naweek te maak die 9de Augustus by Klein Paradys.

My vraag is net, weet iemand hoe die weer daardie tyd van die jaar is by KP?

Wil nie gaan as dit bibberend koud is nie (ons is tent kampers) ...

Enige terugvoer oor dit sal waardeer word.

 

Damduiker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors

Jy vat maar 'n kans daai tyd van die jaar. Kan nog baie koud wees en dalk ook winderig. Gaan liewer verder noord die Bosveld in; beter kans vir goeie lenteweer.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 25 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.