Klein-Paradys-woonwapark | Hier is dit hemels

Besoeker

Klein-Paradys-woonwapark | Hier is dit hemels
Hierdie park, so 15 km noord van Brits, is nie net in naam "’n paradys" nie.

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3152
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Het jou elders soos volg geantwoord:

Just make sure about the weights of the vans. I had a 1.8 Dodge Caliber with 110kW and 168M.m and it struggled with my Rapier (GVM 1200kg), which is smaller than the Romany.

ek dink die Romany se gewig soos gegee moet net nagegaan word vir korrektheid. Hy is immers groter as my Rapier, wat se tarra 840kg is

WillemJVR

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3152
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Enige iets is moontlik. Weet hulle het op 'n stadium die resep vir die tarra en GVM verander

Die data op die 96-97 reeks wys dat die Rapier langer is as die Romany, wat volgens my kennis strek nog nooit die geval was nie. Ek dink die Romany en Rapier se data is daar omgeruil.

Sien ook daar is geen data vir die 98-99 reeks nie, hulle begin eers weer by 2000 reeks.

Beste is, gaan kyk na die wa se plaatjie, dan sal die prentjie duideliker word. En as die handelaar baie lus is vir 'n transaksie, doen 'n sleeptoets. Sou ook eerder die Romany wou gehad het as die Rapier, maar was te duur.

SBTW, die 98-99 reekse waarna ons gekyk het se GVM vir die Romany en die Rapier was presies dieselfde

WillemJVR

Groen
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek was netnou by Pretoria Woonwaens. Hulle vra blykbaar R500 om 'n woonwa deur te gaan vir foute. Jy moet self die wa daar kry, hulle doen nie huisbesoek nie.

Rienie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 378
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA

Hi Hans

Ja dit is waar ons was daar en het per toeval langs hulle gestaan.  Ons het wakker geword van die skreeuery.  Die eienaars was daar nadat hulle gebel is.  Ek kan nie vir jou 100% sê dat die eienaars ongevoelig was nie want ek het hulle nie gehoor praat nie.  Sover ek kon aflei is die beursie wel weer gevind met kontant weg. Selfoon ook weg. Vroeg die volgende oggend het my man die man gevra of hy "okay" is na  die aanval.  Hy het geantwoord sy kop is wel seer maar in 'n grap gesê niks wat wiskey en water by die huis sal reg maak nie. 

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Lyk maar of daardie kamp nie ontslae kan raak van sy moeilkheid nie!

Groete

Hans.

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Dis regtig jammer, ons wou nog ook daar gaan kamp het. As ek reg onthou het die mense van Klein Paradys onlangs 'n kind aan die dood afgestaan agv 'n frats ongeluk.

Ek glo hulle sal binnekort vir ons laat weet wat hulle gaan doen om sekuriteit op te skerp. Volgens wat ek gehoor het is die 'n besondere oord met goeie bestuurders, dit is dalk moontlik dat iemand anders in beheer was en hulle nie self daar was toe die voorval gebeur het nie.

Dit is nietemin jammer, mens voel nogals blootgestel so in die karavaan.

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

Raylite
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 103
Gebruiker van lyn af.

Ons was so 3 jaar terug daar en vriende langs ons het min of meer dieselfde oorgekom. Die onbetrokkenheid en afwesigheid van hulp van die eienaars het gemaak dat ons nie meer soontoe gaan nie.

Prof Neels
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 529
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek het die volgende terugvoering van die eienaars van Klein Paradys ontvang:

PROF NEELS,

HIERMEE ONS REAKSIE OP DIE VOORVAL SOOS BESPREEK. SAL U DIT ASB NA DIE REGTE KANALE DEURGEE.

“Ons het onmiddelik nadat ons hulle oproep ontvang het, kamp toe gegaan. Die sekuriteitswag het toe net teruggekom nadat hy twee persone in die lande sien hardloop het. Hulle is toe in die kampong in. Geen persoon kan in die nuwe Suid-Afrika dit waag om agter hulle aan te gaan nie.

Die werker van wie hulle praat is ‘n kort, bonkige persoon wat beslis nie kan hardloop nie.
Mnr en Mev Muller het ons oor en oor verseker dat alles reg is. Mev Muller het ons nog verseker dat die insident hulle nie hier sal weghou nie. Hulle kom beslis weer want dit is dan so mooi en rustig.

Mnr Muller het saam met die sekuriteitswag na die hek geloop om te kyk of hy sy besittings kon terug kry. Nadat Mnr Muller terug gekom het, het ek gevra of hulle Savlon of so iets het sodat ons net eers sy gesig kan skoonmaak voordat ons hospitaal toe gaan. Daar is op geen stadium gesê dat hulle op hulle eie moet ry nie. Ek het onmiddelik die hospitaal geskakel en die prosedure gevra. Die dame aan diens het gevra of hulle aan ‘n mediese fonds behoort wat Mev Muller wel bevestig het.

Mnr en Mev Muller is toe na die ablusieblok nadat hy sy splinternuwe mediese kassie uit sy kar gehaal het en my verseker het dat ek niks by my huis hoef te gaan haal nie.

Met hulle terugkeer het hulle ons verseker dat daar nie verdere mediese hulp nodig is nie aangesien dit ‘n vlak snytjie op sy neus is. Ek het aangebied om slaap pilletjies te gaan haal wat hulle van die hand gewys het.

Hy is ‘n koppie koffie aangebied wat hy skertsend van die hand gewys het en liewer ‘n bier verkies.

Klein Paradys is baie gesteld op die kampeerders se veiligheid. Volgens Prof Neels van Heerden wat ons gradering doen, is ons sekuriteit van die beste in die land. Dit is jammer so iets het gebeur, want ons spandeer baie aan sekuriteit.

Ons het onmiddelik ekstra wagte aangestel wat nou beteken dat daar vir ongeveer elke 200m ‘n wag buite patroleer om te probeer keer teen die “elemente” van ons land. Kampeerders kan weet dat dit wat gebeur het glad nie vir ons lekker is nie.

Ek kan net nie verstaan dat hulle omdraai en die bohaai maak nadat hulle ons verseker het dat alles reg is nie.

Terloops: Dieselfde nag het die mense in No 1 Chalet my geskakel en gesê hulle moet vertrek, want ADT het hulle gebel om te sê hulle huis is gestroop.

Mnr Muller se beursie is wel gekry, behalwe vir die kontant wat verwyder is, is al sy bankkaarte nog in die beursie.

Wat die dame nalaat om te noem, is dat ons deur middel van ‘n e-pos weereens ons spyt uitgespreek het en dat ons vir hulle ‘n gratis naweek aangebied het.

PARADYS GROETE

Zeldie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3593
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ag nee wat, hierdie is 'n totale onnodige bohaai.  Klein Paradys is een van die top oorde in SA - hulle sekuriteit ingesluit.  Die voorval mag wel gebeur het, ek stry nie daarteen nie.  Ek ken egter die eienaars van die Oord persoonlik en glo en vertrou dat hulle dadelik werk sou gemaak het daarvan om sekuriteit op te knap.

Emile en jou span - doen so voort!  Ek sal verseker weer my wa by julle gaan staan maak!

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Ek weet die mense van Klein Paradys doen baie moeite maar in ons land vandag is veiligheid een van die belangrikste oorweging as mens gaan kamp. Ek glo dit kan enige plek gebeur, self as jy tuis is. Dit sal net hartseer wees as dit wel van die personeel was wat betrokke is.

So iets laat maar vrese in mense ontstaan, en reg of verkeerd, dit kan mense se keuses beinvloed waar jy volgende gaan kamp.

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Eish Wimpie, is dit nie amper dieselfde om te sê "Die meisie het 'n kort rokkie aangehad daarom is sy verkrag". As jy dus so paar goue koues in het is dit dus "fine" as jy beroof en aangerand word?

Die voorval het gebeur en al maak dit ons almal net meer bewus van veiligheid is dit goed dat ons daarvan weet.

As ons almal wegbly waar daar al sulke voorvalle was, sou niemand ooit gaan kamp het nie. 

Juis omdat die sekuriteit by die oord ooglopend goed is, was die skok seker soveel erger. Ek wil steeds graag eendag by Klein-Paradys gaan kamp, al wat my daar weghou in die somer is die hitte. Daar is mos net 'n doringdraad tussen Brits en die hel Smile

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

Zeldie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3593
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Weereens, 'n totale onnodige bohaai.  Ek het die afgelope langnaweek daar gekamp, elke oggend ver gaan draf en daar is ABSOLUUT NIKS fout met Klein Paradys se sekuriteit nie.  Inteendeel...

Emile, DANKIE vir 'n heerlike naweek!  Ons het vet pret gehad, was behoorlik sleg, het ver gaan stap, baie lekker gekamp en tonne foto's geneem.  Hou aan om te doen wat julle doen by Klein Paradys - julle het 'n wenresep daar beet!

Vleis

Dit is n great plek, ons ervaring was net positief,maar ek het al by meer as een persoon gehoor dat die eienaars misluk is.

Zeldie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3593
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Barry?  Die eienaars van Klein Paradys?  Nee hoor, ek weet nie waar jy daai gehoor het nie, maar dis onwaar.  Die Werners is baie aangename mense.

Raylite
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 103
Gebruiker van lyn af.

Zeldie, ons persoonlike ondervinding ± 01h00 op 'n Sondagoggend, na 'n diefstal voorval was anders..........

Zeldie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3593
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dit mag dalk so wees, maar neem die tyd in ag ne.  Ek sal ook krapperig wees as ek die eienaar van 'n Oord is en daar's 'n diefstalvoorval daardie tyd van die nag, terwyl ek voor my siel weet hoeveel geld ek spandeer het reeds aan sekuriteit.  Julle moet in ag neem dat Oordeienaars nie gode is nie, mense soos ek en jy en enigiemand anders en dat hulle ook moedeloos kan raak en moeg kan wees in die middel van die nag. 

En ja, ek kom op vir hierdie mense omdat ek hulle goed ken en ook weet dat hulle net mense is soos ek en jy.  Vergewe hulle tog hulle tekortkominge, gaan maak weer 'n draai daar een of ander tyd en as jy instap sê vir Emile jy soek koffie.  Ek kan jou belowe, hulle sal jou met ope arms ontvang en die wonderlike mense wees wat hulle wel is.

Vleis

Zeldie, ek het mos genoem dat my persoonlike ervaring positief was. Hierdie draad is bloot vir bewus making, nie afkraak nie. Onthou jy moet objektief ook wees, jy ken die mense al van skool af en hulle kinders, jou ervarings met hulle was waarskynlik net positief(soos myne) maar dit is "blykbaar" nie die geval met van die ander mense nie. Laat rus nou.

Zeldie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3593
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

lol Niemand baklei nie ne Smile

Raylite
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 103
Gebruiker van lyn af.

Dankie Vleis. Ek stem saam...............

Michelle
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 440
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Waar daar 'n rookie trek, brand 'n vuurtjie..........klein paradys.....nee wat ek hou maar eerder verby, wil nie nog 'n statistiek word nie!

Groetnis
Michelle

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

Ai tog.......

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Sien die verhaal hier onder, weet iemand of dit waar is, ek het niks hiervan gelees in die media nie.

Groete

Hans

Klein Paradys – Brits

Brits, North West Province

Travel

Management / Owners/ Cell nr: 0836313616

Crime / Personal Injury / No Medical back up / poor support

We arrived at Klein Paradys, Brits, on Saturday morning, 21 March 2009, for our first ever and greatly anticipated camping experience. We selected this particular resort based on the 4-star grading it received in a national camping guide and its close proximity to Gauteng. Upon our arrival, we were a bit concerned about teenagers manning the day visitors’ entrance and exit to the resort without issuing permits etc but we didn’t give it much thought and were focussed on getting to set up camp and relaxing. The excellent perimeter security fence and big gate also added to our peace of mind.

We had a fantastic, relaxing time during Saturday. The resort really offers excellent camp sites, ablutions, fun activities, nature walks and a tranquil dam setting. Camp personnel are very visible and we really thought we had found the perfect place for getaways from Gauteng over weekends.

However, on Sunday morning, 22 March at 01:30am, my husband awoke to an intruder in our zipped-up tent (who entered it after we had gone to sleep). The intruder was standing in between our stretchers shining a torch whilst looking through my husband wallet! My husband thought that it was an opportunistic security guard who broke into our tent and my husband grabbed the intruder by the arm. The intruder proceeded to assault my husband with a torch on the head and in the face (it later transpired that he had stolen it from a neighbouring camp site along with a spatula they used to open the zipper on our tent door). My husband shouted to me that we had an intruder in the tent. It was dark and I started screaming when I heard how they were struggling in our tent. Then my husband let go of the intruder (because my husband was caught up in a sleeping bag and couldn’t quite get a firm grip as a result) and the assailant ran away with a wallet and a cell phone. I grabbed my cell phone and dialled the owners / management’s cell number immediately to report the incident and to request medical back up due to all the blood on the bedding, and the blood and perceived injuries to my husband’s face.

When the owners / managers arrived, we had a crowd of campers who came to our tent to offer assistance and to hear what had transpired due to my screaming. To my utter dismay, the owners / management (elderly couple) arrived without requested medics (without explanation) and admitted in front of our fellow campers that their head of security had switched off the alarm beams on the premises before doing his rounds on the outside perimeter (the beams are actually on the route the intruders entered and exited on). My husband, accompanied by said head of security went to the main gate to try to retrieve the stolen wallet and phone and & found the gate wide open.

The owners / management of the resort ignored the fact that we told them that the assailant was someone my husband perceived as an employee (hat & clothing) and because their escape route went around various obstacles unseen in the dark. The stolen spatula was left in our tent and I pointed out that fingerprints could be retrieved from it and that a match may be found if employees were fingerprinted. The owners didn’t even pursue this course of action and were not inclined to phone the police at all.

We were then told that we had to go to the hospital in Brits.

Problem: The owners phoned the hospital to hear if trauma personnel were present, and then the owners asked us first if we had medical aid and if so, which one! We were in shock/traumatized, injured and were expected to drive in an unknown area in the dead of night to a hospital somewhere in a town we don’t know (being from Johannesburg)? They didn’t even offer directions or to show us the way. We retrieved our own medical aid kit from our car and I went and cleaned up my husbands’ face to assert the damage done. Thankfully, it was superficial wounds and looked a lot worse than it was. But the opposite could’ve been true and he could’ve been seriously injured.

Next thing we knew, the owners / management left with a couple of mumbled words what a shame the incident was. They didn’t tell us that a similar incident had happened a year and a half ago where someone got allegedly stabbed and that that was the actual reason for a R250k security fence upgrade! That information we got from fellow campers the next morning, who visited our camp site to enquire about our well being.

To date, no contact has ever been made by the owners / management to enquire about our well being or to offer apologies for the mistake their security made and left us all vulnerable (this could’ve happened to any camper staying there). And needless to say, they will never see us, our family, our friends or acquaintances ever again.

On the booking form it is clearly stated that camping is at our own risk and we fully respect that if our behaviour was at risk behaviour. What almost seems worse than the actual incident is the total verbal acceptance that their security was negligent (especially in light of what they had spent on precautions to prevent incidents like this – and was just ignored by security) the total lack of interest in providing the requested medical assistance, their total lack of support to assist visitors from a different province in terms of getting them to a primary health care provider in an unknown area (littered with terrible pot holes in the road), their total lack of interest in involving the police…and the utter disregard that the crime was probably committed by an employee. What is most disappointing, though, is the fact that we did not get the re-assurance that the next time we stay there, all that happened above, would’ve been improved upon, or that a similar incident would get any different treatment. 4-star resort????? Absolutely, for shock value in all aspects.

Why didn’t we report it to Brits police the next day???? We were too traumatized, tired, wired and just wanted to get home where it is safe and where we could just rest after our ordeal. We packed up and left at 10:00 the next morning, never to be seen there again.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Prof Neels wrote:
Ek het die volgende terugvoering van die eienaars van Klein Paradys ontvang: PROF NEELS, HIERMEE ONS REAKSIE OP DIE VOORVAL SOOS BESPREEK. SAL U DIT ASB NA DIE REGTE KANALE DEURGEE. “Ons het onmiddelik ........................................................

PARADYS GROETE

Lees die hele draad daar is baie andwoorde, hoekom dit na 'n jaar weer navore bring as dit reeds bespreek was?

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Oops 2 x gepos.

Ilse
Groentjie
Aangesluit: 13/02/2010
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg

Ek sien hierdie is baie ou inskrywings, het my mening oor Klein Paradys vroeer gelewer.  (Nie positief nie).  Die drade by die treinspoor kant lyk nogsteeds beroerd en die sekuriteit by die hek by die private ablusies slaap nogsteeds...... dag en nag voor die hek!!!

Karafundi
Groentjie
Aangesluit: 10/12/2009
Inskrywings: 31
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n Huurnognet met 'n Qashqai

A nee a, komaan mense!  Geen woonwapark, selfs met 20 sterre, is gewaarborg dat geen booswigte bose planne sal wil uitvoer nie!!!  

Julle wat sê dat daar 'n sekuriteitsprobleem by Klein Paradys is, praat snert, loutere snert!!!  As julle 'n onaangename ervaring gehad het: Blameer die regte persoon - nie die oord nie.  

Daardie is 'n fantastiese plek, met uitmuntende diens en agtermekaar bestuur.  Los nou julle nonsens en ondersteun liewers die parke wat vir kampers omgee.

En julle wat nog nooit daar was nie:  Julle weet nie wat julle mis nie. Finish en Klaar.

Pontie
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 629
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Mazda Drifter BT 50 2.5 TD

Hoor Hoor !!

Ek sal ook weer op Klein Paradys kamp as ek die geleentheid kry.

Theo Versteegh

Centurion
Gautengeleng

 

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 26 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.