Hartbeeshoek

Ben Ras
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 14/01/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Ons was 5 karavane wat die afgelope naweek daar gekamp het en baie geluk en dankie aan Braam en sy span vir die vriendelike ontvangs wat ons gekry het, almal in die groep het daarvan gepraat. Die oord is baie skoon en ons het geen probleme gehad nie, regtig 'n lekker plek om te kamp en sal weer gaan

Pierre vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 527
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park; Pta
Ek sleep 'n '96 Penta met 'n Toyota Hilux 3.0D-4D

Ben. Is dit Hartbeeshoek natuurreservaat?

Pierre

Indien alles onder beheer voel, ry jy nie vinnig genoeg nie.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Kan jy dalk paar fotos plaas Ben?

Dankie,

Jacques

 


 

Ben Ras
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 14/01/2010
Inskrywings: 50
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

As ek reg is is dit die natuur reservaat, hy is net oor die pad van Dube

Jammer ek het nie fotos nie

GrootKoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 225
Gebruiker van lyn af.

Ek was al een keer daar by Hartbeeshoek en buiten dat die swak pad my woonwa uitmekaar geskud het, was die geriewe maar uiters primitief. Ek hoop darem hulle het die plek intussen opgegradeer.

Anton swift
Nuweling
Aangesluit: 03/01/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston

Ek was daar 16/17 Des 2010, en toe sommer weer oor nuwejaar. Die grondpad is seker net so 1.5km, partykeer beter, anderdag slegter, vat dit maar net stadig! Dis seker 'n geval van smaak, want ons het dit baie geniet daar. Die kinders het vis gevang, fiets gery, swem en natuurlik is daar gewoonlik 'n klomp nuwe kampmaats. Het met Braam gesels oor al sy uitbreiding planne, klink sommer lekker! Natuurlik is dit ook 'n orienteringskamp vir jongmense, die personeel wissel van 'n pastoor tot 'n sielkundige!

Anton

Isuzu 2.5DC & Swift

Toppie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 463
Gebruiker van lyn af.

Stuur asseblief die kontak nommers. Ons het die nommers by die hek gebel en geen antwoord gekry nie.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

antonmetdieslipstream wrote:

die personeel wissel van 'n pastoor tot 'n sielkundige!

 

Klink na die ideale plek om by aan te doen oppad terug van Mbizi af...  

 

Groete,

Jacques

 


 

Anton swift
Nuweling
Aangesluit: 03/01/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston

Hallo

Die nommr op die hek is veronderstel om te werk, ek het dit al paar keer gebel en elke keer deurgekom. Onthou net hulle is toe tussen 1 en 2 uur. Probeer ook vir Sulette by 083 271 7384 of info@faunavisions.co.za

 

Anton

Isuzu 2.5DC & Swift

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2655
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

JacquesR wrote:

antonmetdieslipstream wrote:

die personeel wissel van 'n pastoor tot 'n sielkundige!

 

Klink na die ideale plek om by aan te doen oppad terug van Mbizi af...  

 

Groete,

Jacques

Jaques, dit kan dalk werk ja!! Bietjie trauma beradering?

 

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Toppie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 463
Gebruiker van lyn af.

Was die naweek by Hartebeeskoek gewees. Baie mooi, party staanplekke het plaveisel. Ablusies baie skoon en modern. Baie skaduwee. Die eienaars Braam en Mimi is baie vriendelik en behulpsaam. Dis beslis 'n tweede besoek werd  

Kobus Viljoen
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/08/2010
Inskrywings: 73
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Nissan Hardbody 30TD

Ek was laas maad daar en dit baie geniet. Die warm water swembad is nou klaar maar hulle het die verwarmer te laat aangeskakel om die water warm te maak en dit was net so lou warm. Die mense is vriendelik en hulle sekeriteid is goed. Die hek word gesluit gehou en daar is wagte wat jou oppas gedeurende die nag. Die enigste probleem wat ons gehad het is dat die krag getrip het op een van die kragtoevoer bord naby die toilets. Die bedrading lyk baie verdag.

Ons gaan definatief weer daar boek

Groete

Kobus  

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 EK het al twee keer daar gekamp, Augustus 2010 en Julie 2011, regtig 'n lekker plek, skoon netjiese ablusies. Swembaddens vir die somer en mooi gelyk staanplekke. Daar is baie wild en jy kan met jou fiets ry en die wild kyk en ook sommer net lekker gaan stap en wild kyk. Die bestuur bied ook wildsritte op 'n ou bedford lorrie aan en op quadfietse. RUSTIG regtig. die personeel en bestuur is baie behulpsaam en sal tot SONDAE die rapport  vir jou gaan haal.

Ek sal beslis weer gaan, miskien net bietjie meer in die lente waneer dit bietjie warmer is.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 24 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.