Witsand Natuurreservaat (Brulsand)
Nuwe forum onderwerpe
Ook by forumlede hiervan gehoor . Was gedurende Junie 2009 daar 1) Neem die teerpad van Grobbelaarshoop na Postmansburg 2) Kry kennisgewingsbord so halfpad tussen die twee dorpe van daar so 60 km grondpad , nie te onaardig nie , meestal sanderig, maar sinkplaat 3) Die Noord-Kaap provinsie bestuur die park , maar dit is in n uitstekende toestand 4) Pragtige skoon geriewe en hier kan jy werklik die Kalahari- atmosfeer ondervind 5) Niks om te doen nie behalwe om die pragtige natuur te geniet nie 6) R140 per nag vir 2 persone 7) Hout is daar te koop
Hi Jan
Baie dankie vir jou insette dit word opreg waardeer
Groete
Arie
Hi Stofdonkie,
Ek het in 'n nuwe draad bietjie terugvoer op my nuwe Verso.
Corolla Verso terugvoer
Groete,
Jacques
QUOTE Stofdonkie - 7/7/2009 11:01 AM
Hi Jacques
Geluk ook sommer met die nuwe platkar. Hoe vergelyk hy met die Corolla?
Gesien hier is nog nie foto's geplaas van Witsand nie.
Ons was Junie/Julie 2009 daar en het elke oomblik geniet.
Die backpackers bungalows is baie basies. Sinkplaatdak rondavel, net een vertrek met twee beddens, tafel en twee stoele, koffie maak geriewe. Al die bungalows deel die gesaamentlike ablusie (skoon en netjies maar oud).
Die chalets is baie luuks. Kombuis, sitkamer, badkamer met aparte toilet, hoof slaapkamer met dubbelbed, 2 kamers met 2 enkel beddens elk. Elke kamer het verwarmer/verkoeler.
Elke chalet the 'n liefliek geteelde stoep area. Russtoele en runsbanke vir daardie lui lekker middae. Elke chalet het 'n lieflike groot braai area. Daar is ook 'n klipgeboude watergat by elke chalete en allerhande diertjies kom suip gereeld daar (bokke, eekoringtjie ensv).
Chalet se tarief is per persoon. Kan nie meer onthou wat die hoeveelheid was nie. Alle beddegoed asook handdoeke word voorsien.
Die park self het baie diere veral bokke. Daar is 'n lieflike wandelpad (twee afstande). Die wandelpad neem jou tot by die spier wit brulsand waarvoor die oord so bekend is.
Die ander duie, (sand nie heeltemal so wit nie), is 'n lieflike plek om die dag te gaan uitspan. Daar kan die kids die hele dat teen die duine opklim en weer afglei. Sandborde is te huur teen R100 per bord vir die hele dag.
Hier is 'n paar fotos van die plek.
Groetnis
Michelle
Nog 'n paar fotos:
Groetnis
Michelle
Watter fantastiese plek om te besoek! Ons het in 2007 in een van die chalets oorgebly. Ek kan dit met een woord beskryf: "Fantasties!" Net jammer dat dit darem 'n té lang ent gruispad is om met 'n gewone woonwa tot daar te ry. Andersins sou ek dit graag weer by my beplande Noord-Kaap toer wou insluit. Ek heg enkele foto's hierby aan:
Hierdie is een van die swembaddens in die ruskamp.

Een van die kampplekke onder die groot kameeldoringbome. Die ablusies van van die netjieste wat ek ooit gesien het.
.jpg)
'n Blik vanaf een van die uitkykpunte in die rigting van die brulsand in die verte.
.jpg)
Dit is makliker om teen die brulsand af te loop as op te gaan. Ongelukkig was die voginhoud van die sand tydens ons besoek te hoog om enige brulgeluide te maak. Ek het dit egter op 'n eiland in die Zambezirivier naby Katima Malilo vanjaar beleef. Dit is nogal "freaky".





.jpg)



Dankie Conie, Ons was nog altyd lugtig vir die lang ent grondpad.
Hier is die kontak besonderhede:
Witsand Nature Reserve Postmasburg
Number of sites: 20. Caravan & tent sites; hot & cold water/electric lights/power points; tariff on application
Tel: 053 313-0579
Fax: 053 313-0573
GPS: S34 23 38.0 E20 51 08.2