Vanderkloof Dam Vakansieoord
Nuwe forum onderwerpe
Vanderkloof Dam Vakansieoord
Provinsie Noord-Kaap
GPS: Kampplek S 30.0023 E 24.75143
Telefoon nommer 053 664-0198
Faks nommer 053 664-0046
E-pos adres gert@vdk.co.za
Ons het ‘n paar jaar gelede begin om ‘n alternatiewe roete vanaf Bloemfontein met die N8 via Petrusburg – en dan die R48 verby Koffiefontein en Luckhoff na Vanderkloof dam te neem, oppad Kaap toe.
Toe ons laas in begin 2008 daar was, het ons R70 per dag betaal vir 2 pensionarisse.
Die park by Vanderkloof is van die mooistes wat ons nog gesien het met die lieflikste groen grasperke denkbaar.
Die ablusies is heeltemal aanvaarbaar.
Die staanplekke is digby die water en ‘n mekka vir varswater hengelaars en boot eienaars
Ongelukkig loop hulle dieselfde pad as sovele munisipale oorde wat vinnig agteruitgaan as gevolg van swak bestuur en gebrek aan belangstelling.
Die welige groen gras word nie gereeld gesny nie en die plek word nie daagliks ordentelik skoon gemaak nie.
Ons gaan weer volgende maand daar oorbly en ek hoop iemand het die leisels bietjie vas gevat.
Sal julle laat weet.
Hi Martin,
Baie welkom tot die forum. Ons sal baie graag 'n draai daar by julle wil kom maak. Ons het 'n bestelling met mense by Vanderkloof, maar met die terug kom sal ons kyk.
groete
Ek is gevra per e-pos om bietjie meer van Kandirri te vertel onder verblyf.
Sal so maak
Groete en mooi ry.
Oooooops...
Ek sien ek mag nie onder verblyf adverteer nie, en netnou word dit as advertensie gesien as ek jul daar meer van Kandirri vertel.
Kort en klein sal ek dan net meld dat dit baie eksklusief en klein is - slegs 5 staanplekke. Koelte is maar bietjie skaars, maar wild en rustigheid is volop!
Toeganspad is gruis vir ong 1 km, baie toeganklik vir beide padwaens en 4x4. Baie groot waens mag dalk sukkel.
Groete
Ek het hierdie laterig gisteraand in die tuin geneem (met lens op Makro, die son was al agter die wolke so geen natuurlike lig, vertel my wat het ek alles verkeerd (of reg, hehehe) gedoen?
Ons het weer 10 en 11 Feb hier oorgebly. R76 per dag vir 2 pensionarisse.
Geen verandering nie behalwe dat so 30% van die gras verdwyn het. Dit is heel duidelik dat daar tente met soliede gronseile vir 'n lang tyd opgeslaan was en die gras is weg. Daar is niemand in bestuur wat reels toepas nie en die arbeiders (sic) se berekende onproduktivireit moet gesien word om te glo. Ons is lief vir die plek en sal miskien weer terug gaan, maar Oragnia kan dalk 'n moontlike alternatief wees.
Ek sou so graag weer by die eens pragtige Vanderkloof Vakansieoord wou oorbly. Ons het wonderlike herinneringe aan dié oord toe ons in 1998 daar was. Dit was 'n "moet" as jy die Noord-Kaap deeglik wil verken. Maar die September-uitgawe van WegSleep (Bl 25) skrik my heeltemal af om nou daar oor te staan. Het iemand ervaring van die "alternatiewe" kampplek wat hoër op in hierdie draad genoem word?






Net 'n klein opmerking oor die alternatiewe roete na die Kaap via Petrusburg.
Dit is inderdaad een van die mooiste alternatiewes ondanks die feit dat daar tog maar 'n paar slaggate voorkom.
Wat ek eintlik wil doen is julle uitnooi na 'n pragtige privaat wildreservaat net buite Petrusburg op die pad na Kimberley. (Sowat 12km buite Petrusburg en nie te veel van 'n draai nie)
Ons beskik oor vyf staanplekke elk met eie kragpunt en braai en daar is 'n pragtige ten volle toegeruste ablusieblok.
As dit rustigheid en pragtige natuur is waarna u soek teen R50 per persoon, is dit net die plek.
U kan vir Teska kontak by 0827814444 vir besprekings