Upington ; Oranjerus Woonwapark

Coenie van Rensburg
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Malmesbury

Eweneens deur forumlede aan ons aanbeveel . Was gedurende Junie 2009 daar
1) Is so halfpad tussen Keimoes en Upington geleë 2) Neem die Kannoneilandafdraai en van daar is rigtingtekens na die park 3) Vyfster , pragtige skoon wasgeriewe , gras oral , langs die Oranjerivier geleë 4)Muggies kan moontlik in die somer n probleem wees 5) R140 per nag vir ons twee , bespreek direk by hulle anders is die prys R20 meer vir kommissie aan die agent 6)Bring eie braaihout hulle verkoop hout van n indringer boom , maar dit is nie van goeie gehalte nie

coenie

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Dankie Coenie,
Ons beplan om gedurend Okt daar te gaan oorbly vir 2 aande. Ons het okk tot dusver net goeie verslae oor die plek gekry.
Kontak besonderhede:
Cell Kobus 082 722 5896 Bannie 083 459 1369
Tel: 054 491 1010
Fax: 054 461 2179
jhkoch@lantic.co.za
www.upington.lantic.net
GPS: Kampplek S 28.63798 E 21.11551
GPS: Afdraai S 28.6392 E 21.1185

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Ons is op hierdie oomblik Dinsdag middag)hier by Oranjerus. Die plek is lieflik soos voorheen beskryf, maar alles is die rose en maanskyn nie. Die naweek se vullisdromme staan nog op elke mooi staanplek en lok vliee. Muggis maak ons mal. Weet nog nie wat dit kos nie, maar ons sal more weer aanskuif.
Hier is niemand van bestuur hier nie en die mense antwoord ook nie e-pos versoeke nie. (Hulle het wel 'n e-pos adres, maar waarom, weet nugter alleen)

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Hier is 'n paar fotos:

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Dankie Johan,
dit verklaar miskien die gebrek aan terugvoering.
Die pamflet wat ek vanoggend daar gekry het, gee die adres as:
oranjerus@mweb.co.za
Soos my Skeinat Onnie destyds gese het. "Hou so aan, en neem die gemiddelde" Smile Smile
groete

Carel Erasmus
Ou hand
Aangesluit: 06/01/2010
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith

Hi Tyro het julle al by die Punt karevaan park gestaan en hoe lyk dit daar. Dis blykbaar n park in die middel van die rivier tussen Keimoes en Kakemas. Groete Carel

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 Hi Carel,

Ek is nie meer aktief op die forum nie, maar het vanoggend net ingeloer.

Ons was baie lank gelede laas by die Punt, maar ek kan onthou dat dit nie sleg was nie.

Hier is die notas wat ek het omtrent die plek het, as jy verder wil gesels, PM my liewer.

Groetnis

c

Die Punt Woonwapark

Kontak Johans of Marthie by Tel. 054-463 0111/3 of 082 813 7078.

Gelee tussen Keimoes en Kakamas.

Aanwysings kan gevolg word vanaf eerste aanwyser, ongeveer 23 km uit Keimoes, dan nog 2,8 km teer-

pad tot by Die Punt. Billike tariewe. Pensioenarisse en klubs kan versoek vir spesiale tariewe.

Kom en geniet die rustigheid van die groot Oranje op 'n eiland wat gevorm word deur twee strome van die rivier. Privaat woonwapark met groot skadubome en 12 grasbedekte staanplekke.

Kragpunte is beskikbaar    asook    skoon ablusieblok met opwas geriewe.

Toegangs paaie is goed.Die parkie is netjies alhowel daar baie bourommel was gedurende ons besoek.

‘n persoon wat daar ontmoet is, het aangedui dat hy nooit weer daar sou oorbly nie as gevolg van muskiete en onaanvaarbare water.

Teen R40 vir 2 persone, is dit nie sleg nie. Die ablusies was nuut uitgeverf en baie skoon. Cps

LW dit was ongeveer 2002 pryse

Twee oornagkamers, nie ten volle toegerus, beskikbaar. Vir vermaak kan jy met 'n glybaan tot onder in

die rivier gly, heeldag sit en hengel op die oewer van die rivier, of selfs met 'n kano roei. Braaigeriewe en

speelgeriewe vir kinders beskikbaar asook 'n kiosk. Ons bied u 'n ideale halfwegstasie vir Namakwalandse

blomtyd, net 'n rustige vakansie of oornag oppad na elders. Ander besienswaardighede in die area

sluit   in   Augrabies   Valle, Riemvasmaak en vele meer.

 

John and Beryl White

On to Die Punt Caravan Park, 16 km out of Keimoes on road to Kakamas, watch for board on left. Further 2.8 km of tar to camp on an island in the OrangeRiver.

Phone: (054) 463 0111 or 082 813 7078.

A working farm with 12 stands - some grassed and much shade -

next to farm residence on riverbank.

Sufficient plug points and taps, children well catered for, good and clean ablutions and wash up. Owners very friendly but their pack of fox terriers were at timestroublesome. Biting midges and flies were also a problem. R50 per night less 10 percent discount.

Die Punt Caravan Park near Keimoes. Your notes refer to "muskiete en onaanvaarbare water" at this camp but we experienced neither. What was a problem, were biting midges and flies. To be honest, biting midges and flies can be a problem at many camps on the West Coast. What does not come through is that the ablutions were of a very high standard. We would camp here again.

Carel Erasmus
Ou hand
Aangesluit: 06/01/2010
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith

Hi Tyro baie dankie ons wil graag daar gaan kamp, Ons is reeds besig om te reel vir n week of twee daar .Ek het  Johans gekontak. Daar was nie fotos van die park nie en ons was net nuskierig om te weet hoe lyk die park, of daar bome vir koelte en gras is Groete Carel.

Carel Erasmus
Ou hand
Aangesluit: 06/01/2010
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith

Hi John and Beryl thanks for your info as well.Me and Gerda are big lovers of dogs, and we olso carry our own water with us from home to be on the save side. We have never been to that part of the world, and are looking forward to the stay at the park . We [me] are new to internet and a computer and was realy hunting to find this page were i was looking for help Thanks to all Carel.

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Hallo Carel,

Die Punt is n lekker kampplek/oord wat goedkoop is. Ons karavaanklub se mense verkies om daar te staan omdat dit soveel goedkoper as by voorbeeld Oranjerus is. Die oord voldoen egter nog nie aan die minimum vereistes om gradeer te kan word nie en is daarom nog nie gegradeer nie. Die ablusie is nie naastenby op dieselfde standaard as wat die ablusie van Strekfonteindam, of Golden Gate of daardie park by die Engen Garage daar by jou is nie. Maar dit is skoon en bruikbaar. Johaans is n baie aangename mens. Persoonlik dink ek die tyd van die jaar wat jy kom sal ook n rol speel in jou keuse. Indien jy verdere inligting benodig is jy vry om my te kontak op my sel 082 821 6002.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Oranjerus is besig om 12x CCTV-kameras te installeer. Die idee is om die grenslyne asook beweging in die park dop te hou en op te neem.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Anika
Nuweling
Aangesluit: 03/11/2011
Inskrywings: 6
Gebruiker van lyn af.
Plek: Upington

Ons het die naweek (28-30 Okt 2011) by Oranjerus gekamp en dit was 'n fees!!

Sal enige tyd weer daar gaan staan.  Die manne het lekker vis gevang, daar is heerlike koeltebome met bankies en tafels. Oorgenoeg speelplek vir die kinders.  Die ablusie geriewe is pragtig skoon en baie lekker om te benut (elke stort het sy eie wasbak en spieel in - soos jou eie klein badkamertjie - jy hoef nie van die een punt na die volgende te skuif nie).

Die restaurant gee die heerlikste ontbyt @ R50 vir volwassenes en R35 vir kinders - meer as wat die meeste mans opgeeet sal kry en BAIE lekker!

Sundowners of die deck was 'n hoogtepunt en as bonus kon die manne die Rugby op die grootskerm geniet.  Ons het ons quad saam gevat en kon vrylik die oord verken.

Die swembad is baie mooi skoon.

Wat vir ons 'n groot posetiewe punt was, is die feit dat die eienaar baie betrokke is en voortdurend rustigheid op die oord bevorder (daar was die Sat middag 'n paar jong menere wat wou "sports" maak en die eienaar het dit dood eenvoudig nie geduld nie).

Oranjerus kry beslis 'n 10/10 van ons af!!

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Anika wrote:

Ons het ons quad saam gevat en kon vrylik die oord verken.

Dit klink alles baie bakgat, maar daardie sinnetjie pla my 'n bietjie.  Word dit toegelaat in die oord - ek bedoel soos in die woonwapark??  Ek beoog om Mei 2012 'n tydjie daar deur te bring en sou graag wou weet.

Brolloks
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Ons het Desember vir 10 dae by Oranjerus gekamp (malligheid, ek weet, maar ons wou ons kampvakansie kombineer met 'n kuier by die familie. Bittergal het die hitte byna nie oorleef nie!)

Daar is niemand om te help met tent opslaan nie (jammer vir die puriste, maar vir ons is dit belangrik om hulp te he). Die badkamers is pragtig en prakties uitgele, maar sover ek kon sien net een maal per dag skoongemaak, en dan ook maar bra voorlangs.  Die swembad is beslis NIE pragtig skoon nie - daar is so 'n bruinerige rand bo wat lyk of dit 'n goeie skrop nodig het. 

"Sundowners op die dek" - was is dit? "Sundowners" is sover ek verstaan skemerkelkies (cocktails) en hulle het nie so iets nie.

Vooraf het die bestuur my laat verstaan dat motorfietse en quads nie toegelaat word nie. Ek het geen quads gesien nie, maar wel motorfietse.  Daar is egter nie in die kampterrein rondgery daarmee nie, so ek dink dit is wel teen die reels.  Honde word volgens die reels ook nie toegelaat nie, maar daar was heelwat van hulle.

Dalk is ons net bederf met plekke soos Buffelspoort en Bosfontein,maar ek dink die eienaars van Oranjerus kan gerus 'n paar lesse by Deon-hulle. As jy net vir een aand oorstaan is dit seker OK (dan sal jynie agterkom hoe min die badkamers skoongemaakword nie!) maar vir 'n langer vakansie is dit nie toegerus nie.    

Brolloks
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg

Ons het Desember vir 10 dae by Oranjerus gekamp (malligheid, ek weet, maar ons wou ons kampvakansie kombineer met 'n kuier by die familie. Bittergal het die hitte byna nie oorleef nie!)

Daar is niemand om te help met tent opslaan nie (jammer vir die puriste, maar vir ons is dit belangrik om hulp te he). Die badkamers is pragtig en prakties uitgele, maar sover ek kon sien net een maal per dag skoongemaak, en dan ook maar bra voorlangs.  Die swembad is beslis NIE pragtig skoon nie - daar is so 'n bruinerige rand bo wat lyk of dit 'n goeie skrop nodig het. 

"Sundowners op die dek" - was is dit? "Sundowners" is sover ek verstaan skemerkelkies (cocktails) en hulle het nie so iets nie.

Vooraf het die bestuur my laat verstaan dat motorfietse en quads nie toegelaat word nie. Ek het geen quads gesien nie, maar wel motorfietse.  Daar is egter nie in die kampterrein rondgery daarmee nie, so ek dink dit is wel teen die reels.  Honde word volgens die reels ook nie toegelaat nie, maar daar was heelwat van hulle.

Dalk is ons net bederf met plekke soos Buffelspoort en Bosfontein,maar ek dink die eienaars van Oranjerus kan gerus 'n paar lesse by Deon-hulle. As jy net vir een aand oorstaan is dit seker OK (dan sal jynie agterkom hoe min die badkamers skoongemaakword nie!) maar vir 'n langer vakansie is dit nie toegerus nie.    

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

D Dankie v vir die t terugvoer.

Karel En Bonnie...
Groentjie
Aangesluit: 08/05/2012
Inskrywings: 23
Gebruiker van lyn af.
Plek: rustenburg
Ek sleep 'n Sprite Tourer SP met 'n Toyota fortuner

ek wil ook nie kamp waar ek na enige geraas aka quads, harde musiek, honde moet luister nie.  werk hard genoeg.  wil dan rus en vrede hê

karel & bonnie meijer

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Die voormalige bestuurspaar by Oranjerus werk nie meer daar nie. Die eienaars is opsoek na 'n geskikte bestuurspaar.

Daar word nie honde toegelaat nie, tog neem mense soms hulle honde saam. Dis een van daardie reëls wat net ingespan sal word as dinge hande uitruk. Die mense wat hul honde kan beheer en agter hul honde skoonmaak sal nie sommer 'n probleem hê nie. Die voormalige bestuurspaar se twee honde het gereeld tussen die kampers rondgeloop maar was nooit 'n oorlas nie - almal het van die honde gehou.

Dieselfde beginsel as hierbo geld vir motorfietse insluitende vierwiel motorfietse. Dit word nie toegelaat vir daardie enkelinge wat dink die bedoeling van die goed is om te jaag en te lawaai nie. Mense verken gewoonlik die kanoneiland-omgewing met hul motorfietse en ry bloot net na hul staanplek en weer by die hek uit. In meer as vyftienjaar was ek gelukkig om nog nooit iemand te kry wat in die oord op en af ry terwille van die lekker nie. Moet nou ook nie dink jy sal elke naweek iemand met 'n motorfiets daar kry nie - ek wonder of ek al in al die jare van baie gereelde besoeke meer as driekeer iemand met 'n motorfiets daar gekry het. Oranjerus is rustig.

Dit is die eerstekeer wat ek sien of hoor daar is kritiek op die ablusies by Oranjerus. Meeste mense dink dis van die beste in die land en dit was nog altyd pynlik netjies wat ek daar gewees het. Brolloks se ervaring was verseker 'n rare uitsondering gewees.

Die swembad kan verbeter. Dis altyd skoon maar dis of dit nie helder blou vertoon nie - iets met die tekstuur tedoen dink ek. Ek dink daar kan verbeteringe in en om die swembad aangebring word.

Oranjerus is myns insiens die beste van sy soort in die Noordkaap. Broadwater by Douglas is in sekere opsigte dalk beter maar dit het nie die oopte en gras om jou kampplek wat Oranjerus bied nie en ook nie gesamentlike ablusies nie. Moenie verkeerd verstaan nie, Broadwater het meer as genoeg oopte en gras - dis net nie om jou kampplek nie. Daarby is dit slegs sowat 80km van Kimberley af. Oranjerus en Broadwater is so 350km uit mekaar.

Daar word tans gewerk aan 'n klein vyfster karavaanpark op Upington. Indien die park wel 'n vyfster gradering kry sal dit teen die einde van die jaar slegs een van twee (miskien drie) vyfster karavaanparke in die land wees.

Die atmosfeer tussen die drie sal heeltemal verskil en sal mens eintlik nie dit met mekaar kan vergelyk nie. Dis in elk geval moeilik om karavaanparke met mekaar te vergelyk.

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 18 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.