Sutherland

RusselB
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1592
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kaapstad

Ek sien hulle het nou 'n nuwe woonwa park. Het iemand al daar gekamp ?

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Nee wat, onthou die WegSleep personeellede is maar min, en hulle gee eerder aandag aan die inhoud van 'n puik tydskrif as aan die webbladsy! Hehehe

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Se vir haar jy gaan dit op die forum plaas en dat jy gaan poog dat die familie resep in ander kombuise gaan voortleef!!!!! Dit sal mos wees tot haar nagedagtenis en dat sy bekendheid sal verwerf....

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

oomgert
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 787
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley Pretoria.
Ek sleep 'n Boswa met 'n Pajero 3.2 DiD

Ek dink nie so nie - miskien in die somer?

Attie Bedeker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: George

Russel

'n Kollega van my hier op George was die ander dag daar aan gewees toe hulle met 'n GS trippie daar deur is. Hulle het nie daar oorgeslaap nie, maar het wel daar gaan inloer (uit nuuskierigheid uit) en hy sê dit lyk baie netjies. Die bome is nog maar min en klein, maar hulle het groot planne en hopelik groei die bome nie te stadig nie. Die eienaars is ook blykbaar baie gasvry.

Johan Buys
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.
Plek: Randburg

Sutherland is 'n baie interessante dorpie. Ons was daar Des 2007 en behalwe vir die reen, was dit ook koud. Gereelde toere by sterrewag word gereel en almal kan gaan leer vd sterre.

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 342
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Praat julle van Sterland Karavaanpark of is dit dalk iets anders?

 www.kampsa.co.za

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Is daar enige forummiete wat eerstehandse ervaring van Sterland by Sutherland het?  Ek sou dit graag wou inpas in 'n beplande Noord-Kaap toer.  In die November 2009 uitgawe van WegSleep was Sophia van Taak ongetwyfeld beïndruk met Sterland.  Maar dit is twee jaar later.

Johannes Pieter...
Nuweling
Aangesluit: 19/07/2011
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Alberton

Wil graag weet of die pad vanaf Sutherland na Upington geteer is

Dries Botha
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1676
Gebruiker van lyn af.
Plek: UPINGTON

Johannes, alle paaie is geteer, dit hang af van hoe groot draai jy bereid is om te ry.

As jy praat van die pad vanaf Sutherland oor Calvinia na Upington is die antwoord NEE. Ek het dit so twee jaar terug met 'n groot skoeter gery en kan dit glad nie aanbeveel vir 'n twee-wiel nie. Ek sal dit graag weer met 'n gewone voertuig wil ry.

 

Vriendelike groete uit die Noordkaap.

  Dries 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 18 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.