Riglyne vir die oplaai van inligting.

Mia
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.

Ons waardeer die name en stories agter die kampplekke wat julle met ons deel. Om die inligting meer gebruikersvriendelik te maak is daar sekere riglyne wat die saak vir almal sal vergemaklik.

As julle hierby hou sal sakke sommer vlot verloop. Hou asseblief die gesprekke oor oorde in die verblyf-afdeling en plaas net die inligting hier. Moet egter nie skaam wees om jou stuiwer oor ’n oord hier by te voeg nie.

Voor jy ’n nuwe draad begin maak asseblief seker of daar nie reeds ’n draad oor die betrokke oord bestaan nie. As daar meer as een draad is, gaan belangrike inligting dalk verlore.

Wat:

1. Waar is die kampplek geleë is (Km van naaste dorp, op watter pad)
2. Die koste van die kampeerterrein toe jy dit besoek het sowel as die...
3. ... datum van jou besoek.
4. Die fasiliteite wat by die oord te vinde is.
5. Aktiwiteite wat by die kampplek bygewoon kan word (Indien relevant)
4. Laai soveel foto’s as wat jou hart begeer op om die kampeerterrein aan ons te wys.

Hoe:

1.Elke persoon het sy/haar eie opinie oor hoe hy/sy ’n kampeer plek beleef het, so wees dus asb. beleefd teenoor ander lesers se opinies.
2. Lig die goeie sowel as die slegte punte uit van die kampplek
3. Waarom sal jy die kampplek aanbeveel/nie aanbeveel nie?
4. Wees objektief! Onthou: Net omdat jou bure jou naweek vir jou bederf het, beteken dit nie die oord is swak nie.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 19 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.