Richtersveld

Gerhard Prins
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 134
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset-Wes
Ek sleep 'n Jurgens Explorer 2 met 'n Toyota Hi-Lux 3D4D D/K

Ons wil Ai-ais toe gaan deur die Richtersveld en so 3-4 nagte in die Richtersveld kamp.My dubbelkajuit is nie 4x4 nie, maar het difflock.Ek wil weet of ek gaan sukkel om by van die kampe uit te kom.Ek beplan om by sendelingsdrif oor die rivier te gaan vir die balans van ons trippie.Ek hoop daar is manne wat kan help,dankie solank.

 


Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2655
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Gerhard, ek het self al die Richtersveld deur gery met my 4x4 en nooit nodig gehad om oor teskakel na 4 wiel dryf nie, behalwe waneer ons op die spesiale [goed gemerkte] 4x4 roetes gegaan het.

Met bietjie geduld en goeie oorleg sal jy geen probleme he nie.

Gaan geniet dit voluit, in my opinie een van die lekerste vakansie plekke in ons land!

Arie

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Rodney Vincent
Nuweling
Aangesluit: 06/08/2010
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ons (ek en my vrou) was jare terug in die Richterveld met 'n V W Fox. Ons vriende was in  'n 4x4 Kombi Syncro.

Hulle wou ons nie toelaat nie maar naderhand het hulle ons toegelaat om tot by die eerste kamp te ry.

Daar het ons die Fox gelos en in die Kombi rondgery

Did you know there  is a Shoprite in Mogwase probably no further than 5 km from Manyane?

Bacchus
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.

 Gerhard, wat het van jou draad geword waar jy aangedui het dat jy oorweeg om met jou Explorer in die park in te gaan? Of is dit afgegooi - die forum is darem nie baie stabiel nie! Ek lei af jy gaan die karavaan by Potjiespram los.

In elk geval, 4x2 is nie 'n probleem nie. Wees net versigtig vir die sandpad teen die rivier tussen Richtersberg en De Hoop. Hulle sal jou waarskynlik daarteen waarsku by ontvangs - ek sal hom beslis nie met 4x2 doen nie.

Gerhard Prins
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 134
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset-Wes
Ek sleep 'n Jurgens Explorer 2 met 'n Toyota Hi-Lux 3D4D D/K

Dankie vir die terugvoer ek waardeer dit baie.Bacchus om jou vraag te antwoord,ja my eerste draad is afgegooi toe het ek gisteraand dit vinnig weer gedoen. Ek beplan om die karavaan oral saam te neem.Ek wil by Goedehoop en Richtersberg kamp en ek hoop ek sal tot daar kan ry.Ek wil nie die omgewing tart deur te probeer ry op plekke waartoe die bakkie nie in staat is nie


alit
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 583
Gebruiker van lyn af.

Gerhard, Ek het so paar jaar terug Richtersveld gedoen met ` n 4x2 en bostryler. Het by Potjiespram, Dehoop  en Kokerboomkloof gekampeer, Wou ook by Ricghtersberg oorstaan, maar het probleme met losklippe ervaar op `n stuk pad voor Richtersberg en kon net  die sleepwa daarteen uitkry met baie moeite en sukkel. By Richetersberg was ook dik sand en daar het ons ook vasgeval en moes ons die bakkie uitgrou. Vir my was Richtersberg nie `n nice kamp nie. Van die roetes is baie klipperig en jy gaan meer op 3 wiele ry as op 4 wiele. Vermy diksanddele.

Ons vertrek begin Sept op `n rit met nie Namakwa-trail langs die Oranje af en van daar na Richtersveld waar ons uitsluitlik by De Hoop gaan kampeer. (Hierdie keer het ons 4x4.)

Groetnis.
Alit
Wees altyd bedagsaam teenoor ander.

Gerhard Prins
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 134
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset-Wes
Ek sleep 'n Jurgens Explorer 2 met 'n Toyota Hi-Lux 3D4D D/K

Alit,dankie vir jou terugvoer,sal maar Richtersberg vermy en soos julle die ander drie probeer.

Groete

Gerhard


Benzan
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Moreleta Park Pretoria
Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4

Gerhard.

Ek was April in die Richtersveld. Bly maar weg by Richtersberg. De Hoop en Kokerboomkloof is vir my die beste plekke om te kamp. Neem net iets saam vir die miggies. Hulle dra jou lewendig weg. Die ablussies was altyd skoon (behalwe stof, maar jy is darm in die bos) en natuurbewaring het ons gereeld teegekom. Hulle het tot ons vuilgoedsak vir ons weggevat.

Ek sal jou afraai om die Helskloofpas te ry met 'n wa agteraan jou bakkie. Hy was redelik rof maar die res van die park behoort nie vir jou 'n probleem te wees nie. Ry net versigtig, kalm en beplan hoe jy die hindernis gaan benader. Ek het ook my bande afgeblaas tot op 1.5bar en geen pap wiel of sny opgetel nie. Afhangend van die vrag wat jy dra moet nie te pap gaan nie met die bande nie.

Geniet elke oomblik. Die park bly maar een van die met die WOW faktor.

Benzan stuur groete van tent tot tent

 

Gerhard Prins
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 134
Gebruiker van lyn af.
Plek: Somerset-Wes
Ek sleep 'n Jurgens Explorer 2 met 'n Toyota Hi-Lux 3D4D D/K

Dankie Benzan, ek weet nou wat om te doen,de hoop en kokerboomkloof sal dit wees.

groete Gerhard


Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 19 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.