Nieuwoudtville

AltenWahl
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 446
Gebruiker van lyn af.
Plek: Panorama - Wes-Kaap

Ek het die naweek na 2 parke gaan kyk op Nieuwoudtville. Ek was by die Olive karavaan park en die Nieuwoudville karavaan park. Albei lyk baie netjies en ek was eintlik heel verbaas dat so klein dorpie 2 parke kan he.

Olive is die eerste park wat jy kry en dit sit nog so half in die dorp. Daar is omtrent net so 5 plotte by Olive en hulle is lekker gelyk en het geen skaduwee bome. Die blomme was nou verskriklik mooi rondom die park. Die alblusie geriewe is netjies en skoon en daar is ook ‘n braai area en losstaande braai.

Nieuwoudtville park is nog so kilometer verder op dieselfde pad. Hier is die plotte meet tussen die bosse en almal is nie gelyk nie. Daar is darem meer bome as by Olive, maar hulle is nie baie groot nie. Die opwas geriewe is baie mooi en skoon. Die ablusie geriewe is redelik netjies, maar so bietjie ouer as by Olive. Daar is ‘n baie mooi groot swembad in die middel van die kamp. Die dame daar se dit kos R90 per nag, maar hulle laat ongelukkig dag besoekers toe.

Op die pad tussen Nieuwoudtville en Loeriesfontein is daar is ‘n waterval en so bietjie verder aan is 'n kokerboom woud. Die plaas Matjiesfontein buite Nieuwoudtville het gee vir hou toegang tot die plaas vir R14 p/p. Daar is 'n groot verskeidenheid blomme en bolplante. Hulle het ook tamatiebredie en kerrie afval bedien by hul padstal.

Ek plaas 'n paar foto's.

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Enigiemand wat onlangse eerstehandse ervaring van Groenrivier by Nieuwoudtville het? 

Sven Hugo se artikel oor Namakwaland (WegSleep - Julie 2010) gee 'n kort beskrywing van hierdie klein kampplekkie wat nogal aangenaam klink.  Maar ek het nou-al geleer dat my maters op hierdie forum se ervarings van kampplekke 'n meer gebalanseerde opinie is.

Ek wonder maar net of daar nie dalk vanjaar blommekykers (wat deelneem aan hierdie forum) by Groenrivier oorgestaan het nie.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 18 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.