Kgalagadi se ablusies
Nuwe forum onderwerpe
Ons was in die afgelope vakansie soos vele ander vir 2 weke in die kalahari waarvan 1 nag by tweerivieren,4 by nossob en 2 by mata mata.Die besprekings is 'n jaar vooruit gedoen,ons het betaal vir staanplekke met krag.Die sports het sommer al by 2rivieren begin toe ons nie 'n staanplek met krag kon kry nie, hou in gedagte ons is 2 families, elkeen met sy eie goed en so ook staanplek.Ons kry op die ou end 'n staanplek en trek toe krag van een van die bure af,dit was toe al laat en ek was redelik moeggery.Die aand by die ablusies is daar nie warm water nie,nou moet julle weet ek het drie vroumense in my gesin.Wat my opgeval het is die gebrek aan beheer by die kampplek,mense staan waar hulle wil,dis tien teen een iemand wat nie eers vir krag betaal het nie, wat sommer net so 'n staanplek gevat het(first come first serve).By nossob het ek krag gehad en 'n baie lekker staanplek, maar die toestand van die ablusies is pateties.Die hakies is afgebreek,een stort is verstop en dan die gebrek aan warm water.My vrou was net een oggend gelukkig om warm water te kry. Buite een van die geboue was n verstopte drein wat al oorgeloop het.Mata mata was die swakste van die lot,jy kan nie jou klere ophang nie, daar is nie eers bankies nie, die handeseep by die wasbakke en die handdoek papier was leeg, o ja weereens 'n gebrek aan warm water.Die kampers het vreeslik onder mekaar gekla oor hoe swak en agteruit alles was, maar tog lees ek nie dat enige iemand iets daaroor se nie.Dit was ons eerste keer in die Kgalagadi en omdat die plek adverteer word met staanplekke met krag en ablusies met warm water het ek my karavaan se storttent by die huis gelos(groot fout). Wat sal dit sanparke kos om die ablusies net in stand te hou,2 ekstra geysers wat hulle net gebruik in die hoog seisoen,die res van die tyd kan dit af wees.Die grootste ripoff vir my was die nagrit by mata mata.Die gids ry net in die rivierloop af,hulle weet mos die diere gaan nie in die aand in so 'n oopte bly nie,hulle gaan skuil in die veld.Ek het gedink hy sal ry waar ons nie mag ry nie,verder word die soeklig gegee vir enige 2 passasiers om die ligwerk te doen,dit was 'n ramp,so wees gewaarsku,daar is beter maniere om R550 te spandeer.Nietemin was dit onvergeetlik en sal ek weer gaan(beter voorbereid natuurlik).Ek wil net weet wat was ander se ervaring
Gerhard
Ek was September 2009 in Kalagadi Oorgrenspark se Twee Rivieren Kamp en het netso 'n swak ervaring met Bestuur se gebrek aan kontrole gehad. Ek het die ondervermelde skrywe aan die Toerisme Bestuurder van die Park, Dupels Erasmus, gestuur en plaas ook sy antwoord daarop.
Ek is teleurgesteld om te verneem dat na 'n jaar is bestuurs-kontrole nog steeds hopeloos en dit kan nie geblameer word op onopgeleide ("voorheen benadeelde") personeel nie - kyk na die name van e-pos adresse op SanParke se antwoord.
Len
------------------------------------------------------------
-----Original Message-----
From: Len Loader [mailto:
Sent: 10 October 2009 03:33 PM
To: '
Cc: '
Subject:
Attention Mr. Dries Engelbrecht, Arid Parks Regional Manager & Mr Nico van der Walt, Kgalagadi Park Manager
Gentlemen
I have just returned from my first visit to Kgalagadi, a dream that I have been waiting for many years because of the poor access roads to Kgalagadi. Now that the road to Twee Rivieren had been tarred, I thought my turn has arrived ! I have been an avid caravan camping supporter of Sanparks' parks over the past 40 years because of its overall neat, cleanliness and tourism excellence. My first experience at Kgalagadi's Twee Rivieren Camp was disappointing to say the least.
In support of my criticism, please find the following attached images of the ablusion facilities at this camp :-
Image 35 : This filthy mop was used to clean urine leaking from a faulty urinal in the gents ablusion while the same mop was used to clean the shower cubicles !
Images 36 : The leaking urinal was unattended to throughout our week long stay at Twee Rivieren.
Images 37 to 39 : The continuous status of shower cubicles during the day. Although this has been caused by some non-caring tourists in rainy conditions, it should not be a reason why other loyal, supportive Sanpark tourists have to be confronted with. "Cleaning" (if at all it can be called cleaning) can not be done once in 24 hours if the facilities are used by many campers on a 24/7 basis.
Image 40 : For the duration of our 8 day stay at Twee Rivieren, only one of six fluorescent lights were operational. Also, note the bird mess on the roof trestles (also on the floor and hand basins, not seen in the image) because no automatic insect netting doors are provided at the bathrooms - birds and insects fly in and out !
I wanted to report the matter during my stay to the camp manager, but at Reception I was advised that he was not available. I asked who was the
Other matters :
Lights in the camping area were damaged (close to my stand I found two) with power cables only secured by tape. These light poles are not even 1m high and can become extremely dangerous to specifically children playing around. From the condition of the light poles it is clear that it has been non-operational for a long time.
The camping area in Twee Rivieren is placed right next to the main entrance, at a t-junction to the game area. Continuous dust coming from the road caused by moving traffic is a terrible experience. Can the camping area not be screened off from the road in some or another way ?
The placement of power outlets in camping areas remain a Sanparks riddle as it is not placed in an orderly manner throughout the camping area. This results in campers using long power leads all over the camping area which is a dangerous hazard.
The gate leading from the rest camp to the park opens only two-thirds of its maximum opening position which is a risk to vehicles passing through. The reason for this is that sand gathering in the gate-swinging area is never cleared and the opening area becomes smaller and smaller. Although a minor item, it is clear that no Sanparks official is concerned about this.
Although it is appreciated that the first leg of the road to Nossop is closed for upgrading, more should be done to accommodate game viewing by tourists during this exercise. Why is the Nossop road closed at Samevloeing and not at the point where upgrading is taking place ? Or, why can the one way road between Leeuwdrill and Houmoed not be opened in the opposite direction ? Other smaller non-entrance roads should be considered to be opened for game viewing while the upgrading is taking place on the Nossop road. It is extremely boring to drive up and down the same road.
It is a well known fact that road conditions in the park are extremely poor. We experienced the grading of the Mata-Mata road as well as the sweeping with tyres, only to find that within two days the same road was corrugated again. Continuous grading is a waste of money and a more lasting solution will have to be considered.
The outsourced shop in Twee Rivieren is disgusting with its prices - R1,35 for a paper bag, R208 for an infant's baby grow and R43 for a bottle of shampoo ! The distance from Upington is a reality and is appreciated, however, this shop is taking matters too far !
Twee Rivieren is the first Sanparks main camp I have come across where you cannot sit down during the day and have a beer, milkshake, pie or hamburger !
I trust you will find this information informative.
Len Loader
Client number 130056245
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
From: Dupel Erasmus [mailto:DupelE@sanparks.org]
Sent: 12 October 2009 02:09 PM
To:
Cc: Dries Engelbrecht; Nico van der Walt; Willem Feris; Riaan Franken; Henry Heyns
Subject: RE; KGALAGADI VISIT
Dear Mr.Loader,
Thank you for your constructive email, and yes I do recall our conversation on the specific day mentioned and thank you for the conversation. First and foremost I would like to apologize for any inconvenience that you had to endear during your visit, and can assure you of management’s intent to rectify matters indicated by yourself within the ambit of human and financial resources. The issues raised are valid and I would like to indicate that actions are put in place to address the general hygiene issues within the ablution facilities as pointed out by your self. All of the ablution issues and general concerns have been addressed with the camp manager at Twee Rivieren.for immediate resolve.
The other technical / maintenance issues will and has already been addressed with the technical department for rectification, and I do have to indicate that they do form part of the ongoing maintenance / development plan for the specific camp such as the lights which are currently being replaced, as well as all the electrical distribution boxes within the camping area that is receiving attention, as well as the possible screening of the camping site from the entrance road, without going into the detail of the plan. However you are absolutely right that management need to exercise more effective oversight, and this is also been enhanced.
The road closure involves the possibility of alternate routes for valued tourists, as you rightly indicated to maximize the opportunity for drives by tourists, but in the same we do have to be aware of ecological impact of such. The issue around the pricing strategy of the concessionaire responsible will again be raised with the relevant body responsible for further action, and yes the Kgalagadi roads do pose a challenge for management,
I would again like to thank you for your constructive input which is appreciated and hopefully we will be in a position to welcome you back to the wonderful Kgalagadi, and trust that you find the above in order.
Kind and sincere regards,
DUPEL ERASMUS
TOURISM MANAGER
email; dupele@sanparks.org
Hallo Len
Dankie vir jou terugvoer,terloops hulle werk steeds aan dieslfde stuk pad.Alles wat jy in jou skrywe genoem het is steeds soos dit was verlede jaar.Ek stem ook saam dat dit vrek vervelig is om elke dag of noord of suid te ry.Wat sal dit kos om veldpaaie te maak rondom die kampe soos bv in die Pilanesberg. Die 4x4 klubs sal te graag die paaie vir hulle maak,sonder om die omgewing te verniel.
Ek gaan vir Dupel Erasmus ook n briefie stuur.Ek wil net noem dat ons nie klakouse is nie,maar ons is betalende kliente wat hard werk vir ons geld en niks word aan ons uitgedeel nie, so daarom voel ek,ek mag maar kla.
Boskamper moenie kos probeer koop by die winkels nie,amper alles is verby sy rakleeftyd,wees selfversorgend.Groete
Gerhard & Len. dus teleurstellend om te verneem dat Kgalagadi ook besig is om te gaan. En ja al wat mens kan doen is om te kla en jou griewe uit te lig. Gerhard, ek stel ook voor dat jy jou ervarings ook aan SANperke in Pretoris rig.
Julle maak my nou skrikkerig vir my volgende besoek aan Kgalagadi. Ek het Apr/Mei 2002 vir die eerste keer in Kgalagadi gaan kamp. Twee Rivieren se geriewe was redelik tot goed, Mata Mata se ablusies was pas oorgedoen en inderwaarheid baie goed en Nossob was vir die mans 'n nagmerrie. Hulle was besig om die mans se ablusies oor te bou en ons was aangewese op 'n tydelike ablusie-fasiliteit wat van powere gehalte was. Die dames kon reeds hul nuwe ablusies gebruik - alhoewel dit nog half-voltooid was.
Toe het ons weer Aug/Sep 2004 in die park gaan kamp - slegs Mata Mata en Nossob. Ek kon nie glo hoe vinnig Mata Mata se ablusies agteruit gegaan het nie. Maar dit was nog 'okay'. In Nossob het ons weliswaar die nuwe ablusies kon gebruik, maar ek moes by geleentheid by Ontvangs my ontevredenheid gaan uitspreek omdat die ablusies nie gediens word nie.
Omdat Kgalagadi intussen so populer geword het, het ek gereken dat daar darem 'n verbetering in kampbestuur sou wees. Ek onthou Len Loader se terugvoering van voorheen op die forum. Mens sou verwag dat daar iets daadwerklik aan die aangeleentheid gedoen sou word. Ek is vir die laaste week in Maart in die park bespreek. Dit is juis in die skoolvakansie omdat vriende wat ons vergesel (en wat vir die eerste keer gaan) nog gebonde is aan skoolvakansies. Gerhard Prins se kommentaar laat my nou ernstig wonder of dit so 'n goeie idee is om die park tydens 'n skoolvakansie te besoek.
Ek was presies 'n jaar gelede by Tweerivieren en Nossob en het nogal kommentaar gelewer oor die goeie geriewe, alles was altyd skoon en blink (hulle het nie die roes wat ons by die see het nie!), en alles was in goeie werkende toestand. Nas Parke was altyd bekend vir hulle goeie geriewe. Dis jammer om te hoor dat alles so vinnig agteruit kon gaan. Miskien het hulle op daardie stadium net 'n slegte tyd (met personeel miskien) gehad. Ek hoop dit was 'n uitsondering, Kgalagadi is 'n besonderse plek. (Ons het, terloops, ook by Rooiputs aan die Bots kant gekampeer waar daar slegs 'n long drop en verder niks is nie, nie eers water nie.)
Ons het dieselfde swak stand van sake (staanplekke en ablusies) onlangs in Kruger ervaar (ons het by verskeie kampe gekamp).
Ek het die saak met SAN Parke opgeneem - hulle het vir my 'n mooi briefie terug geskryf - maar nog steeds is daar probleme volgens my buurman wat tans in die Kruger kamp.
Ek hoop nie ons raak nou soos die politiek nie waar 'we did discuss' gesien word as die oplossing van die probleem! Help nie jy 'discuss' net heeltyd nie - iemand moet iets fisies doen!
Caio
Ek kan net meld dat ek nou onlangs (5 - 15 Aug) by Wildernis Nasionale Park (Ebb & Flow) gekamp het. Dieselfde oorhoofse instansie as Kgalagadi en Kruger naamlik SANParke. Die geriewe, en alle ander fasiliteite, was uitstekend. Indien Kglagadi dan dermate agteruit gegaan het, is dit beslis 'n geval van plaaslike ruskampbestuur. Ek was ook einde April in Kruger - wel nie gekamp nie, maar my tog gaan vergewis van kampgeriewe (insluitende ablusies) in Letaba en Pretoriuskop. Dit het van goeie gehalte en absolute netheid getuig. Maar ek het ook al by geleentheid die teenoorgestelde in Satara beleef
Soos bo genoem het ek ook al in Kgalagadi die kort strootjie getrek t.o.v. ablusiefasiliteite. Ek vra myself af (en ek wys 10 vingers na myself) - is ons nie soms te krities nie?
Miskien moet ek lliewers gaan vis vang, al brand my hart om Kgalegadi te gaan beloer.
Ek stem saam met Stoffel dat die agteruitgang in die Kgalagadi se kampe baie te doen het met die plaaslike kampbestuur.Dit is een ding om elke dag die ablusie skoon te maak,maar die eintlike werk is om toe te sien na die stand van die geriewe.'n stort wat verstop is kan mens nog aanvaar,maar 3dae later verwag jy dat dit herstel sal wees(of ten minste 'n kennisgewing).Wat sal dit kos om los bankies in die storte te sit,die handeseephouers en handdoekpapier te hervul,ons betaal immers daarvoor.
As ek weet ek gaan bos toe dan rig ek my daarvolgens en vat die plek soos dit kom,maar as 'n plek bemark word met sekere fasiliteite,dan verwag ek nie dat dit nuut moet wees nie,net skoon en in 'n werkende toestand.Sanparke weet presies watter tyd is hulle "peaktyd" en moet dienooreenkomstig optree.Sanparke doen na my mening steeds goeie werk, maar ongelukkig is hulle 'n staats instansie en sal ons sekere probleme kry.
Ek sal weer Kgalagadi toe gaan en mense wat wil gaan moet gaan,want dit bly 'n belewenis,wees net voorbereid,ek glo dat die geriewe wel opgegradeer sal word,die vraag is net wanneer?
groete
My siening van Kgalagadi !
Ek het hom vanaf Botswana kant aangepak. Hier en daar het ons dam werkende kampe gehad maar was in u gehawende toestand. Na die 3 de kamp het ons maar besluit om ons eie badkamers op te slaan en ons was verseker van warem water en skoon geriewe.
By een Kamp was ons gekonfronteer oor hoekom ons nie die geriewe wou gebruik nie. Toe wys ons al die foute uit. Daarna was ons uitgelos. Net die feit dat daar geriewe is, wil jy dit graag gebruik. Dis hoekom jy betaal.Dit raak so vervalle dat ons genoodsaak was om ons eie geriewe te gebruik. Dit was net meer moeite gewees vir ons,maar was gelukkig om in so posiesie te sit met ons Explorers wat gas geysers en badkamer tente het.
Verder kan ons nie kla oor die park. Ons het die park vanaf Tshabong se kant deur gewerk. Nou wil ons u ander roete probeur en hoop dat al die ablusie probleeme uit gesorteer sal wees as ons weer gaan.
Eddie
Het sopas my deposito betaal om volgende jaar tydens die paastyd Twee Rivieren toe te gaan. Ek sal julle terug voering gee oor die stand van sake. Ek hoop maar dat dit net skoon is ek gee nie om as dit oud is nie, maar skoon moet dit wees!
Thomas
Tweerivieren se ablusies was skoon en netjies toe ons nou Julie daar was.Die probleem was die gebrek aan warm water,veral by die vroue.Die kamp raak baie besig weens sy ligging.Probeer vroeg daar wees en jy sal n lekker staanplek kry en stort vroeer as normaalweg.Soos ek reeds verduidelik het staan jy waar jy wil en as jy laat kom soos ons moet jy maar met die minste tevrede wees. Gelukkig skuif die mense in die oggend na die ander kampe en kan jy dan 'n beter site kry.Ons het bv langs 'n drein gestaan wat nie te wel was nie,gelukkig het ons die volgende oggend Nossob toe gery.
Geniet dit al is dit nog 'n paar maande
groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Airbus
- Johan Coetsee
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- Gypsey King
- chris dupreez
- Eddie Laing
- BenA
- Corné Wagemaker
- Kobus Snyman



.jpg)







Ek sleep 'n Enig-iets wat gehaak kan word en wil saam, See toe, Bos toe, Berge toe, Plaas toe of sommer net kuier. met 'n Colt 2.6 4x4, Colt met Forkie aandrywing
Dankie Gerhard vir die inligting ek wil daaikant toe, maar sal voorbereid wees, sal meer saamvat as wat ek beplan het.
Sal ok laaik om te weet wat hulle doen met diegeld vir die kwansuise opgradering en beter geriewe waarvoor die pryse so skerp gestyg het by al die kamp-plekke van nasionale parke.
Tjops, doringkole en goeie geselskap innie natuur daai's nou eers lekke