Calvinia ; Klipwerf Woonmapark

Coenie van Rensburg
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 144
Gebruiker van lyn af.
Plek: Malmesbury

Ons het by die park op aanbeveling van lede van die forum gedurende Junie 2009 besoek;
1)Is binne die dorp geleë, maar dit het nie vir ons n probleem verskaf nie . 2 ) Het 3 staanplekke , elk met sy eie wasgeriewe (toilet, stort en wasbak) 3) Uitstekend kamp 4) R100 per nag vir ons twee en dan is braaihout ingesluit wat alreeds op die braai gepak is en al wat jy hoef te doen is om die papier en fynhout aan die brand te steek

coenie

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Dankie Coenie,
Ons hoop om ook so teen November daar aan te gaan. Jy laat die plek lekker klink.
Kontak besonderhede:
Viola Rheeder
083 229 5707 027 341 1126
16 Paul Krugerstraat

Mike Bayley
Nuweling
Aangesluit: 11/01/2010
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Cape Town

Dankie, Coenie,

Ons hoop om Mei maand daar 'n draai te maak, wonder of daar nog so 'n plekkie is by Kenhardt, ons verkies om nie baie ver op 'n dag te sleep nie, anders raak ons te moeg, so ons wil graag by Kenhardt ook oornag oppad Augrabies toe.

Groete, Mike Bayley (beetle1@telkomsa.net)

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1045
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Daar is 'n munisipale park in Kenhardt (langs die hoofweg).  Vroeer jare was dit nogal heel skaflik.  Gesien in die lig van die toedrag van sake in die oorgrote meerderheid van hedendaagse munisipale parke, het ek ongelukkig my bedenkinge.  Maar wie weet - dalk verras dit mens.

Ek beplan om op 24 April daardie pad te ry (vanaf Augrabies na Klipwerf in Calvinia) en sal gou vinnig in Kenhardt inloer en jou laat weet in watter toestand ek die park gevind het.

Ek het in Mei 2007 in een van Klipwerf se selfsorg chalets oorgebly.  Vriendelik mense en netjiese akkommodasie.  die eienaar het toe vir my die woonwa-staanplekke gaan wys en ek was baie beindruk.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 17 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.