Augrabies | Sleep na waar die Oranje raas
Nuwe forum onderwerpe
Augrabies | Sleep na waar die Oranje raas
Die terrein van Augrabies, een van Suid-Afrika se klassieke parke, is onlangs opgekikker. Kom kyk wat jy nou alles kan sien en doen.
Hierdie park is nie in die buiteland nie.
Dalk kan die string geskuif word na die Noordkaap afdeling.
Hi ek soek inligting soos 'n website vir die Kanon Eiland by Upington is daar dalk iemand wat my kan help.
Baie dankie
Linda
Linda,
ek glo nie eers die plek het selfone nie, wat nog websites !!! 
Linda , Oranje Rus oord op of by Kanoneiland het 'n website: www.oranjerus.com.
Die probleem met Augrabies is jy staan langs die grasperkke op die gruis en jy kamp ook nie daar vir meer as twee dae nie .
Groetnis
Leon
Baie dankie vir die inligting, sal gaan kyk op die website.
Groete Linda
Linda, ek sien nou eers jou navrae. As jy steeds inligting benodig moet jy maar net laat weet. Kyk gerus ook by Upington.net; Upington.co.za en Upington.com.
Hier is 'n paar goeie oorde as jy belangstel. Die aanbeveling sal afhang van die tyd van die jaar en die tydperk wat julle hier wil wees.
Hi Dries, Ons gaan volgende jaar Maart gedurende die skoolvakansie so af toer vanaf Sasolburg tot by Strandfontein en ons eerste oorslaap is op Kimberley vir 2 dae en dan Upington ook vir 2 dae wat ons wil gebruik om na die Augrabiese watervalle toe te gaan en na die plase in die omgewing en dan verder af te toer tot by ons bestemming.
Ons sal seker moet begin om plek te bespreek by die verskillende kampeerplekke om solank die depositos te kan betaal want ons gaan met 'n karavaan en tent en is 2 gesinne.'
As jy vir my nog inligting kan gee sal ek baie dankbaar wees.
Groete Linda
Linda. eerstens hoef jy nie te bespreek nie, ook nie by Augrabies nie. Die kans dat Augrabies vol sal wees is baie klein, indien wel (amper onmoontlik) is daar baie opsies om Augrabies. Augrabies is net vol as daar 'n vloed is.
Jou lekkerste plek gaan Oranjerus wees waar jy ook nie hoef te bespreek nie. As jy net na die valle wil gaan kyk kan jy dit oorweeg om by Oranjerus te bly en net vir die dag uit te ry na Augrabies (so ongeveer 80km).
Sou jy verkies om een nag by Oranjerus te bly en een nag by Augrabies kan jy meer tyd in en om Augrabies spandeer waar die plase net so indrukwekkend is (eintlik meer sal daardie boere sê) as by Kanoneiland. Daar is baie te sien in die Upington/Kanoneiland omgewing en net so baie in die Kakamas/Augrabies omgewing.
Jy's gewaarborg dat julle dit sal geniet!
Hi Dries, baie dankie vir jou inligting, soos die tyd nader kom sal ek weer op jou knoppie druk as ons sukkel om dalk plek te kry. Sien baie uit om daardie geweste te leer ken, was nou al baie keer in Kaapstad self en omgewing en wil bietjie die ander helfte van die Kaap Provinsie ook sien, wil ook na na Tulbach en Worcester en Ceres toe gaan.
Hoop die tyd gaan genoeg wees.
Weereens groot dankie
Groete Linda







Hi,
Hoekom is die net 'n "Besoeker" as dit een van WegSleep se admin mense is hoekom is die inligting nie daar nie?
Die "link" skakel dui vir my aan dat dit een van WegSleep d=se admin mense behoort te wees?
Hoop julle soek na ons ou inligting.