T O Strand

taeros
Nuweling
Aangesluit: 04/11/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sabie. mpumalanga

Ons Julie vakansie was die beste wat ek nog gehad het alles te danke aan die personeel en gerief van die kampterien by TO Strand ek kan dit vir almal aanbeveel , dit was my eerste kampvakansie en glo my ons gaan terug . Die badkamers is pragtig skoon,krag en water punte , skoon groot kamp plekke en veiligheid in en om die kamp is baie goed , in die aand patroleer wagte met honde die kamp .

Studente groepe kom skoolvakansies by die kamp bly en bied aktiewieteite vir die kinders aan , die strand is skoon en lekker vir swem . Die vis het nou nie so lekker gebyt nie maar dit is beter as n dag by die werk.

Port Edward  is n klipgooi van T O Strand met alles wat n mens mag nodig het , supermark , bottelstoor , apteek en banke .

Ek sal se dit is die ideale vakansie plek.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

 Dit klink goed Taeros!

Kan jy moontlik 'n paar fotokies plaas?

 

Groete,

Jacques

 


 

taeros
Nuweling
Aangesluit: 04/11/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sabie. mpumalanga

Ja met groot graagte , byt net so bietjie vas ons hol so bietjie rond maar sal tyd maak oor die naweek

taeros
Nuweling
Aangesluit: 04/11/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sabie. mpumalanga

Andre Lotter
Nuweling
Aangesluit: 11/04/2010
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ek kamp al vir baie jare by TO strand. 'n Beter kamp oord lanks die Suis Kus van Natal sal jy nie maklik kry nie. Gaan dan ook doe Desember 2010 daar kamp, en sien geweldig uit daarna.

My twee seuns, nou 20, en 23 jaar oud praat nou nog van "poppekas" en die vermaaklikheid wat die studente aanbied het, gedurende die skool vakansies. Nou dat die seuns nie meer in die huis is nie, en nie meer saam met hul pa vakansie hou nie, gaan ek nog steeds terug na T.O.Strand toe. 

Hierdie oord is beslis 'n instelling vir my en my gesin, en alhoewel die oord geskoei is op mense met kinders, is die oord van so aard dat ek en gesin altyd daar sal gaan ontspan.

Groete

Andre Lotter   

Andre Lotter

 

taeros
Nuweling
Aangesluit: 04/11/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sabie. mpumalanga

Hi Andre ,

Die is verblydend om te hoor die kamp bestaan al so lank en het nog nie verander nie , my kinders is nog klein so dit gaan waarskynlik ook n instelling word by ons ,

Lekker kamp

hoop ons sien julle eendag daar

Andrew

Ben du Raan
Nuweling
Aangesluit: 10/03/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: vaalpark
Ek sleep 'n gipsey regal met 'n hyundai

Ek was nou 2 jaar na mekaar by TO  dit is n lekker en veilige kamp plek, ons was verlede jaar 3 maande daar deur die winter, net jammer die ander mense wat daar kampeer drink in die oggend suurlemoen sap in plaas van koffie. Ons gaan diejaar  Tugela mond toe

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 559
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

Dagse kampers
Ek het almal se komentaar gelees ek het nog nooit daar gekamp nie ek wil net vra hoever is die strand van die kampgronde af of is dit ook soos scoties waar jy amper op die see kan opslaan in watse dorp le die to strand as jul my kan help sal ek bly wees en so terloops waneer waai die wind die minste in daai geweste was al daar in die omgewing maar di wind waai maar kwaai hier in sept en okt water maand sal jul aanbeveel

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Ben ek was so twee weke gelede daar. Ne gekamp nie, slegs gou daar ingery om te kyk. Dit is nie soos scotties nie. Daar is naby die kantore so paar staanplekke wat sommer so oop en op die gras is. Verder is al die ander staanplekke in die bosse.  Jy gaan nie die see of son sommer sien nie, Dit is regtig mooi en ek beplan dat my eerste see kampvakansie daar sal wees. Ek het nie strand toe gestap nie, maar ek dink nie dit is ver van die strand af nie. Hang ook seker af watter staanplek jy vat, want daar is mooi staanplekke daar diep in die bosse wat seker bietjie verder se stap gaan wees see toe.

kamp 

 

taeros
Nuweling
Aangesluit: 04/11/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sabie. mpumalanga

 Een ding wat ek in my lewe al geleer het is om nie iemand op sy baadjie te takseer nie , en ook nie komentaar te lewer oor iets wat ek nie van weet nie, wat ek probeer se is as jy nog nie op die lekker gras staan plekke gekamp het  en in die mooi skoon badkamers gestort en geskeer het en saam met jou kinders vroeg in die oggend gaan vis vang het op die strand nie moet jy liewer stil bly . Ja daar is wel nie n see uitsig nie maar daar is baie beskeriming teen die wind, ons was daar gewees laat n mens nie op die strand kam loop so waai die wind , kom jy in die kamp dan weet jy nie daar is wind op die strand nie. Skadu is daar ook baie ons hou nie almal van son nie en ja n mens moet n entjie stap strand toe , maar dit is goed dit help om jou gewete te sus oor daai extra groot roomys en die extra paar skaap tjops wat jy genuttig het . 

Die ding wat vir my uitstaan soos n paal bo water is die moeite wat die personeel doen om alles veilig en skoon en netjies te maak en te hou. Ek dink nog steeds T O Strand is die beste.

Ek kan dit vir almal aanbeveel.

taeros
Nuweling
Aangesluit: 04/11/2010
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sabie. mpumalanga

 Een ding wat ek in my lewe al geleer het is om nie iemand op sy baadjie te takseer nie , en ook nie komentaar te lewer oor iets wat ek nie van weet nie, wat ek probeer se is as jy nog nie op die lekker gras staan plekke gekamp het  en in die mooi skoon badkamers gestort en geskeer het en saam met jou kinders vroeg in die oggend gaan vis vang het op die strand nie moet jy liewer stil bly . Ja daar is wel nie n see uitsig nie maar daar is baie beskeriming teen die wind, ons was daar gewees laat n mens nie op die strand kam loop so waai die wind , kom jy in die kamp dan weet jy nie daar is wind op die strand nie. Skadu is daar ook baie ons hou nie almal van son nie en ja n mens moet n entjie stap strand toe , maar dit is goed dit help om jou gewete te sus oor daai extra groot roomys en die extra paar skaap tjops wat jy genuttig het . 

Die ding wat vir my uitstaan soos n paal bo water is die moeite wat die personeel doen om alles veilig en skoon en netjies te maak en te hou. Ek dink nog steeds T O Strand is die beste.

Ek kan dit vir almal aanbeveel.

rixster
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/12/2009
Inskrywings: 52
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ons beplan ook om volgende jaar ons eerste seekamp by TO strand te hou.  Taeros, dit is soos jy se, daai vroeg oggend visvang saam met jou kinders is baie spesiaal.  Ek onthou hoe ek as klein dogtertjie elke oggend saam met my pa gaan visvang het, en ek kan nie wag om dieselfde vir ons kinders te gee nie.  Dis memories daardie wat mens tot in 'n mens se oudag saamdra.  Ek is sommer self so opgewonde soos 'n klein kindjie as ek net dink aan 'n seekamp!

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 20 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.