Silverstreams Holiday Resort. Garden Castle. Drakensberg. Underberg/Boesmansnek omgewing.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Het enigiemand al van hierdie park gebruik gemaak om te kan kommentaar lewer? Ons beplan om Desember daar te gaan kamp. Het op die park besluit omrede daar net tien kampplekke in aangrensende KZN-park is en sonder krag. Die tariewe is ook volgens my mening billik. R250-00 per nag vir vier persone, krag ingesluit. Groete aan almal.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 120
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

Hi Willie,

Ons wil ook graag in Des na Silverstream Holiday resort  toegaan. Sal graag die kommentaar volg om te sien wat almal aanbeveel. Ek het vandag op www.­southern-­drakensberg se web gaan loer en die omgewing lyk indrukwekkend - iets om te sien as die prentjies nie jok nie..­co.­za 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ons het in April 2007 hier gekamp oor die Paasnaweek uitsluitlik om die Sani pas te gaan ry.

Baie lekker. Baie gras en riviertjie wat langs die kampterrein verbyloop. As ek reg onthou was die ablusies aan die ouerige kant, maar skoon.

Dit het baie gereën terwyl ons daar was.

Dit was 'n mooi grondpad tot by die kamp, waarvan die laaste 500m 'n tikkie sleg was. Niks wat jou wa sou breek as jy dit stadig en versigtig hou nie.

 

Groete,

Jacques


 

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 120
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

Hi Jacques,

Baie dankie vir jou terugvoer.

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dankie Jaques. Koeltebome? Is, of nie baie nie? Ons beplan ook om so drie keer in Lesotho in te beweeg. Een keer oor die Sani pas en so twee keer oor die Matabeng pas by Sehlabathebi. Sien baie uit daarna.

Nonna, gaan kyk hul webblad op www.silverstreams.co.za.

Groete julle.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hier is 'n paar fotokies van die kamp.

 

Groete,

Jacques

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Jacques,

Dit lyk na 'n rustige kamp waar mens net lekker kan rus, en dit is 'n pragtige oord. Hoe ver is hy van die N3 snelweg af om een aand daar te oornag? "Miskien" kan mens dalk eenkeer dit oorweeeg, alhoewel ek nie tyd mors nie en regdeur ry.

Ek kan verkeerd wees maar tog iets wat kan help vir WilleWillemien en Nonna hulle met aankoms. Ek sien op die een foto wat die ouens verlengde koorde gebruik, is daar van die kragbokse wat bietjie ver is van die staanplekke? Dalk moet hulle voorbereid wees op dit om veilig te speel hmmm...ek meen kamp.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3484
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Ryno,

Inderdaad 'n lieflike kamp. Ek sal 'n lang koord aanbeveel.

Ek't gou op my Garmin sagteware gekyk. Hy is so 156km van die N3 af as mens by Howick afklim. Verder aan kus toe kan mens sekerlik oor Kokstad ry Port Shepstone se kant toe.

 

Groete,

Jacques

 


 

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Jacques,

Dankie vir die terugvoer. Die afstand is maar bietjie wyd om weg te swenk net om te oornag, maar vir my is die afstand gelukkig nie ver om regdeur te ry Suidkus toe nie.

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dankie Jaques. Ek begin al hoe meer uitsien na Desember.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 120
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

eish , ja baie dankie vir die inligting en foto's

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Nonna

Ons is vanaf 11-22 Dec daar. Gaan groot kamp opslaan saam met swaer-hulle. Ek sien ons woon nie ver van mekaar nie. Kyk Dec uit vir my wit Pajerotjie as ons tye oorvleul.

Groete daar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 120
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

Hi Wille Willemien,

Ja dit sal lekker wees om julle daar tesien. Ons wil so vanaf die 20ste Des tot die 3 Jan daar staan.

Julle moet veilig ry. maar die beplanning is mos die lekkerste en dan die uitsien na die groot trek.

Hanz Zwiegers
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/04/2010
Inskrywings: 146
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

 En as jy fiks is en jou gear reg is kan mens by Boesmansnek bo-op uitklim en daar in Tarn Cave oorslaap. Die natuur en ruines is pragtig. Onthou net jou paspoort.

 

'n Foto word gemaak en nie geneem nie.

J.J.</<

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Dankie Nonna. Sien julle daar.

Hans, dankie vir hierdie pragtige fotos. Dit is 'n deel van die berg waar ons nog nooit was nie. Nou sien ek eers uit daarna.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Hanz Zwiegers
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 01/04/2010
Inskrywings: 146
Gebruiker van lyn af.
Plek: Port Elizabeth

 Sorg net dat jy fiks is en die regte toerusting het....dis maar 'n stywe klim.

'n Foto word gemaak en nie geneem nie.

J.J.</<

Wie's aanlyn

Daar is tans 8 gebruikers en 126 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Ian Laing
  • Airbus
  • Johan Coetsee
  • Corné Wagemaker
  • DAVID KAMP
  • Gypsey King
  • Eddie Rabie
  • thysvt

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.