Natal Spa

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

Middag aan almal,

Wie was onlangs by die oord buite Vryheid gewees. Gee my 'n bietjie terugvoer inskake die nuuste dinge daar, asb

henniev
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rustenburg
Ek sleep 'n 2010 Sprite Sprint met 'n Ford Ranger 2.5 td

Nonna,

Ek was jare jare terug daar, en weet nie hoe dit deesdae daar lyk nie....so ek swyg liewer...

Welkom hier anyway !

WALK SOFTLY....CARRY BIG STICK

 

 

Mike
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 86
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida Hills
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Nissan Pathfinder

Ons was vir 8 dae by Natal Spa na Kersfees oor nuwe jaar.  Moet se dit is 'n besondere plek.  Daar is 'n hotel, woonstelle, timeshare, en dan ook kampplekke.  So die kampplek moet maar aan die agterspeen suig.  Management is non-existant.  Ander mense het op ons kampplek gestaan, so ons moes 'n ander plek kry, bestuur se maar net hulle kan niks daaraan doen nie.  Die kampplek is op 'n helling, maar jy moet maar net die karavaan reg parkeer.

Ek dink hulle sal sleg vaar as hulle 'n gradering ondergaan, maar nog steeds is dit 'n lieflike plek, net omtrent 20 staanplekke, so stil en rustig, pragtig, die oord het goeie geriewe en swembaddens.  Sal weer hiernatoe kom. 

Nonna
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: krugersdorp
Ek sleep 'n Sprite Swing met 'n Ford Ranger

Dagse Mike,

 

Baie dankie vir terugvoer - ek wil ook graag gaan kyk en jou inliging maak dit makliker. Sterkte

Mike
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 86
Gebruiker van lyn af.
Plek: Florida Hills
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Nissan Pathfinder

Ek dog toe om maar bietjie meer inligting oor Natal Spa te gee.

In Noord KwaZulu Natal, 14km suid van Paulpietersburg en so 40km noord van Vryheid.  Pragtige heuwelagtige wereld, op die oewer van die Bivane rivier.

Die oord was altyd net 'n hotel, en het nou ander selfcatering en ek verstaan ook tyddeel eenhede bygekry.  Die kampplek is slegs ongeveer so 20 staanplekke, in 2 gedeel, so bo-op die bult ek dink so 12 staanplekke, onder groot bome, lekker koelte meeste van die staanplekke meeste van die dag, en dan bietjie bult-af oppad swembad toe is die ander staanplekke naby die dammetjie, ook redelik koelte.  Die hele area is maar op die afdraend, soos ek se dit is heuwelagtig en teen die rivier, so jy moet jou karavaan maar mooi stop anders is alles maar bietjie skeef, en as jy net tent het kan dinge op sommige staanplekke maar bietjie skeef en afdraende wees.

Die staanplekke het krag en 'n lig en 'n goeie kwaliteit braai.  Dit kan dalk beter uitgemerk word, dis bietjie informeel onder die bome, so jy is nooit heeltemal seker waar jou staanplek begin en ophou nie, dit kan dalk bietjie beter georganiseer wees.  Die oord is 'n minerale bron, met verskeie swembaddens.  By die "ou" deel, by die hotel, is daar 5 swembaddens, waarvan een groot is, en een 'n babaswembad is en een ook so vlak soos 'n baba een is en onder dak is, wat wissel van goed warm tot lekker lou.

Dan nader aan die kampplek is a groot swembad met lou water.  Daar is ook kroeg en baie klein winkeltjie.  Daar is ook putput, perdry, super tube, tennisbane as jy iets anders wil doen. 

Die ablusie by die boonste park is baie basies, slegs een toilet, stort en wasbak vir mans en dieselfde vir vroue, en dan 'n baie groot moderne ablusie by die onderste park, langs die groot swembad.  Dis nie ver nie, seker 100 meter of 150m weg.  Koste was R70 per volwassene en R50 per kind per nag.

Ook 'n baie gewilde dagbesoeker plek, maar selfs oor die besige tyd van na Kersfees oor nuwe jaar het dit nooit te besig gevoel nie.

In terme van indrukke, dit is duidelik dat die hotel en dagbesoekers die bestuur besig hou, en dis dan seker hulle prioriteit, so daar is maar min aandag aan die kampplek.  Alhoewel hulle 'n staanplek toeken, met jou bespreking, pas hulle dit nie toe nie, en jy kan staan waar jy wil.  Voeg daarmee saam dat dit nie altyd so duidelik is waar die grense van die staanplekke is nie, is dit maar bietjie oop vir misbruik, die mense wat op ons bespreekte staanplek gestaan het was omtrent 3 gesinne soort van in seker 4 tente, en het bietjie baie spasie opgeneem.  Bestuur stel nie belang om met hierdie goed betrokke te raak nie.

Maar oor die algeheel 'n pragtige plek, genoeg om te doen, baie mooi, sal weer soontoe gaan.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 20 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.