Glensheiling Kampeerterrein. Nottingham Road. Natal Midlands Meander.
Nuwe forum onderwerpe
Die kampeerterrein is gelee ong. 15km vanaf die N3 in die Nottingham Road nedersetting net suid van die Midmardam in KZN-Natal en +_ 800m oos van die R103. Die uitdraaipad na die kampterrein is ong. 3km suid van die dorpie. Volg die grondpad vir 800m en draai links in by die naambord "Glenshieling". Die oorspronklike naam was "Glen Shilling" verstaan ek.
Die staanplekke is heel ruim en gelyk tot redelik gelyk met grasbedekking. Almal het toegang tot 'n kragpunt.
Die ablusiegeriewe is nie van die modernste nie en word gehuisves in vier houtgeboutjies. Daar is nie aparte mans en dames-geriewe nie, maar die fasiliteite word ten minste skoon en netjies gehou deur die eienares self.
Die kampterrein is in 'n pragtige vallei gelee tussen die omliggende kleinhoewes en die plaasreuke is opmerklik. 'n Foreldam aan die onderkant van die kamp is beslis die moeite werd en jy vang grotes daar.(2kg+) @ R60 stokfooi en R90/kg as jy die vis hou.
Heuphoogte blokkiesdraad omhein die kamp en die sewe honde van die eienaar patroleer die terrein gereeld en kom maak vriende
Fooie is R70pppn met 'n kleiner tarief vir kinders.
Nie 'n slegte stop indien 'n mens die Midlands Meander wil gaan ervaar nie.
In Nottingham Road is daar 'n goeie SPAR met drie drankwinkels, motorhawe, videowinkel; 'n Uitstekende Duitse slaghuis is net 'n entjie uit die dorp op pad kamp toe aan die regterkant van die pad gelee.
Daar is baie toe doen, te ete en te ervaar in hierdie geskiedkundig ryke omgewing.
Hier kamp jy oppieplaas. Die buurman se varkies kom besoek ons.
Was iemand onlangs daar? Ons soek 'n plek om oor te bly op pad kus toe die naweek van 31 Des. Nie lus om 'n plek te tref met groot nuwejaarspartytjies nie. Die plek lyk op die oog af goed.
Sal ook graag wil utivind of iemand onlangs daar was, of dalk van 'n ander oord weet waar mens kan oornag oppad Suidkus toe. Virkieslik nader aan die see as gauteng, dan hoef mens nie die volgende dag so vêr te ry nie.
Groete
Ek het intussen bespreek by Glensheiling, nadat ek ook die Howick Falls karavaanpark probeer het op grond van 'n verwysing elders in hierdie Forum. Howick Falls se nr 033 330-2797 is buite werking en ek kry nog nie terugvoer op 'n epos navraag nie.
Nader aan die Rand is daar Mountainview Inn op Harrismith, agter die Bergview sentrum en motorhawe. Dit is blykbaar 'n heel skaflike oornagplek - sien ook die Wegsleep van April 2011. Kontaknrs is 058 623 0255 en 074 179 7241.
Plekke in die 'berg, soos Drakensville of Hlalanathi, is bietjie van 'n probleem omdat die Oliviershoek pad sleg is vir sleep. Dit beteken jy moet Van Reenen om ry - 'n redelike ompad. Vir ons was dit belangrik om 'n plek te kry wat toeganklik is vanaf die N3.
Hi Spydr, die Howick karavaan park het alreeds so amper 2 jaar terug al toegemaak. Die park behoort aan die Howick munisipaliteit, maar was onder privaat bestuur (was ge-"lease").
Die munisipaliteit het die bestuurders van die park laat weet dat hulle die grond vir iets anders benodig, en die park is toe gesluit. Baie mense is ongelukkig hieroor, maar daars niks aan te doen nie. Die groenes hie voel nou een maal net vere.
Die grond staan nog net so kaal en verwaarloos meer en meer as gevolg van vandalisme en "squatters".
Dog net ek laat weet jou.
Groete
Joe.
(Bly in Merivale, 7 kms vanaf Howick)



.jpg)

.jpg)

Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab
Baie dankie Willie.
Dit is mooi uiteengssit en met die foto's lyk dit aanloklik. Indien mens een dag vroeer ry en daar oorslaap, kan mens vroeg die volgende oggend uitgerus by jou vakansie staanplek opdaag.
Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie