Cathedral Peak. Drakensberge. Didima Kampeerterrein.
Nuwe forum onderwerpe
Ons het Desember 2008 hier gaan kamp vir twee weke. Dit was toe 'n splinternuwe kampeerterrein. Al die staanplekke het kragpunte met genoeg ablusiegeriewe. Daar is net te veel ligte wat te groot is en pla in die nagte as jy wil slaap. Hier is 'n paar fotos van die kampeerterrein en omgewing. Die kampeerterrein is met 'n 2.1m hoge blokkiesdraad omhein met sekuriteitswagte en is op die wal van die rivier gelee.
Mike's Pass wat jy met 'n sedanvoertuig kan uitry.
Uitsig vanaf uitkykpunt bo-op Mike's Pass.
The Bell & Cathedral Peak.
Stunning foto's! Dankie.
Naby watter dorp is die mooi plek? Hoe ry 'n mens soontoe?
Anton
Willie,
Het jy enige kontak details vir Didima se kampeer terrein? Al wat ek kry is die chalte gedeelte.
Hi Jacques,
Ons het twee weke terug daar gekamp. Mooi skoon en veilig. Die kantoor is nie voltyds beman. Skakel die mense by die chalet ontvangs hulle sal kan inligting gee. Dit blyk of personeel kom af van daar om park vooie te kollekteer.
John
Baie dankie John, ek sal hulle skakel.
Jammer julle. Het lank laas op die draad kom kuier.
Reg soos John seg.
Dit is in Bergville se omgewing. Jy draai net buite Bergville oppad Winterton toe regs uit en volg die bordjies.



.jpg)


Ek sleep 'n Penta 1998 met 'n Mahindra Scorpio 2.6 GLX
Hi Wille
Dit lyk darem baie mmoi in daardie omgewing. Ek vertrou julle het die tyd daar baie geniet. Het julle enige dagstappe gedoen? Hoe is die pad soontoe (kondisie nou?)
Dankie vi die mooi foto's en info.
George
Groete met 'n glimlag!!!