Cape Vidal | St. Lucia toe!

Besoeker

Cape Vidal | St. Lucia toe!
Die iSimangaliso Vleiland-park in KwaZulu-Natal strek van Maphelana by die Mfolozimond in die suide al teen die kus, verby Kosibaai, tot teenaan Mosambiek.

goldenoldies
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.

Ons het onlangs vir 'n week by Cape Vidal gekamp met ons karavaan. Dit was absoluut heerlik - sal net volgende keer liewer met die tent gaan want dit was nie te maklik om die groot wa daar te kom uit Gauteng nie.

Ek het gedink dis die naaste aan die parady wat mens kan kamp. Die ablusie geriewe was oud maar skoon genoeg. Waar kry mens nog 'n kampplek wat so veilig is binne in 'n natuur reservaat met baie wild by die see!!!

Ons kan nie wag om weer te gaan nie!

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Hi, welkom op die forum!

Cape Vidal is ook my gunsteling plek vir die afgelope 15 jaar!

Ten minste eenkeer per jaar moet ons daarheen wegbreek.

Hoe lyk die padwerke van Hendrina tot in Pongola nou? April vanjaar

was dit nog taamlik chaoties met omtrent 'n uur en 'n half se ekstra

ry tyd.

Groete

Hans.

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Hans

Ek praat onder korreksie maar ek dink hulle is nog besig met daardie pad.

 

Groete

Albert van Tonder

ferrari kamp
Ou hand
Aangesluit: 14/12/2010
Inskrywings: 230
Gebruiker van lyn af.
Plek: witrivier
Ek sleep 'n 1988 gypsey caravette 6B met 'n Isuzu KB250 D/cab D-teq

ek bevestig net dat die padwerke nogsteeds n groot gemors is.vriend van my het desember by meer en see  gaan kamp,hy se daar was 5 stop en go en hy se dat dit moeilik was om te ry met die wa.,want as ons mede landburgers sien dis n karavaan gaan hulle sommer op die linkerkant verby.

 

groete

Aubrey de Meyer
Nuweling
Aangesluit: 16/08/2011
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Parys

Vidal was n wonderlike ervaaring behalwe vir die personeel wat ons op n konstruksie "site" (no50) by die hek laat staan het die grond was ongelyk en so weg gespoel van die reen dat die groot bollards die slote voor die ingang op die site vol gele het vir ons om oor te ry.  Die asblik word nie leeg gemaak nie ( 5 dae) na n klagte. Die natuur is wonderlik behalwe vir die blou apies en die bosvarke in die nag. Wenk - as jy met n tent kamp sit alles wat soos kos ruik in n sleepwa as jy gaan slaap dieselfde in die dag dit skakel die probleem uit. Enige houer is nie goed genoeg nie die bosvarke sal aanhou karing en jy kry min slaap.

Die konstuksie ( vernuwing) is baie welkom. Die diens (belangstelling in kliente)kan verseker verskerp word. Die visvang het my nie baie be-indruk nie, daar is baie meer onder grootte as bo 30cm Shads wat uit kom. As n vakansie plek is dit beslis weer n besoek werd en as n visvang plek net vir visvang ....nee daar is beter plekke.

Ek is bevrees dat die lewering van n kamp plek en geriewe voldoende is as "diens" nie. Wat n vakansie plek lekker maak is die belangstelling in die kampeerders en wat vir hulle belangrik isdeur personeel van die oord.

Ten slotte dit is n kuier werd lekker weer, beskud en mooi wild.

Groete

 

 

BEER
Super sleper
Aangesluit: 20/03/2010
Inskrywings: 355
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas

Is daar nie 'n paar fotos van Cape Vidal wat julle kan opsit nie? Dit sal nogals interesant wees om te sien hoe dit daar lyk! Net 'n gedagte!

Groete,

Beer!

 

LWH NEL

"Tommorow is promissed to nobody"

 

Hans
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 613
Gebruiker van lyn af.

Hi Beer, dit is ons gunsteling plek, ons is mal oor snorkel en swem en daarvoor is die plek ideal. Die wiltuin het baie diere en dit is goed versorg. Die kampplekke is ruim en ek weet die twee plekke, no 1 en 50 langs die ingang is nie te watwonners nie, baie besig ook daar by die ingang.

Ek poog om fotos te plaas.

Veltie
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg

 Ons het pas terug gekeer van Cape Vidal, het vir 12 dae daar gekamp. Die park en oord is heeltemal opgegradeer. Badkamers oorgedoen, paaie geplavei met ordentlike reenwater afvoer. Dit is nou regtig baie netjies. Dit lyk selfs of die ape onder beheer gebring is. Selds die reservaat se fasiliteite is heeltemal nuut. Ons kan Cape Vidal  regtig hoog aanbeveel. 

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 21 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.