ATKV Natalia | Dis (áltyd) lekker by die see

Besoeker

ATKV Natalia | Dis (áltyd) lekker by die see
ATKV-Natalia is vir menige kampeerders die maatstaf waaraan hulle ander oorde meet. Dit is ’n moderne woonwapark met omtrent al die soorte vermaak wat jy al in ’n ander oord teëgekom het. Die staanplekke is duidelik gemerk met ’n geplaveide oppervlak en gras rondom.

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Miekie,

Ons voel ook so oor Natalia, dit is darem 'n bakgat plek. Die ablusies is altyd skoon en netjies. Die waskamers ook. As mens skottelgoed was by die terras se opwasplekke, het mens 'n pragtige uitsig oor die kampeerders op die onderste terras. Ons staan ook bo as ons plek kry. Die jaar te laat geslaap, nou gaan ons maar bietjie Hartenbos toe Julie vakansie.

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

Dolph1
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni

Ek stem saam, 'n lekker kamp met uitstekende fasiliteite en billike tariewe Smile Smile

Adriaan de Klerk
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 158
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kimberley

Ek het al kennis gemaak met die oordbestuurder en dink hy en sy span is bakgat. Hulle gaan uit hulle pad om jou verblyf so aangenaam moontlik te maak en geen veroek is ooit te veel gevra nie. 10 uit 10 vir hulle!

J&M

Ek kan Natalia te sterkste aanbeveel. Ek het al 'n hele paar keer daar gestaan en was nog nooit teleurgesteld nie. Ons het ook al in die Woonstelle gebly en dit is ook van 'n baie hoee standaard.

As jy soontoe gaan in die Winter, haal maar 'n paar rand ekstra uit en staan op die terras - LIEFLIK!

Groete

Johan

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1430
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

Het oor die naweek 12 tot 16 Jun op Natalia in die woonstelle gebly maar die hele park afgeneem en probeer nou die foto's saam met die oordplan met nommers en rigting afgeneem per foto aflaai.

Die storie met die fotos wil nie werk nie. Ek wil 30 fotos aflaai om 'n ordentlike beeld van die plek te gee.

Moet mens die storie opdeel of "jelp net biekie man"


Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

More Andre',

Baie dankie vir jou insette van die foto's wat jy hier geplaas het. Met die kaart eerstens kan mens sommer dadelik sien wat in die oord aangaan en hoe dit uitgele' is. Die nommers van die staanplekke gee ook 'n aanduiding van waar mens eintlik verkies om te staan en so jou keuses maak vir bespreking.

Jy het baie moeite gedoen om 'n goeie voorbeeld te stel hoe dit gedoen moet word en ek dink dit is puik. Ek natuurlik met my rekenaar gestremdheid het natuurlik nie baie geduld nie, gelukkig is ek eintlik klaar met oorde se foto plasings hier.

Weereens goed gedoen

Ryno

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

FerdiB
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1819
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Ons was nog nooit by Natalia nie en na hierdie fotos brand ek om te gaan. Dit maak my sommer ook weer trots om by die ATKV betrokke te wees. Sommer spoggerig. Dankie Andre

Willem & Surette

André,

BAIE dankie vir die detail informasie, ek stem dit is hoe die oorde hulle plekke moet bemark want dan het jy 'n duidelike "view" van wat daar is en hoe dit lyk.  Ek vra ook gewoonlik vir 'n oord uitleg kaart waar ek dan vir myself die nodige aantekeninge aanbring.  ATKV Hartenbos het ek gesukkel met die distansie van die water kraan plaasing en het toe die lekker kampe (blokke) gemerk waar die water punte is sodat dit my kan help in die toekoms.

Ongelukkig / Gelukkig probeer ons om elke keer na 'n ander oord toe te gaan en daarom doen ek dit nie met elke oord nie.  Hartenbos is ons vakansie plek in Feb. en omdat ons teruggaan het ek dit gedoen.

Jammer vir die laat "response" die tyd is net nie altyd daar nie.  Dit sal egter baie help as ek na 'n oord wil gaan en jou soort inligting kan kry.

Stofdonkie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1884
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Andre

Dankie, jy stel definitief die standaard hier. Dinge wat vir een ou aanvaarbaar is, is nie noodwendig vir die volgende ou nie. Die detail wat jy verskaf maak dit moontlik om 'n goeie beeld te skep van 'n oord as jy nog nie voorheen daar was nie. Ek verkies om 'n mede forumiet Smile se opinie en fotos te vertrou bokant die altyd mooi fotos wat mens van oorde in die tydskrifte sien.

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 589
Gebruiker van lyn af.

Andre,

Baie, baie dankie. Dit is die puik soort terugvoer wat vir almal hier op die WegSleep-forum van onskatbare waarde is. Hoe meer mense sulke soort terugvoer gee, hoe meer het hierdie forum om te bied en hoe meer mense sal bydrae lewer en so aan en so aan en so aan....

Nogmals dankie

Zigi

Romeo
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 896
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pierre Van Ryneveld, Centurion

Andre,

Baie netjies gedoen.  Ek sal dieselfde uitleg van jou gebruik as ek weer foto's neem, want dit laat mens beter " birds-eye view" kry van waar die foto's op die terreinplan inpas.

Ek dink die sal 'n goeie " template" vir almal wees wat terugvoering gaan gee.

---------------------------------------------------------

Groete

Romeo Pretorius   

WWW.ALLOUTDOORS.CO.ZA

 

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

Andre

Ek het die week die Forum op 'n "hit and run" basis besoek. Jou fotos en uitleg tesame met die verduideliking stel gewis 'n standaard waaraan die res van die verslae gemeet en opgestel kan word. Dankie vir jou moeite. Soos Arrie gese het - nou weet ek ook hoe Natalia lyk.

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Andre, die Natalia bende waarvan jy praat, ken al elke grassie, elke polletjie en elke bok se .....voetspoortjie daar op Natalia. Smile Jou fotos is egter baie mooi geneem en uitgelê. Dit het my amper met heimwee gevul, want ons Lundies gaan die Julie vakansie Natalia mis, maar ons hoop darem die nuwe ondervindings op Hartenbos daarvoor sal opmaak. Ek sal poog om ook so baie fotos te neem en dan iets soortgelyks te kom doen as ons terugkom.

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

Apie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2888
Gebruiker van lyn af.
Plek: Melmoth

Andre baie dankie dit is n goeie plan en ek dink ons almal moet dit so doen.

Ek sleep 2001 Sprite Swing met n 2008 Ford 4l S/Cab

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1609
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Puik terugvoer Andre. Ek dink jy het beslis die maatstaf gestel oor hoe dinge moet gebeur.

Ek het net een vraag, (miskien gaan ek my naam met ' n plank slaan) die groen gedeelte voor die kiosk met die spinnerak gedoente aan die buite kant, wat is sy doel? Of is dit die rolskaats baan?

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

Rooibonte
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 241
Gebruiker van lyn af.

Hallo Andre

Hierdie een werk vir my, baie dankie!

Dolph1
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni

Hallo Jan, die kaal kolle by Natalia karavaan park is staan plekke wat met plaveisel steen uitgele is.

Groete

Dolph

HappiCamper
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1609
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
met 'n Volvo XC60 D5

Ons was Durban toe vir die naweek en het tuis gegaan by Natalia se woonstelblok. Ongelukkig was tyd min vir verkenning van die park maar ons moes so nou en dan daar deur ry op pad na die woonstelle toe. Die park was altyd netjies en die gras is lowergroen. Ek dink julle wat daar gaan kamp gaan dit bitter geniet.

Dit het net beginne reen die Saterdag aand en toe ons vanoggend daar weg is, het dit nog steeds gereen ... Snaaks genoeg, dit was effe koel vir daai kontrei.

Groete
Keith
_________________________________________________________
Live today as if it were your last day!

 

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Hi daar almal

ja dit is waar wat julle se van Natalia, ek sal dit enige tyd vir enige iemand aan beveel, ons gaan volgende jaar Junie vir ons derde jaar na mekaar soon toe. Wat die kamp ook so lekker maak is die feit dat dit si veilig is vir ons end die kinders in die kamp. Ons het hierdie jaar geweldig baie mense ontmoet by Natalia en ons gaan weer almal volgende jaar daar staan. Hulle program wat hulle vir die vakansies aanbied is ook puik, nie net vir die kinders nie maar ook vir die volwassenes.

As julle nog nooit daar gekamp het nie mis julle baie.

Groete

Albert

 

Groete

Albert van Tonder

Gans
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero/Vito

Hallo
Het vandag by Natalia ingeloer op terug na ons kampplek by IFAFA. Dit is n baie groot kamp, die onderste kampplekke is vir my soos sardienjies ingeryg, en jy het geen privaatheid nie. Die boonste staanplekke lyk beter, maar is seker moelik bekombaar. Die voordeel is dat daar baie aktiwiteite aangebied word.
Ek verkies egter n kleiner kamp, veral in Desembermaand en kan se dat IFAFA tops is! Gaan loer gerus daar in!
Baie groete
Gans

 

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1492
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Middag Danie

Wat staan plekke betref by Natalia is daar nie staan plekke naby aan die swembad nie, hulle is so 100m weg van die swembad af en jy sal glad nie gesteur word nie.

Wat die boonste terras betref weet ek nie wie het vir jou gese dat jy meer beskut is bo as daar onder nie, ons het al vir die afgeloope drie jaar in Junie maande by Natalia gaan kamp en ek is eerlik met jou jy is meer beskut as jy onder staan as wat jy bo op die terras staan.

Ek stel glad belang om bo op die terras te staan nie.  

 

Groete

Albert

 

Groete

Albert van Tonder

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Middag Albert,

Baie dankie vir die terugvoer ek waardeer dit...

Dit is die eerste keer dat ons daar gaan kamp en ken gladnie die opset nie behalwe wat ons op hulle web tuiste sien. Is daar miskien staanplekke wat vir jou beter is as ander aan die onder kant, want ek sien op die terrein plan die staanplekke begin onder by 101 tot by 127.

Die kinders gaan ook saam met hulle karavaan en natuurlik ook oupa se kleinseun wat dan net so oor die 2 jaar sal wees... dit is die rede hoekom ek gevra het vir 'n stiller kamp plek vir sy slaap tye.

Groetnis

 

Danie & Issie

 

 

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Hallo Gans,

Kan jy asb vir my die kontak besonderhede gee ek is opsoek na 'n plek vir Desember...

IFAFAklink na die tipe plek wat ek soek. Gietjie so 'n bietjie meer besonderhede...

Groetnis

 

Danie & Issie

 

 

JM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 361
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Volkswagen

Danie,

 

Ek het al 'n hele paar keer by Natalia gestaan en was nog nooit teleurgesteld gewees nie.  Alhoewel ek in Julie Maande daar staan, verkies ek die terras.  Daar is natuurlik voor en nadele.  Voordeel is dat jy 'n pragtige see uitsig het asook baie netjies afgebakende staanplekke.  Jy behoort ook 'n lekker koel seewindjie te ervaar wat sal help om jou af  te koel.  Dit is belangrik aangesien daar feitlig geen bome daar is vir skaduwee nie.

As jy onder staan, is jy baie beskut en die bome is lekker groot.  Die staanplekke onder voel net vir my 'n bietjie meer opmekaar...Jy stap ook bietjie verder vir 'n ablusie onder as wat bo die geval is.

Ieder geval, Natal is maar vrek warm oor Desembers, so die strand en swembad gaan baie handig te pas kom.  Jy sal nie spyt wees nie.

 

Ek het al op 112 & 115 gestaan.  Ek dink ek is Julie ingeboek op 102, wat reg langs die ablusies is met 'n great uitsig see se kant toe.

 

Ek weet op die "vorige" forum het ek ook vertel van Natalia en daar was baie goeie insette gelewer met terrein planne ens.  Kyk of jy hom weer in die hande kan kry.

 

Groete

 

Johan

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Middag Manne en Maninne,

Ek soek asb inligting rondom ATKV Natalia se staanplekke. Ek het gister voorlopig bespreek vir Desember die jaar, ja ek weet dit is lank vooruit maar jy het net kans tot 31 Januarie om te bespreek vir Desember, op die terras want dit is blykbaar meer beskut as onder....

Ek wil net graag julle opinie hoor wat alreeds daar gekamp het en ook waar is die beste plekke is, nie te naby aan die swembad en speelpark nie maar ook nie te ver van die ablusie geriewe nie.

As dit enigsins moontlik is gee vir my 'n staanplek nommer sodat ek spesefiek daarvoor kan vra....

Ek maak sommer vroeg al vuur vir staanplek want die jaar kan ek weer gaan kamp en die ander werk deur Desember....

Groetnis

Danie & Issie

 

 

Miekie
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 153
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Jurgens EXPO met 'n Pajero 3.2 GLS

Ons was al 'n paar keer by Natalia. Elke keer is dit 'n belewenis en ons het al goeie vriende daar gemaak. Dit is naby die see, 'n mens loop oor die treinbrug en dan is jy op die privaat strand. As jy by die hek uitloop, kry jy 'n kaartjie wat jy moet ingee as jy terugkom, anders laat hulle jou nie sommer weer in die kamp in nie.

Ons kamp gewoonlik op die boonste terras, want dan kan ons die see sien. Daar is egter amper niks bome nie en nogal warm in die somer. Op die onderste terras is baie bome, maar 'n mens kan nie die see sien nie.

Elke staanplek is gemerk en jy kry die staanplek nr sodra jy bespreek. Die bestuur daar is baie gaaf en gaan uit hulle pad uit om te help. Dit voel amper soos familie saamtrek as 'n mens daar kamp.

Daar is 'n restuarant en die oord reel elke vakansie 'n program. Elke Maandag aand word daar ook saam gebraai tydens vakansies en die oord voorsien die pap en sous. Die geriewe is baie skoon en word gereeld gediens.

Laas jaar het ons in 'n woonstel gebly, maar was meer in die karavaan park. Dit was nie so lekker soos kamp nie. Ons het ook besluit vlg keer sleep ons maar eerder.

Machiel
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 577
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bloemfontein
Ek sleep 'n 2005 Gypsey Regal Blue Series met 'n 2010 Isuzu Kb 300 Lx D/K

Super Dan

As ek dit nie mis het nie, het jy die uitled net mooi verkkerd om. Nommers 101 - 127 is die staanplekke op die boonste terras (met 'n view), maar hulle het weinig tot geen beskutting. Die lekkerder staanplekke is die laer nommers (van 1 - 100) wat op die onderste terras is en lekker beskut is agter die "duin" en alhoewel jy nie die view het nie, is daar meer skaduwee en die wind kom jou ook nie so maklik by nie.

Groete Machiel

Cheetahs vir altyd

<

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Johan,

Baie dankie vir die terugvoer....

Ek begin nou al uitsien na Desember al is dit nog ver...

Groetnis

Danie & Issie

 

 

Super Dan
Diknek
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 1034
Gebruiker van lyn af.
Plek: Eldoraigne, CENTURION
Ek sleep 'n Gypsey Gold #99 met 'n Mazda BT50 D/K

Machiel,

Baie dankie vir die terugvoer......

Kaart lees was nog nooit een van my beste vakke nie, selfs nie eers in die weermag nie. Ek laat deesdae dit oor aan my wederhelfte wat mal is oor kaarte. Ek sal maar sien wat kom uit die was uit sodra ek van ATKV hoor waar ons staanplek gekry het.

Groetnis

Danie & Issie

 

 

sakkie mynhardt
Groentjie
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 15
Gebruiker van lyn af.

Hi Andre

 

Ons gaan volgende naweek vir 4 weke by Natalia kamp. Waar kan ek na die fotos kyk wat jy van die oord geneem het.

 

Dankie

 

Sakkie

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 21 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.