Seekoeigat

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Gelee 20 km vanaf Groblersdal op pad na Loskopdam of andersins 70 km vanaf Middelburg. Wanneer ons vir 'n stil naweek wil wegbreek na 'n plek toe wat nie baie bedrywig gaan wees nie is dit net die plek. Ongelukkig nie veel vir kinders om te doen niebehalwe swem, fietsry, speel, visvang saam met pa en nogmaals speel.

Die oord is gelee op die oewer van die Olifantsrivier 18 km onderkant Loskopdam. Daar is geen gemerkte staanplekke nie, jy kies jou staanplek waar jy gaan opslaan en dit is waar jy gaan kamp. Die ablusie blokke word alle tye skoon en netjies gehou. Terrein self is gras groen met baie skaduwee.

Die eienaars oom Ferdie en tannie Elsie Pretorius kan geskakel word by 013 262 2211 of 073 137 0670

Tariewe is deur die jaar R120.00 per nag max 2 persone. Ekstra persone betaal R30.00 per nag. Hulle het ook drie grasdak huisies wat hulle teen R180.00 per nag verhuur. Daar is nie binne of buite seisoen tariewe nie.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Vir die van julle wat wil hengel daar is genoeg om te vang. Hier is so 'n voorsmakie.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

AltenWahl
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 446
Gebruiker van lyn af.
Plek: Panorama - Wes-Kaap

Hi Len

Ek gebruik ook slegs die 'skoner' 50 ppm in my motor en dit is soms maar moeilik om in die hande te kry. In die Kaap is dit net sommige BP (diesel 50) en Shell wat dit verkoop. Met goeie roete beplanning kan jy darem in meeste gevalle die diesel kry.
Alhoewel dit duurder is sal dit jou op die lang termyn baie geld spaar aan engin onderhoud en dienste.

Hier is 'n link na vulstsies wat die skoner diesel verkoop. http://www.naamsa.co.za/unleaded/databases/availability.php

stompie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 553
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dankie Bukkes ek wou ook al vra...
Groetnis
Stompie

Gabba
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 39
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier

Dankie Gert, dit ly baie lekker. Watter ander vis kan gevang word behalwe karp. Sal 'n klein bootjie ook werk. En hoe veilig is dit.

Ps: Ek wonder waarop byt daai karp? (vra maar net)

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Hierdie karps is op gewone KOO heelpitmielies gevang. Daar is ook geelvis, modderbekke, babers, kurpers en bass.

Daar is plek gemaak waar jy 'n klein bootjie ter water kan laat of aasbootjies kan ook hier werk.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Mia, baie dankie vir jou riglyne.

Tariewe by Seekoeigat is regdeur die jaar dieselfde. Daar is nie 'n binne en buite seisoen nie. Die prys wat jy Desember betaal sal ook Februarie ens dieselfde wees. Hulle het dit goed gedink om 3 afsonderlike strort en badkamers te bou wat elk uit 'n stort/bad, toilet en wasbak bestaan. So as jy nie alleen in die ander storte wil gaan stort nie kan julle saam in die storte gaan was.

Hulle het ook 'n lapa wat jy kan huur indien julle as 'n groep wil gaan kamp. Daar is ongelukkig nog nie 'n kafee waar jy koeldrank kan koop nie alhoewel dit in die beplanning stadium is.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

Dagsê Mede Kampeerders,

Ek is dink Willem se idee was puik en die feit dat Zigi dit so vinnig opgestel het, spreek boekdele.

Maar, ASSEBLIEF, moet asseblief nie hierdie draad, of reeks drade, ook so bekrap deur nuttelose kletsery, dat jy deur 15-20 boodkappe moet lees om by iets uit te kom oor die oord of kampervaring nie.

Mia se idee rondom 'n riglyn vir die draad is ook 'n baie goeie idee. Dit moes dalk, soos Willem voorgestel het, op die Kletkamer geplaas geword het, asook Michelle se uitnodiging aan een van die ander forumiete om die "saamtrek" by te woon. Indien voel die persoon mag dalk nie die regte drade lees nie, stuur dan asseblief 'n PM.

My 2c

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Dankie Bukkes.
Ek staan verstom oor die moderne tegnologie wat sulke informasie kan sorteer en stoor.
Groete

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Terwyl ons nou op die onderwerp is.... vir julle paartjies wat die wasgoed lyntjie agter die karavaan gebruik om handoeke op te hang en dit daar te los vir die nag, dink maar weer.....

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Eienaars is nou besig om bos staanplekke in die berg te bou. Elke staanplek sal sy eie ablusie geriewe kry en jy sal nie die ander staanplek kan sien nie. Sal meer gerig wees op 4x4.
Sal meer inligting gee soos dit vorder.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Wees gerus daar is genoeg krag punte. Krag punte is versprei oor die terrein sodat alle kampeerder geholpe sal wees.. Hulle gebruik nog die gewone kragbokse. Het nog nie op gegradeer na die blou punte nie.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Sakkie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 63
Gebruiker van lyn af.
Plek: Montana Park

Baie lekker kampplek en lekker stil - voel soos jou eie privaat kampplek. Vir die met kinders wees tog net BAIE VERSIGTIG langs die rivier want daar is krokodille in die rivier. Moenie dat kinders alleen te naby aan die rivier (lees water) speel nie. Ons het mos al baie gelees oor hoe maklik die waterbewoners mense langs die water verras. Geniet maar wees op julle hoede!!

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Het die naweek weer gaan batterye laai op Seekoeigat. Hulle het die waterdruk na die ablusie geriewe verbeter. Nuwe privaat staanplek se ablusie is ook klaar met baie goeie uitsig oor die natuurskoon en seker die beste uitsig oor die rivier.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Die bestuur van Seekoeigat het besluit om hul tariewe aan te pas. Vir die kampeerders wat eerder in die week wil gaan kamp kan nou vanaf Sondag middag 14:00 tot Donderdag teen R375.00 kamp. Met ander woorde R75.00 per nag.

Die 3 huisies is ook nou opgeknap met nuwe gras deklaag op die grasdakke. Die huisies kan ook teen 'n verlaagde tarief bespreek vanaf Sondag 14:00 tot Donderdag.

Vir enige navrae skakel Ferdie of Elsie Pretorius by 013 2622211 of Gert Venter by 082 320 0728

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Hier is bietjie inligting oor die boskampe. Daar is nou bos staanplekke beskikbaar wat ver genoeg van die oord af is dat jy ongesteurd kan kamp maar ook naby genoeg is om die oord se fasiliteite te kan gebruik. By die staanplekke is geen krag of water nie. Naaste water en ablusie geriewe is so 100 meter van daar af. Die staanplekke is onder ou Apiesdoring bome en naby die rivier indien jy dalk wil lyn natmaak.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Hier is baie inligting oor Seekoeigat vir die wat sou belangstel om vanaf 23 tot 27 September wil saam kamp.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Jakoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Het iemand dalk die GPS verwysing vir Seekoeigat? En kan iemand dalk vir my 'n roete vanaf Pretoria aanbeveel? Ek is regtig nie lus vir die N4 nie, veral nie die tolhekke nie, maar ek weet nie hoe lyk die ander moontlike roetes se paaie nie. Ek het op hierdie laat stadium staanplek gekry vir die langnaweek!

Groetnis.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Kobus.

Die beste roete is maar die N4 tot by Middelburg. Van die manne draai weg by Witbank net voor die tolhek. Andersins moet jy by Bronkhorstspruit wegdraai na Groblersdal toe maar ek sal nie daardie pad aanbeveel nie.

Ek sal die GPS koordinate vir julle kry. Indien julle meer inligting verlang kan julle my gerus kontak.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Jakoos,
Seekoeigat GPS S25 22.654 E29 22.823
Hoop julle geniet dit.

"Doc, I can't stop singing The Green, Green Grass of Home." "That
sounds like Tom Jones Syndrome." "Is it common?" "Well, It's Not Unusual."

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Dankie Chris.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Jakoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Jislaaik, julle ouens is vinnig! Werk julle nie?? Ek moet darem sê, ek sit self baie liewer die kampery en beplan as om te werk. Baie dankie vir die raad en die GPS punte

Groetnis.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Kobus, ek gaan daar wees van die 22 ste af. Gaan die eienaar bietjie bystaan daardie naweek. So skree maar as daar nog iets is wat jy wil weet.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Jakoos
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 177
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Gert,

Baie dankie. Ek sal as gevolg van omstandighede eers die oggend van die 24ste daar aankom. Is daar braaihout te koop in die omgewing of moet ek maar liewer saambring (dis omtrent die enigste vraag wat ek tans nog het)?

Groete,

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Daar is braaihout en ys te koop. Hardehout en mix moet jy ongelukkig saam bring.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Het die 7de November 09 die Carps by Seekoeigat gevang. Een weeg 9kg en die kleiner een 6.5kg.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Bulldog
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 14
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Hi Gert

Dankie dat jy vir ons van die plekkie vertel. Ons het die naweek daar gaan kamp en sal beslis weer gaan.  Nou nie sulke groot visse gevang nie maar die manne het lekker ontspan.

Groete

Bulldog

Kleinsus het die grootste vis gevang.

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Ons was Desember weer bietjie besig op Seekoeigat. Het vir die kinders 'n groot Jungle Gym op gerig en nog kragpunte en water aangele. Sodra die forum dit toelaat sal 'n paar fotos plaas.

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Gert, ek het vir jou 'n PM gestuur. 

Groete

Flip

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Gert Venter
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1861
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lambton
Ek sleep 'n 2010 Cheetah boswa met 'n 2011 Isuzu KB200 Fleetside

Hier is 'n paar fotos wat ek Desember geneem het.

Die Kingfisher het besluit my visstokke is net die plek vir hom om te sit.

Hier is die Jungle gym wat ons Desember vir die kinders opgerig het. 

Kampgroete
Gert

Whenever you decide something with an open heart, you usually make the right decision.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 17 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.