Sabie River Camp | Aan die waterkant

Besoeker

Sabie River Camp | Aan die waterkant
Dis maklik om van ’n plek te hou as dinge reg gedoen word. Die Sabie River Camp is so ’n plek.

jacques du toit
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.

gaan self sabie river camp toe vanaf 16/12 en is redelik bekommerd oor die min bome en laeveld son , maar sien verder vreeslik uit daarna

Vismal
Nuweling
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 8
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Kan 'n ou daar lyn natmaak?

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Die revier loop nogal sterk, maar as jy regtig wil kan jy daar visvang die revier is breed genoeg daarvoor, die lekkerste is om met binnebande op die revier te ry, so drie kilometer stroomop is daar `n bruggie waar jy opklim en dan af gaan tot by die laagwater bruggie, vat nogal `n uur of twee om dit te doen.

Jakkie Coetsee
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 13/03/2012
Inskrywings: 70
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal, Mpumalanga
Ek sleep 'n 1987 Wilk Topaz met 'n 2007 Nissan Navara 2.5 Dci

Ons was die jaar daar vir die jaarlikse 'Roundtable Sabie Tube Race' , het heerlik gekamp teen die rivier, die aande was bietjie raserig, maar niks waaraan mens nie kon gewoond raak nie. Die plek was stampvol, en steeds netjies skoon elke oggend.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 24 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.