Pienaardam- nooit weer

Gerhardus
Groentjie
Aangesluit: 17/12/2009
Inskrywings: 34
Gebruiker van lyn af.
Plek: Northriding

Hi.

Was die langnaweek bietjie by Pienaardam naby Middelburg TVL.

N mooi plek met baie potensiaal, maar hulle sal my nie weer sien.

Die redes is as volg.

1. Die ood is baie groot en daar is hope verkeer van werkers wat met quads en trekkers daar rondry, asook permanente en semi permanente inwoners wat in en uit ry teen te hoe spoed. Mens kry geen rus vir jou siel! As hulle die oorkant van die dam met kragpunte toerus sal dit n baie rustiger area wees vir ons om bietjie rus te kry!

2 Toe ons Saterdag wou gaan stort kon ons nie die mans badkamer binnegaan agv iemand wat nie die toilet betyds kon haal!

Ons het dit en die feit dat daar nie meer toiletpapier by die vrouens was onder die personnellid aan diens se aandag gebring.

Die betrokke lid het gese dat sy nie kan glo dat daar nie meer toiletpapier is want die ablusies is kort tevore gediens. Daar is aan ons belowe dat aan die probleem en veral die probleem in mans kant aandag gegee sal word.

daar is wel toiletpapier gebring vir vrouens, maar die probleem aan mans kant is eers Maandag so teen 11uur reggestel! geheel en al onaanvaarbaar vir my!

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 801
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Dit is hoekom ek altyd met toiletpapier gewapen is. Party oorde se personeel dra ook die toiletpapier weg kort na dit gediens is. Ek weet want  ek het eerstehandse ondervinding daarvan

John Cooper

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1675
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

 Ek wou ook op 'n slag daar bespreek het. Gelukkig moes ek 'n vergadering in Middelburg bywoon, en het besluit om eers te gaan kyk hoe lyk die plek. Wat my onmiddelik afgesit het, was die kontrakteurs wat permanent daar gekamp het. Daar was ook 'n funksie aan die gang en dit het nogal lawaai. Ek kan my voorstel hoe moet dit oor naweke gaan.

Soos Gerhardus gesê het, die plek het potensiaal, maar ek sal my ponde in die tussentyd elders spandeer.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Mona
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2419
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ermelo
Ek sleep 'n '94 Sprite Super Sport met 'n 2010 voor die "face lift" Toyota Corolla 1.6

Ons het gedurende November 2009 daar gekamp en al probleem wat ons gehad het wat die 'breek depostio' wat ons moes betaal.

Ons het daardie naweek regtig baie lekker gekamp.  Al wat gepla het, en waaroor ek ook die oord ingelig het toe hulle die maandag of dinsdag na die naweek geskakel het was dat die kragpunte te vêr is en dat mens nie so kan deel nie.

Die skakel van die oord na die naweek het my baie be-indruk.

Ons gaan weer November daar kamp, lekker goedkoop vir 'n vinnige naweek wegbreek.

 

Natasha

Earth laughs in flowers

heidilundie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1472
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg,

Ons het ook een van ons heel eerste kampe daar gedoen. Dit is nie die beste kampplek in die suidelike halfrond nie, maar ons het dit geniet, alles was altyd silwerskoon en die restaurant se kos was die sondag uit die boonste gestoeltes, soos oom oubaas sou sê. Dis effens ver van hier, en ons het daar gaan kamp omdat ons die karavaantjie se papiere in Witbank moes gaan haal. Dit was baie billik geprys en as ek weer in daardie rigting gaan sal ek nie skroom om daar oor te staan nie.

Heidi Lundie, 083 2917 450

 

 

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 24 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.