Pelgrims's Rest Resort | Rus, pelgrim, rus
Nuwe forum onderwerpe
Pelgrims's Rest Resort | Rus, pelgrim, rus
As jy Pelgrimsrus uit die ooste van Graskop af binnery, is daar soveel rigtingwysers dat die bestuurders agter jou maar geduldig moet wees terwyl jy probeer uit-figure waarheen om te ry.
WilleWllemien,
Ek gaan nie oor die oord uitwei nie maar oor die "Besoeker" storie. Die besoekers het oorde aanbeveel wat hulle nie regtig ken nie. Ek dink van hulle het ou foto's gaan uitkrap en op die forum geplaas.
Daar was mense gestuur om sekere oorde aan Wegsleep deur te gee nie en ek weet van iemand wat dit wel gedoen het. Jy sal sien daar onder "Terugvoer van kampplekke" is daar onder "Gauteng" en dan "Hennops Pride" wat ook begin is deur 'n besoeker. Maar die einste oord se foto is geplaas wat lankal geneem is want 'n oord kan onmoontlik nie so vinnig agteruit gaan nie. Gaan lees dit en ry een Saterdag of Sondag soontoe en se' net vir hulle jy wil graag die oord deurgaan vir moontlike kamp. Ek is spyt dat ek nie foto's geneem en op daardie draad geplaas het nie. Indien jy wil kan jy ook daar kommentaar lewer.
Wat ek wil se' is moet jou laat mislei wat die besoekers skrywe oor die oorde nie. Jy gaan teleurgesteld en kwaad wees vir Wegsleep, as jy daar kom en jy moet die middag vyf-uur omdraai om na 'n ander oord te gaan soek, indien daar een naby is. Ek wonder wie gaan nou sleg voel indien jy daar kamp wat die "besoeker" voorgestel het, en julle word in die nag aangerand met noodlottige beserings. Skielik is almal stil en die besoeker is dood....van die stilte sonder enige gevoelens.
As niemand al 'n 'n woord agterna gese het van hul ondervinding oor 'n oord nie, ignoreer dit veral waar die besoekers dit voorgestel het.
WW,
My oudste was laasjaar hierdie tyd saam met sy Voortrekkerspan daar gewees. Volgens die foto's wat ek gesien het is dit een van die plekke waar mens net gaan kamp as die nood druk of daar is nie geld vir beter plekke nie.
Ongelukkig het ek die foto's op cd gestoor en kan ek die vervlakste ding nie nou in die hande kry nie
. Die staanplekke lyk redelik gelyk en daar is 'n draad om die terrein maar nie veel verder nie.
Moet by sê hulle het dit geniet en het geen probleme gehad nie.
Hoop dit help darem so bietjie
Dankie julle.
Ek sal maar op 'n ander plek gaan kamp opslaan en soontoe ry vir 'n forelletjie.
Dankie vir die waarskuwing Ryno.
Ek dink die vertoue wat daar is tussen die mense wat gereeld op die forum rondrits is absoluut 100%
Dit is vir my 'n riem onder die hart om te kan weet dat die geregistreerde forumgebruikers se inligting betroubaar is. Jy kan met vertroue na 'n plek gaan en jy sal kan bly.
DANKIE ALMAL. JULLE IS WARE PELLE AL KEN ONS MEKAAR NIE IN PERSOON NIE.
Kamp op 'n ander plek, en kuier net by Pelgrim's.
Ek is maar redelik nuut op die forum.
Ek het dit sterk oorweeg om die tente staan te maak op Pelgrim's, maar na ek Ryno en die ander gebruikers se inskrywings gelees het, dit my gedagtes laat prikkel.
Ek sal maar eerder net daar gaan inloer en op 'n ander plek kamp.
Dankie vir julle insette op die forum, ek dink dit is 'n fantastiese deelbare bron van inligting.
Ek hoop ek kan in die toekoms ook 'n bruikbare stukkie byvoeg.
Jaco
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Gypsey King
- Johan Coetsee
- Airbus
- Eddie Rabie
- thysvt
- sakkie mynhardt
- chris dupreez




.jpg)

.jpg)

.jpg)


Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB
Hello julle.
Ek hoop besoeker sien hierdie draad, of miskien is hy al 'n ingetekende op die forum.
Is daar enigiemand anders wat 'n meer opgedateerde verslag van hierdie oord kan gee, veral oor sekuriteit ens.?
Ek het menig 'n keer al hier gestop en die oord bekyk, maar gewonder oor die sekuriteits aspek?
Dit is egter 'n ideale plek om as basis te gebruik om daardie omgewing beter te verken. Sabie is ook 'n moontlikheid, maar ek hou van die forelwaters hier.
Baie dankie
Rondawel Gasteplaas. Karoo.