KNP - Letaba
Nuwe forum onderwerpe
Ek het soe bietjie deur die forum gelees maar kon nog nie iets raaklees van Letaba nie. Ek hoop nie ek skep nou 'n dubbele inskrywing nie.
Ek oorweeg dit om in Letaba te gaan tent opslaan. Ek ken nie die kamp nie was nog nie so hoog op in die Kruger nie.
Wil graag julle manne en dames se opinies & ervaring van die Kamp hoor.
Mens lees al die mooi geskrywe wat die kampe bied, maar dit is die ervaring wat dit die moeite werd maak.
Groete
Dankie André
Ek het al menigmaal by Berg & Dal en ook Skukuza gaan tent opslaan. Dit was heerlike ervarings. Na aanleiding op jou skrywe klink dit vir my na dieselfde opset. Ek glo nie Letaba sal my dan teleurstel.
Ek gaan verseker in die toekoms meer hier kuier.
Jaco
Brakkies,
Ek het die 2 foto's geneem Des 2009 toe ons daar gekamp het. Die kamp was nie baie vol nie.
Soos jy kan sien is daar nie gras nie maar dit is nie stowwerig nie. Ons het een aand 'n lekker windstorm gehad met die minimum stof.
Dagbesoekers kom nie in hierdie deel van die kamp nie en die ablusies word gereeld skoongemaak.
.jpg)

André kon Letaba beswaarlik beter opsom. Dit is ongetwyfeld een van die mooiste (en boomrykste) kampe in Kruger. Dit is beslis nie in die wildtuin se beste wildkykarea geleë nie. Maar dit is uiteraard tog ook nie al waaroor 'n besoek aan die wildtuin gaan nie. Dit is die "bosbokkamp" - 'n groter konsentrasie van bosbokke (in die kamp) sal jy nie maklik vind nie. Die laaste keer wat ons daar gekamp het (2006) het 'n bosbokooi beide ryp avokado's (wat bestem was vir die aand se slaai) van ons tafel af gegaps terwyl ons met ons rug om die vuur gesit het.

Die boonste foto's is vanjaar gedurende on April-vakansie geneem toe ons in die rondawels gebly het.
Die volgende twee is in 2006 geneem. Hieronder is ta op heter daad betrap toe sy nog besig was om haar buit te verslind (sien die getuienis daar voor haar op die grond)


Wil nog daar gaan kamp maar wag vir die winter so ek maak maar al die inligting bymekaar
Kan iemand my dalk se die saamtrek van Weg by Gariep Dam wanneer gaan dit gebeur wil dit meemaak
Groete





Hi Brakkies,
Eerstens, baie welkom hier op die forum en ons hoop jy gaan meer gereeld hier kuier in die toekoms.
Letaba is seker een van die "lekkerste" kampe in die Wildtuin en alhoewel die area waarin dit geleë is (Mopanieveld) soms nie die diere oplewer wat mens sou verwag nie behoort die kamp julle nie teleur te stel nie.
Goed toegeruste winkel, baie skadu, genoeg vir die kortvolk om hulle besig te hou na 'n dag se wildkyk en ander interressante goed vir jou en ma? om te doen. (Olifant uitstalling was altyd baie interressant.)
Ablusies is genoeg, goed onderhou en skoon en daar is van daai "unieke" wildtuin kombuisies met 2 plaat stofies en opwasplekke versprei in die kampeerarea.
Staanplekke het meestal nie gras nie, maar as ek reg onthou het die oppervlak nie juis te veel stof veroorsaak nie. Staanplek langs die heiningdraad is baie gewild maar 'n man kan maar enige staanplek gebruik en dan aan die rivierkant op 'n bankie of iets gaan sit en die oewers be-oog.
Was ongeveer 3 jaar gelede laas daar maar het nog geen kommentaar raakgelees waaring gekla word van agteruitgang nie.
Geniet dit en ek is jaloers op jou - sommer uit beginsel.
André