Forever Resorts | Loskopdam
Nuwe forum onderwerpe
Forever Resorts | Loskopdam
Het jy al ooit wild uit ’n boot gekyk? Hier’s jou kans. Die Loskopnatuurreservaat met sy seekoeie, kameelperde, witrenosters, luiperds en nog sowat 60 ander wildspesies strek al langs die dam se westelike oewer af.
en die goeie punte Willem?
Etienne,
'n Kamp word gemaak met die gesindheid en dit was soos ek gesê het lekker. By die swembad (bo waar die warm een is) moet jy maar vroeg gaan anders word jy vertrap, maar gelukkig is daar ook een onder (koud) waar dit dan gewoonlik beter is. Dit is seker lekkerder as jy 'n boot het.
Dit is wat ek vir Loskop gestuur het:
Take the top caravan park area and demarcate the stands and make them for caravaners only during peak seasons (no boats, as the take up a lot of space)
Die aangehegte dokument is wat hulle terug laatweet het.
| Aanhegsel | Grootte |
|---|---|
| Loskop_Dam_Terugvoering_-_LKKL0210.doc | 177.5 KB |
Ons was nogal lief daarvoor om by Loskop te gaan kamp, maar het sowat 2 jaar gelede laas daar uitgekom.
Oor die ablusies, wil ek net sê dat ons in Desember by 'n oord in KZN gekamp, en dit laat Loskop se ablusies 10* lyk!
Groetnis.
Graag wil ek terugvoer gee oor ons ondervinding by Loskopdam Forever Resorts na die Langaweek vanaf 1-5 April 2010
Ons was 'n groep van 12 mense, en het reeds in Januarie maand ons verblyf betaal en vreeslik uitgesien na die kamp, maar ek moet met teleurstelling se, dat dit regtig nie 'n aangename ondervinding was nie,
Ek lys 'n paar probleme wat regtig vir my onaanvaarbaar is in 'n kampterein, van hierdie gehalte.
- Niemand, en ek bedoel niemand hou by die spoedgrens nie, daar was letterlik amper 3 ongelukke reg voor ons tent, wat ek moet byse met genade is nie eenkeer raakgery deur die jaagduiwels wat nie eenkeer aangespreek of gestop is deur enige iemand van die bestuur nie.dit sluit die mense met bote in, genade mense ek weet 'n V6 het baie krag, maar is 'n kampplek die plek om dit vir almal ten toon te stel...?
- Die ablusie blokke is pragtig skoon, maar uit die 4 wat in die nabye omgewing van ons kampplek was het nie 1, warm water gehad nie, dit was vir die hele naweek, (kan ek byse) dit was nadat dit al reeds vir 5 dae aaneen in al die provinsies gereen het. as jy gelukkig was het jy dalk by die "oudste" en vuilste badkamer naby die dam, so bietjie louwarm water vir jou gesig gekry tussen 05:00 - 05:15 in die oggende, maar dit was dit (onaaanvaarbaar) Mense met kindertjies en ouer mense, het maar genoe in die koue water gestort, en dan weer in die reen uitgeloop en maar in die bed gaan warm word.
- Geen beheer is oor die speel van musiek uitgeoefen nie, en niemand het eers eenkeer kom kyk of enige reels verbreek word op kampplekke of daar wel die regte hoeveelheid mense op kampplek staan nie.
- Weereens die gejaag van jong kinders in karre in 'n area waar kinders speel en rondharloop is onaanvaarbaar. en veral as die "drankbottels" sommer so in die verby ry uitgegooi word by die vensters.
- Die kampplekke is gladnie gemerk nie, en mense kamp sommer so deurmekaar omdat niemand weet watter kampplek is joune of die buurman sin nie.
Ek is regtig teleurgesteld dat daar geen maar geen persoon was wat eers nadat ons daaroor gaan kla het by bestuur enigsins iets gedoen het om enige van hierdie probleme, aan te spreek nog te min te probeer oplos nie.
Jammer om te se maar Loskop Dam Forever resorts sal my nie weer sien nie, alhoewel ons lekker gekuier het as 'n groep vriende, was die ervaring die geld nie werd nie, en die "tolhekke" se prys ook nie.
Ek sal maar weer in Gauteng, gaan kamp waar die visvang miskien nie so wonderlik is nie, maar ek kan ten minste warm stort en nie bekommerd wees om doodgery te word deur 'n 16 jarige in sy "boombox" polo of Citi golf nie.
Forever Resorts... Youl forever not see me again...!
Dankie
Susanmarie
Willem,
Ek dink dit was nogal baie profesioneel van BRAND PRETORIUS GM FR LOSKOP COUNTRY om vir jou terug te skryf en elke punt aan tehaal waaraan hulle aandag gee, dan nie?
Daar word daadwerklik iets aan gedoen as dit onder hulle aandag gebring word. Ander kla net en dit kom nie by bestuur uit nie - so hulle weet nie wat hulle nie weet nie! Ons moenie teen die verkeerde bome blaf nie.
Moet Susanmarie nie maar haar briefie hier bo ook vir Brand stuur dan kyk ons wat antwoord hy daarop, dit sal interresant wees?
Maar net my beskeie mening en geen kwade gevoelens nie asb?
Susanmarie,
Soos Pieter hierbo sê, stuur vir hulle 'n e-pos en plaas dan hulle terugvoering hier. Soos dit vir my lyk het hulle nie juis iets gedoen aan wat ek genoem het nie want kyk wat het Susanmarie hulle ervaar.
Hallo Julle
Het reeds 'n epos gestuur die week nadat ons terug was en het ook formeel dit aangemeld die Maandag toe ons vertrek het, maar het nog nie 'n woord gehoor van hulle af nie, jammer ne! Sal nogal lekker wees om te weet dat hulle regtig omgee oor die "mense" wat hulle ondersteun en graag daar wil kamp.
Maar dankie vir julle terugvoer
Groete
Susanmarie
willem.
moet se. as ek so kyk is die kragbokse gladnie op standaard nie. die badkamers vertoon egter heel netjies behalwe vir die skade aangerig deur iemand wat duidelik geen respek vir ander mense se eiendom het nie. dit sal jammer wees as 'n oord 'n slegte naam kry oor bestuur wat nie betrokke is nie.
Rupert,
Ek dink jy kan maar oorstaan vir een aand as dit nie in hoog seisoen is nie. Die boonste staanplekke het 'n klein ablusie wat nie 'n probleem sal wees nie.
Edward,
Ja, sal ook graag wil sien of hulle iets gedoen het.
rupert. gee asb terugvoer na jy daar was.
Ons was in September by Loskop. Ons het nie gekamp nie, en ek is baie dankbaar daaroor. Het in die boonste ry cabins gebly, teen die pad, en die karavaan park se musiek het nooit opgehou nie. Paar keer deur die park gestap, en ja, die manne jaag daar. Oor die ablusies kan ek nie kommentaar lewer nie, maar ek sal verseker nie daar staan vir 'n kamp na my naweek daar nie. Ek wil rus, en met daai span se rumoer gaan daar nie sprake van rus wees nie.
terugvoer van loskop dam
ons het besluit om amper heel bo te kamp vir die aand, dit was nie 5 ster nie,maar leefbaar.die ablusie was skoon die aand en die volgende oggend,maar dis defnitief nie n kamp plek vir mense wat wil rustig wees nie.die musiek van party kampers was hoorbaar tot na 10 in die aande.
die swembaddens was netjies en skoon en die restaurant het puik kos bedien.
dit was goed vir een aand,maar ek sal nie daar gaan kamp vir langer nie.
Ons het die afgelope Kersnaweek by Loskopdam gekamp. Ons sou onder normale omstandighede dit nooit oorweeg het nie maar het gegaan ter wille van een van ons kinders en haar man en seun wat in `n houthut gebly het. Ons wou nie saam met hulle bly nie. Ook maar goed want die houthut was ontsettend beknop met aaklige trappe na die braaiplek.
Ons het dieselfde probleme ondervind wat Wilsur, Susanmarie en Mark P hierbo ondervind het. Ons het bo op die rand van die bult gestaan. Lekker staanplek met `n uitsig wat daar onder gebeur. Net onderkant die bult het kampeerders luide musiek gespeel en lekker gekuier. Ek aanvaar die slanggif het toe al lekker deurgewerk en hulle het lekker geskoffel tot na eenuur die more.
Dagbesoekers is oral waar dit toegelaat word `n euwel. By Loskopdam was dit nogal erg. Durban se strand gaan hulle moeilik klop nie. Die warmswembad se water was skaars sigbaar vanaf die restaurant se stoep. Die Putt-Putt baan was geheel en al buite bereik. Daar was massas dagbesoekers op die gras en selfs op die speelbane. Ons as kampeerders en besoekers aan die chalets was totaal ontneem van hierdie voorregte. Die dagbesoekers het ook oorgespoel na die kampeerterrein. Daar was gedurende die naweek etlike diefstalle. Ons was egter gelukkig om nie deur te loop nie.
Ek het ook per geleentheid gesien dat die bediendes skottelgoed en wasgoed in dieselfde bakke was.
Ons het nogtans redelik aangenaam gekamp maar dit is `n ope vraag of ons weer soontoe sal gaan terwyl daar soveel ander beter oorde is wat ons uit ondervinding ken en ander wat ons op aanbeveling graag sal wil besoek.
My jongste broer en sy blonds het by De Voetpadkloof gekamp oor Desember en besluit om uit te ry Loskopdam toe.
Sy terugvoer:
Hulle het 3 sterre op hulle hek. Hy wonder waar hulle dit gesteel het.
Hy was net so negatief oor die oord. Bewys weereens dat as daar nie by reels gehou word in die toepassing daarvan nie, en geen onderhoud gedoen word nie, sal jou oord maar in die hek duik.
Ek het die naweek vir die eerste keer met my wa gekamp. Het in die reen aangekom en kamp opgeslaan. Geen probleem. Hierdie kamper is nie 'n sissie nie. Ek het net begin toe kom 2 vriendelike manne aanbied om te help. Hier het ek my eerste skoolgeld betaal. Die knape vra toe R100 elk na hulle klaar is. Ek kry amper 'n aanval en gee elkeen net R20. Die onderhandeling begin en ons eindig met R40 elk. Okay ek het geleer en moes vooraf eers die tarief bevestig het.
Die ablusie blok het ook nie warm water gehad nie, maar ek het op verkeerde plek gestop. By die hek het die dame vir my gese die blok word herstel en op die kaart vir my gewys waar ek kan kamp. Die wasplek daar het warm water gehad. Die staanplekke en paaie is nie gemerk nie en dit het my so 'n bietjie verwar. Ek kla nie want ek is nie 'n sissie nie. Ek veronderstel toe dis maar hoe dinge is maar sien hier dat dit toe nie so moet wees nie. Die miere was baie maar vir my het dit nie gepla nie, nie soos vir die vrouens nie.
Ek moet se die meeste goed waaroor julle hierbo ontevrede is is maar nog dieselfde.
Sondag kom die 2 vriendelike manne weer help maar ek het klaar geleer. Ek se toe al asof ek hulle 'n guns doen hulle kan my help afslaan maar ek betaal nie weer nie. Nou ja die manne dink toe anders oor die saak en loop sommer. Ek en my 4 dames saam my het op ons tyd afgeslaan en huis toe gekom. No problem. Die gekoringde manne en die musiek was weer daar maar ek dog maar dis hoe dit is. Was net skaam die vrouens saam my moes dit hoor.
My eerste kamp naweek het ek geniet, geleer en kan nie wag vir nog een nie. Ek twyfel of Loskop my weer sal sien maar karavaan kamp is die ding vir my en ek is mos nie 'n sissie nie.










Ons was van 28 Des.09 tot 10 Jan.10 daar gewees.
Dit was afgesien van die hitte tog 'n baie lekker 2 weke gewees. Daar is egter 'n paar punte wat gekrap het en ook 'n paar goeie punte.
Ongelukkig was dit te moeilik met bulletjie om op die boot te gaan (en dit was nogal nie goedkoop nie) want ons wou graag die wild van die water af gesien het. (miskien eendag)
Sal ons gou weer terug gaan.... wel daar is te veel plekke waar ons nog nie was nie.
Die karg kaste kan nie toe as jy ingeprop is nie.
.JPG)
Dit lyk nie goed vir 'n 3 ster nie.

Dit is die mans se deur by die "F" blok (Club prevé) en dit het nie gister gebeur nie.

Ek het nie geweet die Club prevé ouens kan hulle karavaane daar stoor nie. Daar was ook een wat elke dag in en uit gegaan het.
