Elandskloof Trout Farm
Nuwe forum onderwerpe
Dag se mense
Ek en die Ingilsman (manlief) het onlangs besluit: Basta die finansies, dis tyd om uit die huis te kom.. minstens een keer 'n maand. Ons het nog altyd saam met my ma'le gaan tent opslaan langs hulle karavaan en saam uit die potte geeet. Dis nou hoog tyd dat ons ons eie ding doen. Ons heel eerste kamp was nou hierdie laaste naweek 16 to 18 April 2010 by Elandskloof, net buite Dullstroom.
'n Lieflike plekkie met net hier en daar 'n haakpunt.
Haakpunte:
* Ablusies was nie wat wonders nie. Die storte het nie 'n bankie vir klere en diesmeer nie. Ek moes maar so koes koes in die stort hokkie uit- en aantrek tussen mense wat in en uit gaan. Die badkamer was een keer per dag skoongemaak, wat aanvaarbaar was aangesien daar regtig nie baie mense was nie.
* Net een hoofbadkamer met storte vir die hele kamp terrein.
* Geen sekuriteit nie. Daar is nie 'n toegangshek tot die kampplek nie.
* Bestuur het glad nie gesig gewys nie. Toe ons by ontvangs (wat by die plaashuis, so 5 km van die kampterrein, was) aanmeld was die dame nie verskriklik vriendelik nie. Het gesmaak ek het haar in die middel van iets versteur waarna sy wou teruggaan.
* Die vuurhout was bloekomhoutjies wat ons R10 'n bondel gekos het, en wat nie goeie braaihout was nie.
* Kragpunte was sporadies hier en daar te vind.
* Die grondpad is glad nie in 'n goeie toestand nie. Ek kan glad nie kommentaar lewer oor die moontlikheid daarvan om 'n karavaan soontoe te sleep nie. Ek sou nie.
Goeie punte:
* Dis rerig mooi! Daar's 'n mak volstruis wyfie wat los loop en bietjie 'n pes van haarself maak om kos te bedel. Mense is maklik geintimideerd deur haar grootte en gee dan toe, wat dan glad nie die situasie help nie. Wonder wanneer hulle sal leer? Daar's skapies wat in die oggende uit hulle kamp uitgelaat word en hulle wei dan so deur die dag deur die kamp. Was te lekker om die ooie en lammers dop te hou.
* Lieflike gras. Geen duwweltjies nie.
* Helfte van die terrein het pragtige koelte. Die ander helfte is bietjie op die vlakte.
* Restaurant en 'n warm water swembad onderdak. Ons het dit nie gebruik nie, dus kan ek nie veel daaroor sê nie.
* Teen R45 pp pn het dit ons sak goed gepas. Dis was baie stil daar met net 2 ander tente op die terrein. Ek wil liefs nie dink hoe dit klink of lyk as hulle besig is nie.
Bly om te sien ou Grace (die volstruis) is nog daar rond. Ons het so 2 jaar gelede 'n rukkie daar gebly vir die Dullstroom MTB race. Was heel lekker gewees. Ons het in die rondawels gebly.



Dis nou Saterdagoggend.
Ostrich in the mist!
Reuse Kingfisher
Is nog in my jamas! Tyd vir koffie..
Die sig van die stoep af.
Die ander sig van die stoep af.