De Voetpad Kloof

Besoeker

Hier mense, is nou regtig 'n droom van 'n kamp plek. So ongeveer 37km uit Middelburg uit op die Loskopdam pad. Tussen die klowe met staproetes, plaasdam vir visvang en geen lawaai nie. Ablusie geriewe word heeltyd skoon gehou. Meeste staan plekke het netjiese gras of plaveisel. Warm + koue water swembad. Wat meer is dis net buite Gauteng so ongeveer 1uur 40min se sleep van PTA af. Een ding is seker jy moet vroegtydig bespreek, die plek is baie gewild. Leon.

Philip
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 410
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Jurgens XT120 met 'n Landrover Discovery 3

Leon ek was die middel van Februarie daar en dit was vir my een van die lekkerste kamp-ervarings wat ek in 'n lang tyd gehad het. (Dit het natuurlik 'n "mid week" ingesluit).

Ons het so lekker gekamp ons kamp al weer die einde April daar. (5 staanplekke geboek!)

Philip
 

"Cuius testiculos habeas, habeas cardia et cerebellum."

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Ons kan net be-aam wat Leon en Philip sê. Ons was (te) lanklaas daar en moet weer 'n plan maak.
Kontak besonderhede;
De Voetpad Kloof (Susan du Plooy 013 245 9508)
Kontak persoon Koos du Plooy 013 245-8500
Faks nommer 013 245-8512
www.devoetpadkloof.co.za
GPS: Kampplek S 25.45578 E 29.43158

Quagga
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 21
Gebruiker van lyn af.

Hallo, ons was laas maand by De Voetpadkloof, en ons kom van Gauteng af. Dis so jammer die mense hier in ons geweste reken dis NET TE VER vir 'n naweek, want dit kan meeding op gelyke voet met die bestes was Bela Bela kan bied. Dit was een van die besielendste (ek hoopie ek skryf my nou binne in die HAT in nie....) wegbreke van my lewe. Ek dink dis die golwende heuwels, of die klowe, of die paradys van 'n kampterrein, dalk die luiperdspoor wat ons gesien het, of die (vreemde) ribbokke en die klipspringers........ag, dis net om die draai Gautengers, net 2 en 'n half ure van Jo'burg af.....dan word jy weer mens, so saggies.

Groete,

leon@dlsys.co.za

Ek was einde April by Barham Bay. My ondervinding was nou nie so aangenaam nie. Steve se vroutjie was baie hulpvaardig met die admin ens. maar dis waar dit gestop het. Vrydag aand was deurnag 'n pyn agv lawaai gatte. Met hom(Steve) gaan praat. Al wat hy kwyt geraak het is hy is so G_tv_l vir sukkel klomp probleme. Toe niks verder uit hom uit die res van die aand nie. Sa aand toe ek hom weer nader het hy darem in die rigting van die lawaai makers gestap. Ek sal nie sommer weer die plek besoek nie.

Weet jy of hy al die plek verkoop het. Want so tussen die gepraat deur het hy ook genoen dat dit die rede is(swak gedrag van kampeerders) dat hy die plek verkoop.

Sal weer 'n draai daar gaan maak as ek meer +dinge hoor van die plek. Netjiese plekkie en teen die waters van die Witbank dam. Ek is mos nou 'n boot en karavaan man. Eienaar moet maar eers sy reels op die mense afdwing sodat die lawaai gatte kan besef RUSTIG wees of jy RY. Tot dan gee ek hom maar 'n mis.

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Haai manne, Julle is besig om De Voetpadkloof se draad te befonkfaai.
Begin liwer 'n nuwe draad oor Barham Bay sodat die slegte klok aan die slegte bel gehang kan word (Of so iets)

Ben
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 170
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank
Ek sleep 'n Penta met 'n Mitsubishi Pajero 3500

Ek was die naweek weer by De Voetpadkloof en kan net beaam wat reeds gesê is. Dit is 'n lieflike oord en ons sal beslis weer gaan. Ek sien met die inry hulle het nou kameelperde ook wat nie daar was met ons vorige besoek nie. Die oord is altyd netjies en skoon en daar is hulp met die opslaan van jou tent.

Dit is beslis die moeite werd om uit te ry soontoe!

Elsabe Wolmarans
Groentjie
Aangesluit: 26/03/2010
Inskrywings: 25
Gebruiker van lyn af.
Plek: STANDERTON

Hallo almal.

Ek dink De Voetpadkloof is baie naby aan die paradys. Gaan sit net so 'n bietjie stil daar in die veld op 'n klip.....jy sal die ervaring van jou lewe he!!

Geniet.

Groete

Elsabe

ELSABE WOLMARANS

Mossie Tinkie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 329
Gebruiker van lyn af.
Plek: Burgersfort
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Series/ Venter moonbuggy met 'n Nissan Hardbody 3.0 TD

Het enige iemand dalk fotos wat hulle kan pos , en ek sal graag wil weet hoe kinder vriendelik die oord is want ek het n 4 jarige prinses terroris .

Mossie Tinkie Noe-Noe & Kwagga 


 

"Gone insane. Back soon !"

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Mossie

Ons kinders is nou al volwassenes, maar het op De Voetpad "groot geword".  Ons het gereeld daar gaan kamp toe ons nog op Bethal gebly het en glo my, male sonder tal moes pa middernag opstaan om die kinders by die lapa of uit die swembad te gaan haal!

Daar is 'n "kiddies pool", asook 'n koue en warm water swembad en putt-putt, pasop maar net vir die dam (hang net af hoe bedrywig jou "terroris is).  Vir veiligheid kan jy altyd vir 'n staanplek verder van die swembaddens af bespreek.  Jy kan gerus ook hul webwerf besoek.

Hierdie is regtig 'n oord wat ons met die grootste vrymoedigheid kan aanbeveel, wens net dit was nader aan ons!

Hoop jy geniet jou kampervaring by De Voetpadkloof!

Jan en Christa

 

Mossie Tinkie
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 329
Gebruiker van lyn af.
Plek: Burgersfort
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Series/ Venter moonbuggy met 'n Nissan Hardbody 3.0 TD

Jan en Christa baie dankie vir die terugvoer. Ek het so biki gaan google en dit lyk fantasties mooi. Ongelukkig kan ek nie die jaar aan die saamtrek deelneem nie want dan is ma so op haar laaste met die 2de terroris en kamp is dan uit. Maar volgende jaar sal die nuwe pienkvoet ingelyf word met n klomp kamp sessies.

Mossie Tinkie Noe-Noe & Kwagga 


 

"Gone insane. Back soon !"

JanChrista
Super sleper
Aangesluit: 02/02/2010
Inskrywings: 438
Gebruiker van lyn af.
Plek: Harrismith
Ek sleep 'n Jurgens Fleetline L met 'n Mazda Drifter

Mossie, sterkte met die koms van nr 2!  

Ongelukkig kon ons nog geen saamtrek bywoon nie, maar beplan regtig om te probeer vir die toekoms.  Jan se werk is egter van so aard dat dit moeilik is om gedurende langnaweke weg te gaan, maar ons sal erens 'n plan maak!

Christa

Sanaco
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 148
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethal
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Audi Q7, 4.2 V8

Dit is regtig mooi en lekker by De Voetpad Kloof. Ons is nie te ver nie en kamp gereeld daar. Badkamers is skoon, staanplekke gerieflik, baie na aan die natuur, en die kinders kan nie te ver gaan of wegraak nie.

Jaco, Sanette, Rohan, Pierre en Zelne van Zyl 

In die Skuilplek van die Allerhoogste ervaar ons dag na dag die Nabyheid en Beskerming van die Here

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 23 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.